Wat as?

Ek het twee fobies: ‘n Spinnekopfobie en ‘n vuurfobie. Die spinnekopfobie weet ek nie waarvandaan sy oorsprong is nie, die vuurfobie wel.

Ek was sewe jaar oud toe ons bure hulle grond verkoop het. Die aand ná hulle trek weggelaai is, het hulle by ons kom slaap. Daardie aand het ek in my ouers se bed gaan lê solank die grootmense kuier. Toe ek die lig afskakel, het dit nie kliek gemaak nie.

Die volgende oggend toe ek wakker word, was daar konsternasie. Gelukkig het my ma iets in die kamer kom haal en toe die rook gesien: Daar was ‘n kortsluiting en al die elektriese drade het gesmeul. Ek kon versmoor het.

Net daar het ‘n fobie ontstaan en soos ek ouer word, het dit groter en groter geword, alhoewel ek dit deesdae met my gesonde verstand beheer. Maar ek raak steeds angstig naby ‘n groot vuur. Ek hou nie van donderweer nie omdat dit dit veld aan die brand steek, en ‘n kar wat omval op TV slaan altyd aan die brand!

Ek lees in die wonderlike boek,  Taste Life, Healing the Wounded, deur Francois Mostert, van leuens wat ons glo as gevolg van ons foutiewe interpretasie van gebeure.

As ek nou eerlik daaroor dink, het ek rustig geslaap terwyl dit gebeur het. Sekerlik was my onderbewussyn daarvan bewus, maar ekself weet niks daarvan nie, tot die oggend toe ek op die konsternasie afkom en hoor wat gebeur het en hoor wat kon gebeur het, dat ek kon versmoor het in die rook as my ma nie daar opgedaag het nie. 

En danksy hierdie boek wat sekere situasies as voorbeelde gebruik, wys God skielik vir my: Hy was daar! Hy was daar toe die kortsluiting gekom het. Hy was 100% in beheer. Hy het gesorg dat my ma iets in haar kamer wou gaan haal en sodoende op die rook afkom. Hy het ook gesorg dat die hele huis nie afbrand nie. Hy het my die hele tyd beskerm! Die ‘wat as’ dra nie gewig nie, want die ‘wat as’ het nie gebeur nie.

Die duiwel het hierdie geleentheid vasgegryp om ‘wat as’ in ‘n fobie te verander, maar danksy die waarheid wat God my nou gewys het, kan die fobie teengewerk word. Want dit gaan nie oor dit wat kón gebeur het nie, maar dit wat wel gebeur het: God het voorsien. Ek was beskerm. Hy het my ma betyds gestuur om my te kom red.

Ps 40:5-6: ‘Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel en hom nie wend tot duister magte en tot mense wat hulle met skyngode ophou nie. Here my God, U het baie wonderlike dinge gedoen; U dink altyd aan ons; daar is niemand soos U nie.’

Believing in God is not MEANINGLESS at all, in fact, it has all the meaning in the world!

Groetnis

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Wat maak die verskil?

Toortsie by Pinterest

 

25 thoughts on “Wat as?

    1. Hoor hier, iets vreemds gebeur as ek in my reader op jou naam kliek. Ek kom by ‘n wildvreemde blog uit.
      Wil jy nie loer of jou adres by die webblad wanneer jy kommentaar lewer, nog reg is nie? Die url?

      Like

        1. Inspekteur Toortsie met die brilletjie op is aan diens!
          As ek in die reader by Followed blogs kyk, is jou url of blogadres elansevlok.wordpress.com. Daar kom ek wel uit.
          Maarrrr as jy kommentaar lewer, is die webadres wat jy ingevul het, hierblokelane.wordpress.com. As ek daarop kliek, kom ek by ‘n Duitse blog uit. Server hosting of so iets.
          Is dit ook jou blog?

          Liked by 1 person

            1. Wanneer jy kommentaar lewer by iemand (dis nou nie as jy op jou reader lees nie, gewoonweg in die blog), kom die blokkie mos op waar jy kommentaar lewer.
              Sodra jy in daardie blokkie kliek om kommentaar te lewer, verskyn daar onder die blokkie jou gesiggie en ‘n boodskap dat jy by WordPress kommentaar lewer as Elané. Agter dit staan daar log uit of verander.
              Kliek op verander
              (Nou het dit ook verander, ek het nou gaan kyk.)
              Maar jy tik jou naam in soos wat jy dit wil laat verskyn by naam.
              Dan tik jy jou eposadres in by epos. 🙂
              En by URL of webadres of wat daar ook al staan, moet jy jou blog se webadres intik. Jy kry dit deur op jou blog te kliek. Dan bo in die adreslyn verskyn jou webadres: https://en wat dit dan is. Kleur dit heeltemal in. Regskliek. Copy.
              Dan by daardie plekkie waar die webadres ingetik moet word, regskliek jy en paste.
              En SAVE. 🙂
              Kyk bietjie of jy dit regkry.
              So dan, as jy kommentaar lewer by iemand, en hulle wil kyk wat jy skryf, kliek hulle op jou naam en kom by jou blog uit.
              Hoop jy kom reg!

              Liked by 1 person

                  1. Ok, wat ek gedoen het is ek het na my eie blog gegaan, daar in die kommentaar blokkie gekliek toe kom daai blokkie op waarvan jy praat en als ingetik, is dit waar ek die verandering moet doen?

                    Like

                  2. Ek het nou op joune so gaan verander, kyk of dit nou reg is asb Toortsie. Op jou mooi aalwyn blog. Oegh baie dankie vir jou hulp

                    Like

                    1. Danksy ‘n absolute goeie leermeester – wat iewers agtergekom het mens werk maar stadig en versigtig met die blonde spesie, tot daar uiteindelik lig in die tonnel verskyn. So baie dankie vir die hulp ek waardeer dit baie, veral jou geduld. 💐💐

                      Like

  1. So loop meeste van ons met ń fobie rond. Ons noem dit dalk net iets anders. Ten minste het ons riglyne in die Bybel oor hoe om die vrese te oorkom. Ai, maar wat van die miljoene wat nie die hoop het nie, Toortsie. Wat maak hùlle daarmee.

    Liked by 1 person

    1. Ek weet nie!
      En weet jy, God red dalk nie almal uit ‘n brand nie en dit maak dat mens dan bang word om te getuig. Hoekom is ek dan gered en nue hulle nie.
      Maar ons móét getuig. Ek weet nie hoekom ek so gelukkig was nie.
      Maar ek weet hoe dankbaar ek is.

      Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!