Dit hét al gebeur dat mense vir my vra of ek geld verdien met my blog. My antwoord? Nee.
Op ‘n stadium was dit vir my ‘n groot aantrekkingskrag en ek het dit ondersoek hoe ek kan geld maak uit my blog.
Die reëls kon al verander het, en ek kon dit dalk verkeerd verstaan het, maar ek het verstaan dat ‘n mens omtrent so iets soos 40 000 klieke per jaar moet kry voor hulle dit sal oorweeg om jou op die beloningsprogram sou sit. Verder kry jy meer geld as die mense wat op jou blog kliek, in die Verenigde State van Amerika is, en dalk Europa.
Ek hét gekwalifiseer en die nodige gestappe gedoen.
Eerstens moes ek my domein verander, dit kon nie toorsie.wordpress.com wees nie. Op daardie stadium het my eerste boek verskyn, en is ek in elk geval aangeraai om dit te verander na toortsie.com. Dit kos so iets soos R280 per jaar.
Ek het in die begin dopgehou hoeveel geld ek ‘verdien’. Een maand sou ek iets soos R8 verdien, maar dit is nooit uitbetaal nie, omdat dit eers uitbetaal word as die totaal bó ‘n sekere bedrag was, wat ek nooit gehaal het nie. In ruil vir daardie voorreg van die moontlike R8, wat my R280 kos, was my blog oorlaai met advertensies.
So, intussen het ek weer nóg geld betaal dat daar nie advertensies op my blog moet verskyn nie, maar ek vermoed dit gebeur nie heeltemal so nie.
Wat my blog wel vir my doen, is dat ek my boeke hier bekendstel en mense sodoende daarvan weet.
So, nee, ek maak nie geld nie, ek doen die blogging net vir die lekker en die gesels en die ontwikkeling wat in myself plaasvind. Ek is nog nie spyt ek het dit begin doen nie, en hoop nie dat ek ooit my hare uit my kop wil trek hieroor nie.
As hier egter van ons blogmaats is wat groot geld maak met hulle blogs, moet hulle ‘n bietjie vir ons vertel wat hulle doen en ons leer. Dalk kan ons ‘n ou pensioenfondsie opbou met ons blogs!
Groetnis
Toortsie
Wat daarvsn as n mens klein plaaslike ads op jou blog plaas wat nie deur wordpress gaan nie maar deur jouself? Ek gli nie jy gaan ruk word nue maar jy gaan bietjie meer kry. Ek is eenkeer deur iemand genader om dit te doen. Maar ek weet nie if mens mag nie, en hy was kompetisie bir my (akkommodasie). Maar dir gee my n idee. Dalk kan ek my eie plekkies so adverteer! Ai tog- al die admin!
LikeLiked by 1 person
Dit klink na ‘n goeie idee. Of ‘n mens mag, of nie, weet ek nie.
Jy kan bv ook ‘n agent van Amazon word, wat jy op jou blog sit, en as mense dan deur jou skakel by Amazon koop, kry jy kommissie.
LikeLike
Ek dink al hoe meer dat dit ‘n wonderlike idee is.
LikeLike
Jy sit aan die regterkant by die widgeds ‘n blokkie met daardie instansie se advertensie en as hulle wil, kan jy dit maak dat as iemand daarop kliek, mens by hul webblad uitkom. En dan betaal die instansie jou ‘n maandelikse fooi.
LikeLiked by 1 person
Toorts, weet jy dat dit jou beurt is om Nellie te red?
LikeLike
Ek hét al!
LikeLike
Dankie dat jy my help onthou, dis waarvoor maatjies mos daar is!
https://toortsie.com/2018/08/25/blogkaleidoskoop-hoofstuk-17-draaipunt/
LikeLike
Toorts het vir Nellie wakker gekry. Dis nou in Positief se hande en dan het Sielsoeker die laaste sê.
LikeLiked by 1 person
Tootsie…Ek moet eintlik se Tannie Tootsie…maar dit klink nie lekker nie… ek het n blog begin. Hoe kry ek dit reg dat ander mense dit sien? Ek wil vir eers anoniem bly…
LikeLiked by 2 people
Tannie toortsie toor tonge! 😂
Jy doen presies wat jy nou hier gedoen het. Jy lees ander blogs en kewe kommentaar by hulle en dan raak die bloggers vreeslik nuuskierig en gaan loer. En tannie werk nie in blogland nie, behalwe tannie Frannie. 😁
LikeLike
En toe ek op Pandora se skakel kliek, bestaan hy nie meer nie ? 🙃
LikeLike
Sien! Eks sooo dom met dit…maar ek sal aanhou… sal tannie my eerste blogmaaitjie wees?
LikeLiked by 1 person
Asseblief! Ek wil graag. Is pandora terug op die lug?
LikeLiked by 1 person
Ek dog ek is op die lug😕😭😭
LikeLiked by 1 person
Kan Tootsie my al sien???
LikeLike
Pandorasbox is no longer available.
LikeLike
pandoraseboksie
LikeLike
Ek vermoed jy het jou blog afgevee.
LikeLike
Dis weird….
LikeLike
Hy wys pandorasebox.wordpress.com
LikeLike
Ek is nie by my rekenaar. Sal gou vanaand kyk. Kyk gou, as jy daardie adres intik, of jy by dit uitkom? Log eers uit, dan kyk jy.
LikeLike
Ek kry dit…o gonna ek weet nou nie…baie dankie vir Tannie se hulp
LikeLike
Kom jy daarby uit?
LikeLike
Jip
LikeLike
Wil jy nie die url copy en hier paste nie?
LikeLike
https://pandorasebox.wordpress.com
Ek het dit gekry! So, as jy kommentaar by iemand lewer, moet jy daardie hele url intik by url. Dan, as mense op jou icon kliek, dan kom hulle by jou blog uit.
LikeLike
Kom lees by my dan kom lees ek by jou…so bou jy ‘n groot vriendekring op. Druk net die plus wat sê volg, langs my naam , dan verskyn my blog op jou leser.
LikeLiked by 1 person
Nee. Maak nie geld met my blog nie, maar dit maak my hart vol en hou my positief, maar ek sou nie omgee om ietsie te verdien nie. Vanaf volgende maand is ek net ‘n gelukbringer (werkloos/huisvrou/salaries loos.)
LikeLiked by 1 person
En daai vol hart is prysloos. Ek hoop dat jy ‘n baie gelukkige gelukbringer sal wees.
LikeLiked by 1 person
Klink soos ‘n slenter, dat mens net R8 verdien en so ‘n groot bedrag moet betaal daarvoor. Neewat, ek blog ook net vir die plesier.
LikeLiked by 1 person
Die bedrag wat ek jaarliks betaal, is om jou eie domein te hê. Toe my boek uitgekom het, het iemand dit vir my aambeveel vir as iemand my soek, dot makliker is om my te vind. Of dit waar is, weet ek nie.
LikeLiked by 1 person
Ek weet tog ban iemand wat sê sy verdien heelwat, maar daai iemand is nie ek nie.
LikeLiked by 1 person
Dis seker moontlik, maar klink my jy het al goed navorsing gedoen.
LikeLiked by 1 person
Ag, ek doen dit vir die lekker. 😁
LikeLiked by 1 person