Genadetyd

In ons vroeë lewe kon ek en my ma goed koppe stamp. Hulle sê mos jy haak die meeste met die ouer na wie jy aard. 🙂 Ons het nie altyd dieselfde lewensuitkyk gehad nie, dalk is dit die generasiegaping, wie weet, en dan kon ek my vreeslik vererg vir haar wat so ‘n verkeerdom idee mag hê. Tog het ons so dieselfde belangstellings gehad, dis eintlik vreemd.

Die kleinkinders was absoluut MAL oor haar. 🙂 Sy het die gawe gehad om elke kleinkind spesiaal te laat voel, selfs in hulle tiener- en ook volwasse jare. Selfs nou nog as hulle by haar kom.

Nou is sy baie oud, baie weerloos, breekbaar. Sy kan nie eers meer behoorlik loop nie en sommige dae is die verstand beter as ander dae. Elke keer as ek daar instap, sien ek die eerlike vreugde op haar gesig, en soveel keer as ek daar wegstap, kan ek voel dat sy eintlik nog ‘n bietjie langer sou wou kuier.

Ons haak al lankal nie meer nie, en ek besef dit nou dat sy regtig net die beste vir my wou hê, selfs al het ek dit anders gesien. Sy wou net graag hê dat ek moet goed doen, dat ek moet gelukkig wees.

Sondag vra sy my uit die bloute of ek nog skryf. Ek weet nie of ek haar behoorlik geantwoord het nie, toe sy dit weer vra. Ek sê ek skryf nog elke dag op my blog en moet eintlik weer vir haar ‘n klompie van die goed druk en neem, en lees vir haar my Sondagstukkie. Die beloning in die gesigsuitdrukking was groot. Regtig groot.

Weet julle, ek het my hele lewe lank geglo my skryfwerk is ‘n flop. Ek het geglo ek kon nie opstelle skryf nie. Ek vertel vir haar dat sy altyd op ‘n Vrydag gevra het wat die opstelonderwerp was en dan vir my gesê het wat ek moes skryf. Natuurlik het ek iets anders geskryf en het ek dan gevoel dat ek misluk het.

Vir die eerste keer in al die jare kon ek dit vir haar vertel sonder verwyt. Ek en sy kon gesels oor my opstelle en ek het haar vertel dat ek nie punte verloor het met taal- en spelfoute nie. Dit was net dat my inhoud altyd gebrekkig was. Ek noem vir haar hoeveel ek gewoonlik gekry het, en sy sê: ‘Vir opstelle is dit ‘n goeie punt.’ 

Ek is so dankbaar vir genadejare, vir genadegesprekke, vir genadetyd, en ek wens dit vir elke ouer en kind toe, ook dat ek en my kinders ook sulke genadetye mag hê.

Groetnis

Toortsie

Advertisements

17 thoughts on “Genadetyd

  1. Ai jy kan so dankbaar wees. Ek self voel so skuldig oor al die kere was ek so ongeduldig was met my ma wat ook net die beste vir my wou hê en nie kon verstaan dat ek groot geword het nie. Sy was wonderlikven ek wens ek het dit meer vir haar gesê en minder gekritiseer.

    Liked by 2 people

  2. Hoe verlang ek nou na my ou moekie – en sommer oorval ‘n hartseer my oor my en my liefste dogter se verhouding wat so effens is, en ek wonder of dit ooit weer gaan wees wat dit was… fantasties eerlik en betrokke… maaaammmmaaaaa, ek mis jou op ‘n daaglikse basis!!

    Like

    1. Ek het ook ‘n eina verhouding met een van my kinders. Ek bid elke dag daarvoor, probeer red wat daar te redde is en tog voel dit vir my of ons stadig maar seker voetjie vir voetjie mm vir mm vorentoe beweeg. Ek vertrou dat dit vir jou ook mooi sal uitdraai.

      Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s