Placébo-effek

Party mense is vír vitamienaanvullers, ander daarteen. Ék is ‘n vitamiendrinker, my hele lewe lank.

Dit klink my dat baie dokters voel jy maak eintlik net duur piepie. Ja, dit is dalk so, maar kos is nie meer deesdae altyd wat dit veronderstel is om te wees nie.

Groente word in massas hanteer, op lorries gelaai en mark toe geneem. Dan kan ‘n dag of 2 verbygaan voor dit op die winkelrak verskyn, of meer nog, voor dit op jou bord verskyn. Teen daardie tyd is daardie geelwortel regtig nie meer die geelwortel wat op die land uit die grond getrek is nie!

So, my uitgangspunt was nog altyd, ek gee vir die liggaam die aanvullers, hy kan maak daarmee wat hy wil.

My dokter sê nou die dag, dat, as jy dit dan móét drink, jy die goedkoopstes op die mark moet koop, dit gaan tog net oor die placébo-effek, waarop ek antwoord dat ek die duurstes koop, die placébo-effek is daar die beste!

Placébo-effek of te nie, wanneer ek af voel en my multi-vitamines drink, het ek woema om baie te verrig. Dit laat my goed voel, gee my energie.

Die placébo-effek werk vir my. Ek kom nogals deesdae agter dat ek nie meer elke dsg vitamienaanvullers nodig het nie, dalk is dit my nuwe eetgewoontes?

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Kosdinge and tagged , . Bookmark the permalink.

5 Responses to Placébo-effek

  1. Kameel sê:

    Weet net ek kannie ‘n dag sonder magnesiumpille gaan nie. As jy my in die nag wil sien rondspring moet ek my magnesium vergeet het. Het gesien as ek vitamienpille drink piepie ek goudgeel… ook gedink dit is mors van geld.

    Liked by 1 person

  2. ekmyselff sê:

    Nee wat, ek glo beslis aan dit en vat sommer baie gereeld n Vit B inspuiting ook.
    Ek maak helemal te veel, te vinnig maklike en “luimammakos” wat nie eintlik baie vitamiene het nie – LOL. So my kinders drink ook aanvulling.

    Liked by 1 person

  3. Ek gryp ook maar elke dag ‘n pilletjie. Blykbaar is dit goed op ons ouderdom.

    Liked by 1 person

  4. Magnesium in die aand is vir my n moet.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s