Rolle omruil?

Ek filosofeer net ‘n bietjie. Ek wonder sommer. Ek dink net. Ek is nie besig om iemand te kritiseer nie, maar jammer ek ís mos maar outyds ook nog. Maar ek mág mos maar dink, vrae vra.

Met díé dat vroue al hoe sterker raak en mans soms terugstaan en die vroue toelaat om sterker te word, met mans wat die vrouens al hoe meer in die huise help en kinders help grootmaak, hoor ek ook al hoe meer dat vrouens die broodwinners word en mans die ‘huismans’, soos ons vroue in die verlede die huisvroue was.

Die vrou werk buitenshuis, die man hou die huis aan die kant, ry die kinders rond, sorg dat daar vanaand kos op die tafel is.

Nou wil ek graag weet, wie van julle doen dit? Hoe standhoudend is dit? Hoe lank doen julle dit al só? Werk dit regtig? Regtig egtig? Op die lange duur? Hou die huwelik dit?

Kyk, ek praat nie van ‘n krisis wat skielik kom en die man sy werk verloor en vir ‘n korttermyn, totdat hy weer werk kry, die huisman word wat omsien na daardie dinge nie. Ek praat van mans wat dit permanent doen.

Is dit steeds moontlik dat die sterk, broodwinner vrou haar man sal eer en hy sy vrou sal liefhê soos dit moet?

Is dit uitvoerbaar? Is dit natuurlik? Is dit normaal? Deesdae gooi ons so álle natuurwette om, en netso skree ons vir die natuur om terug te kom, daarom vra ek, hoe standhoudend is dit. Hou so ‘n huwelik op die lang duur?

Eva is tog die een wat die kinders moes baar en na hulle omsien terwyl Adam in die veld moes spit en in die sweet van sy arbeid sy geld verdien. Eva die versorger, Adam die broodwinner.

Nou raak die Evas sterker en begin die man se rol oorneem en die man moet noodgedwonge die vrou se rol oorneem. Wat is ons besig om aan te vang?

Soos in die begin gesê, die doel is nie om te kritiseer nie, ek vra maar net, wonder maar net.

Ek sê nie vroue mag nie werk nie, ons is mos darem opgelei, ons hande is nie rond nie. Ek vra sommer net oor die omruil van die rolle. Is ons nie besig om ons manne te ontman nie?

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

 

41 thoughts on “Rolle omruil?

  1. Dis n taai een die.
    Oorsee werk dit al lank so.
    Oor wat reg is en wat verkeerd is – ek weet nie regtig nie, ek is nie in so situasie nie.
    Dat dit teen die “natuur” is, is wel so. Ek wonder nogal hoe dit die kinders wat so groot word gaan affekteer, watter tipe grootmense gaan hulle wees omdat hulle primer deur n pa/man versorg word, omdat “hy” die rol speel en die voorbeeld stel. Ek glo maar dis n ma se werk maar in vandag se lewe…..
    Ek sien uit om te sien wat ander daarvan se en dink.

    Like

  2. Rolle omruil, nog nooit. Wat wel in my gelukkige verhouding werk is die twee bome langs mekaar filosofie – ons is saam, maar ook elk uniek. Ons deel huishouding verpligtinge en ook take. Was skottelgoed, wasgoed, ens – die een wat kan, doen of begin met ‘n taak. Ons leef ons in ons beroepe uit en steun mekaar. Verder, as siekte en slegte tye kom, maak ons maar beurte – eendag is hy die sterk ene, ander keer is dit my beurt. Sal nie sy rol wil hê nie, hy ook nie myne nie. Ons dogter het nogal oulik uitgedraai met saamwerk/vennootskap strategie.

    Liked by 1 person

  3. In die patriargale stelsel waarin ons almal grootgeraak het is die rol van versorger (wat tradisioneel die vrou was) ondergeskik gestel aan die rol van broodwinner. Ek wil waag om te spekuleer dat die hedendaagse verhoudings dalk meer gebalansseerd is i.t.v die “gewig” wat elke rol binne die gesinsverband dra, en derhalwe is dit in my oë ‘n bemagtig eerder as ‘n ontmanning wanneer die harige geslag die rol opneem wat tradisioneel deur vroue gevul is.
    Dit in elk geval is die pragtige teorie in ‘n ideale wêreld. Waarskynlik as gevolg van die einste patriargale stelsel het my twee jaar (plus minus) as bona fide house husband my gelos met ‘n ego vol duike en ‘n skuldgevoel omdat ek nie my “plig” as man nagekom het nie.

