Toortsie se goedvoelstorie 17 – The hills are alive!

Soos verskyn het in die Finesse Goedvoel blog, iewers verlede jaar.

The hills are alive!

Ek weet nie of dit vanjaar net ‘n uitsonderlike aalwynjaar is nie?

Ek het al lank hier gewoon voor ek die mooi koppie vol aalwyne hier agter die huis raakgesien het. Om die waarheid te sê, iemand anders het my aandag daarop gevestig.

Die ding is, ek is nie eintlik mal oor oranje nie.

Toe kom die sokkerwêreldbeker en hulle gesels op RSG oor wat ons kan plant wat eie aan Suid-Afrika is en wat die oorsese toeriste wat ons land gaan oorstroom, welkom sal laat voel. Aalwyne, was die voorstel. Dis mooi, dis ‘n warm kleur, dit groei in moeilike omstandighede.

Skielik het my oë oopgegaan en het ek die aalwynkoppie raakgesien en besluit om ons hele werf vol aalwyne te plant.

Vanjaar? Die hele werf is aan die brand! Nie met vuur nie, maar met aalwynfakkels.

Die gevoel as ek op die werf loop en elke aalwyn se blomme sien wat soos fakkels die hele werf verlig, is onbeskryflik. Dis of ek God in Sy volheid ervaar, of elkeen van daardie blomme vir my sê: “Ek is hier, hier by jou. Weet dit, Ek is hier.”

The farmer and the farm, they need each other. – Symbiosis

Toortsie

 

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Om te pendel saam met jou man

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

Advertisements

15 thoughts on “Toortsie se goedvoelstorie 17 – The hills are alive!

  1. Wonderlik! Ekself is gek oor aalwyne en het al so bykans dertig verskillende tipes vanaf saad gegroei. My seun wat voorheen op die Weskus gewoon het, het my geleer om aalwyne op sy blare water te gee – selfs die siek aalwyne hou daarvan en begin herstel. Lyk my die spoelaksie maak dat enige besmetting wat voorkom weggewas word. 🙂

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s