Die kolonel, muffins en ‘n remote

My sus Rika het op 24 jarige ouderdom artritis gekry, en haar lewe lank in pyn gelewe. Met haar kromgetrekte hande, en skewe liggaam het sy nie in haar kombuis gebak en brou nie; haar skoonma het vir haar huisgehou, en sy was ‘n uithaler kok. Waar die bevlieging vandaan gekom het weet ek nie, maar met skoonma lankal in haar graf, en drie kleinkinders op die erf begin Rika muffins bak. Kom jy in haar kombuis staan die koekblik vol muffins op die tafel; en natuurlik kom die kleinkinders kort-kort muffins haal.

Die tyd vir aftrede kom, en sy en haar man trek by ‘n aftreeoord in. Maar Rika se muffinbakkery gaan ewe flink voort. Sy het genoeg “vriende” in die aftreeoord gemaak om die muffins uit te deel. Die blinde tannie oorkant die straat kry twee muffins vir teetyd. Twee muffins gaan na die kwaai tannie wat langs haar bly, twee muffins vir diè en twee vir daardie totdat alles uitgedeel is. Op ‘n dag trek ‘n Kolonel in die huis agter hulle in, en nie lank nie of die kolonel kry ook sy twee muffins.

Na haar man se dood het ek en sy eendag by die kolonel gaan kuier om na sy klip, en seëlversameling te kyk. Hy was ‘n groot man, en vriendelik genoeg maar ek het ‘n bietjie ligvoets om hom getrap; hy het nie na ‘n man gelyk wat van grappies hou nie. Op ‘n dag vertel Rika my dat sy weer aan die muffinuitdeel was. By die kolonel se huis gekom klop sy maar kry geen antwoord nie. Die deur staan op ‘n skrefie oop, dus druk sy dit verder oop en stap binne. Wie die grootste geskrik het weet sy nie, maar daar op die bank sit die kolonel poedelnakend voor die tv. Geskok staar die twee na mekaar, toe kry die kolonel lewe, gryp die “remote” en druk dit op ‘n strategiese plek tussen sy bene vas. Rika plak die muffins op ‘n kas neer, en maak haar so vinnig soos haar skewe liggaam dit toelaat, uit die voete. Ek weet nie of die kolonel weer muffins gekry het nie. Hy het kort na diè voorval siek geword en by sy dogter gaan bly

Advertisements
This entry was posted in Die lewe met 'n tikkie humor. Bookmark the permalink.

14 Responses to Die kolonel, muffins en ‘n remote

  1. travel460 sê:

    Kameel, dit is eintlik ń dierbare storie. Jip, ons word almal ouer. Hopenlik is daar iemand wat vir my ook sal muffins bak.

    Liked by 1 person

  2. Haha, so ‘n ou bokram. Of dalk was dit maar net ‘n baie warm dag?

    Liked by 1 person

    • Kameel sê:

      Dink ook hy het warm gekry…. en nie rekening gehou met ‘n vrou wat jou huis ongenooid binnestap nie.
      Die hoesery bly maar…. vandag saam seniors botaniese tuine toe gewees…. gelukkig was dit ‘n heerlike dag. Die vuurpyle is pragtig daar ook.

      Liked by 1 person

  3. seegogga sê:

    Ha ha! Ek weet nou net nie of so n ou remotjie die geskikste ding is om agter weg te kruip nie…

    Liked by 1 person

  4. Krieka kraai, lag ek nou lekker.

    Liked by 1 person

    • Kameel sê:

      Die lewe het so ernstig geword dit voel ek verstik aan al die gemors. So ‘n ietsie ligter doen ‘n mens goed. Vandag wens ek Rika het nog gelewe…. sy het die vermoë gehad om jou te laat lag. Ek hunker na lekkerlag geselskap.

      Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s