    Like

  4. Hierdie is nou ń interessante vraag so vroeg op ń Woensdag oggend…Die Joodse mans het glo by die stadspoorte gesit en probleme oplos; die vrouens het mark toe gegaan en gekoop en verkoop…Ek dink nie dit is teen die natuur nie. Ons maak dalk ons seuns groot met die wete dat hy as man in die sweet van sy aangesig sy brood moet verdien, maar indien plek en tyd vra dat rolle omruil, en dit werk vir ń paartjie, kan dit nie verkeerd wees nie. Mammas is van nature die “nurturer”, ek dink dit is baie gesond as ń pa daardie rol ook vertolk. Hopenlik is daar iemand wat by jou gaan kom inloer met ondervinding hiervan, en dit deel.

    Liked by 1 person

  5. Ekself het nie ondervinding daarvan nie – maar klaarblyklik is dit in sommige lande nogal ‘n algemene verskynsel. By meeste Suid Afrikaners gebeur dit deesdae dat vrouens ‘n groter salaris as haar man verdien, en dit bring klaarblyklik ook somtyds “dinge”

    Liked by 1 person

  6. As ‘n mens in Spreuke 9 lees van die deugsame vrou, sien mens dat sy glad nie die ondergeskikte askies-dat-ek-vra, tipe vrou is nie. Nee, sy is ‘n sakevrou wat grond koop en verkoop, boer, en baie belangrike besluite op haar eie neem, terwyl haar man in die stadspoorte sit en ginnegaap. Waar hierdie oordrewe onderdaningheid van die patriargale familie gekom het, weet ek nie, maar ek vermoed dis van ou koning Ahasveros(?), wat so vies was dat sy vrou, Vasti hom nie gehoorsaam het nie, dat hy ‘n wet gemaak het wat in alle tale en lande moes geld, nl dat vroue aan hulle mans onderdanig en gehoorsaam moet wees. Simpel wet van ‘n heidin wie se ego gekrenk was, maar wat ongelukkig destyds wereldheerer was. O ja, en dan is die mans mos fisies sterker, en kan ‘n vrou maklik oordonder. Dit is hoog tyd dat vroue se intelligensie en vermoe na waarde geskat word. Maar die rerige suksesvolle vrou sal ‘n bietjie …-sielkunde ook gebruik en haar man laat voel dat hy tog ook koning van die huis is.

    Liked by 3 people

  7. Toortsie, ek dink nie die probleem lê so seer in die omruil van rolle nie (alhoewel dit vir my ook onnatuurlik voel). Die probleem kom in wanneer vrouens nie hulle mans respekteer, ondersteun en oplig nie. Dis wanneer hulle ego’s gekrenk word en wanneer hulle nie meer soos die hoof van die huishouding voel nie.
    Ek ken vrouens wat hulle mans se bakkies of die huispaaiement betaal, maar elke dag laat sy hom stteds voel dat hy die man van die huis is, en hulle is dolgelukkig.
    Ek stem verseker saam met jou dat dit moeiliker gaan wees vir ‘n paartjie wie se rolle omgeruil is, om daardie balans en gesonde verhouding te handhaaf.

    Liked by 3 people

    1. Soos jy sê, HOE jy dit doen, né. Ek gee nie om om aan my man onderdanig te wees nie, ek lig hom net hoog genoeg, dan kan ek ook regop staan en blom sonder om ‘n vloerlap te wees. 🙂

      Like

  8. Ja, ek dink ook “onderdanigheid” is meer ‘n gesindheid waar albei partye mekaar liefdevol respekteer.
    Ek wat nog in ‘n huis grootgeword het, waar daar geglo is ‘n man vat nie aan ‘n besem nie, was skoon geskok toe ek sien my skoonseun bak en brou. En hy is mal daaroor om in die kombuis rond te sweef. Lekker man – tenminste kry ons wortelkoek!

    Liked by 1 person

  9. Dis nou soos ek se 4 jaar later. Pappa ry rond met sussa. Gelukkig mamma wefk 7 dae aan en 7 dae af. Pappa is n kranige hardloper. Lienke het van kleis af geleer om saam pappa dinge te doen. Klein klein het sy in die boot saam gaan vir n visvang ekspedisie.

    Like

  10. Dis nou soos ek se 4 jaar later. Pappa ry rond met sussa. Gelukkig mamma wefk 7 dae aan en 7 dae af. Pappa is n kranige hardloper. Lienke het van kleis af geleer om saam pappa dinge te doen. Klein klein het sy in die boot saam gaan vir n visvang ekspedisie. Ek dink nie daar was n rol omruil nie. Hy het steeds die man en pappa gebly. Hy was net meer tuis. Mamma en sy doen vrou / dogtertjie dinge. Vir hulle werk dit 100%.
    Ek moet byvoeg dat Lienke in my Bali winkel, waar pappa ook was groot geraak tot hulle na Kanada is. So van dag 1 af was dit normaal vir haar. Net ouma het op 18 maande verdwyn.
    Hulle het juis besluit om Kanada toe te gaan sodat mamma meer tyd by Lienke kon deurbring. Dit was in SA nie moontlik nie.

    Like

  11. Persoonlikhede verskil. Sommige aanvaar die uitdaging om tuis te wees ander kruip daar agter weg om werk te ontduik. Dis in die manen die vrou se geval. My man het skofte gewerk. Daar was dus een weke waar hy in middag tuis en kind versorg het. Een week was ek verantwoordelik omdat hy middagskof gewerk het en dan was ons albei daar in die derde week. Dan het ons meestal gesamentlik dinge gedoen. Hy het ook aangegaan waar ek ophou of ek het aangegaan waar hy opgehou het. Dit moet soos n soort van kontrak of ooreenkoms wees. Nie oooo ek doen meer as jy omdat…. Hier is baie huis-pappas omdat vroue die “goeie werk ” het. Dit bly steeds belangrik dat beide ouers se plek daar moet wees in kind se lewe.

    Liked by 1 person

      1. Is n plesier. Dit is maar n tamaletjie. Ek self erken steeds dat manne sekere dinge kan doen wat ons nie kan doen nie. So is daar sekere dinge wat ons kan doen wat hul nie kan doen nie. Ons ballanseer mekaar uit of vul mekaar aan. Afbreek en kleineer is die wortel van die kwaad.

        Liked by 2 people

            1. Ek het jare gelede saam met iemand in die kantoor gewerk. Ek het hom my ou partner genoem. Ons was werkspartners, niks meer nie.
              Kom ons in daardie tyd in Australië en ek vertel ewe van my ou partner, kon nie aanvanklik die ongemak van die mense verstaan nie! 😁

              Like

  12. My seun en sy vrou het vir jare so geleef…. haar besigheid was net by die huis. Dit het nie goed afgegaan by die res van die familie of vriendekring nie. Soos hy sê hy het ‘n groot borduurmasjien gekoop, kry bestellings vir baadjies, pette ens… maar hy doen dit om mense se monde stil te maak. Verder is hy baie bedrywig met huiswerk.

    Liked by 1 person

  13. Ek myself is nog ouskool Toorts. Vir my sal dit altyd wees… die man is die broodwinner en die vrou die tuisteskepper. Nie dat die man niks in die huis hoef te doen, of die vrou geld verdien nie…. die balans moet reg bly. Eintlik is ek so siek en sat vir hierdie wêreld van ons met al sy verdraaidheid dat ek beter net my mond moet hou.

    Liked by 1 person

    1. Dalk raak dit tyd dat ons ons monde oopmaak, Kameel! Die verdraaide wêreld bring onnatuurlikheid voort wat maak dat niemand meer weet hoe en waar hul inpas nie. Dit bring onsekerheid. Kinders moet baie vroeër groot en ryp wees omdat daar nie meer stabiliteit is nie.
      Ek hou van ‘balans’.

      Like

  14. Ons moet nooit uit die oog verloor dat die rolle wat vir mans en vroue geskep is,van vêr uit die geskiedenis kom.Soos tye verander ,het die rolle ook verander.Ongelukkig het vroue aan die kortste ent getrek,omdat mans as die sg. sterker geslag gesien is.Ek lees juis nou ‘n boek oor vroue uit die middeleeue,wat gedwing is om te trou met wie hul pa’s besluit het.Vroue is opsetlik dom gehou,moes hul neuse uit politiek hou,sit en borduur en kinders baar…o en as dit nie ‘n seun was nie,of ‘n miskraam,was dit haar skuld.Koninginne se koppe het ook gewaai,as daar nie erfgename gebore is nie.Die geskiedenis is deurspek hiervan.Hedendaags hoef mens nie vêr te soek nie..mishandeling van vroue gebeur hier onder ons neuse,juis vanweë die misplaaste gedagte dat sy “onderdanig” moet wees.
    Die punt wat ek probeer maak,is dat eeue se breinspoeling dat vroue onderdanig moet wees en mans die broodwinners,gely het tot ons verwarring dat dit onvanpas is as die rolle omgeruil is.Ek sê dankie tog dat daar lig opgaan,hoewel rolle van vroue as objekte en besittings steeds lank met ons sal wees.
    Dis nietemin ‘n baie interessante onderwerp en laat mens dink.

    Like

Gesels saam, asseblief!