Vandat ek begin inpak het, eintlik van die begin van die jaar af, het ek Ursula nog glad nie gewaar nie. Dis ietwat lank, hoor! Ek kan dit glad nie verstaan nie. Maar om die waarheid te sê, ek was nog die heeltyd so besig, ek het ook nie eintlik veel aan haar gedink nie.
Kyk, sy het haar mos vreeslik vererg omdat ek soveel aandag aan die kamtige Sarel gegee het en sy heeltemal te min aandag gekry het met my dogter se troue, maar regtig, dit raak nou ‘n bietjie lank!
Sy is mos ook baie fyngevoelig en dalk voel sy ongemaklik oor ‘n sekere persoon se bekommernis oor my assosiasie met haar. Dalk het sy besluit om maar eerder iemand anders se Alter Ego te word!
Ek is natuurlik ook bekommerd dat sy my by ons plaashuis gaan soek. Sal sy weet waar om my te kry?
Toe het iemand gewonder of sy nie dalk gevange geneem is op ‘n seerowerskip toe ons Desember by Struisbaai was nie. Hoe sal ons weet? Dalk is Sarel ‘n seerower! Ontstellend!
Ek het ook gehoor van ‘n trekkery in Durban waarby ‘n Ursula betrokke is en my hart het amper gaan staan! Is dit dalk my Ursula?
Maar weet julle wat, toe ons orkes Donderdagaand die begeleiding oefen vir Sondag se diens, hoor ek so hier en daar so ‘n yl stemmetjie uitkom wat vir my baie na hare klink. Dit was ietwat vreemderig, maar ek wil al dink dat dit sy is. So vir al wat jy weet, is Sarel ‘n kerkmuis! Dalk is sy iewers in ‘n kamertjie in die kerk versteek! Maar as dit die geval is, glo ek, sal ons mekaar weer kan opspoor as ons musiek maak!
Groetnis
Toortsie
(Suiwer verbeelding van Toortsie)
Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page
Toortsie se Facebook page
Finesse Blogger of the week
Finesse: Wat maak die verskil?
Toortsie by Pinterest
Hoop Ursula kry jou 😂
LikeLike
Ja dis baie vreemd! 😁
LikeLike
Die opnuut kerkerige Ursula sing effe skamerig om nie die bladmuisiek te vervals nie. Of so reken ek. Anders drink sy gemmerbier by Van Brakel se Stoor.
On 25 Mar 2017 12:01, “Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog” wrote:
> Toortsie posted: “Vandat ek begin inpak het, eintlik van die begin van die > jaar af, het ek Ursula nog glad nie gewaar nie. Dis ietwat lank, hoor! Ek > kan dit glad nie verstaan nie. Maar om die waarheid te sê, ek was nog die > heeltyd so besig, ek het ook nie eintlik veel aan ” >
LikeLiked by 1 person
Dankie dat jy help soek!
LikeLiked by 1 person
Sarel is mos ‘n seemonster. Ma ek glo ni hy h Ursula gevang nie.
LikeLiked by 1 person
Nou waar dink jy is sy?
LikeLike
gee haar kans. Sy kruip weg vir al die werk en die nuwe omgewing
LikeLike
Genade! Dis nou ‘n manier van doen!
LikeLike
Moenie bekommerd wees nie. Ursula is nie weg nie. Sy is net stil en effens in haarself gekeer, Ons moet ook soms ons van ander onttrek. Om weer in beheer te kan wees. Luister net baie mooi. Sy fluister al klaar vir jou.
LikeLike
Jong, dis darem lank. Ons is al in Maart en sy is al die hele jaar weg. Het sy nie dalk in depressie verval nie?
LikeLike
Sy hou meer van die plaas?
LikeLike
O gits! Ek hoop nie sy het daar agtergebly nie!
LikeLiked by 1 person
TinaBly om te sien jy kan weer kommentaar
LikeLiked by 2 people
By sekere mense sal sy ALTYD welkom wees! 😂
LikeLike
Ja dankie … ek het ‘n helder oomblik gehad en besoek nou elke blog!
LikeLiked by 2 people
So ky dinkvjy het haar hoir sing in kerk? Dan is sy seker Ursulalala maar Ursula lala dalk iewers aan die slaap. Sing harder dat sy kan wakker word
LikeLiked by 1 person
Sal môre ekstra fyn luister!
LikeLike
Toorts asb vind jou Ursula. Ek begin al skuldig voel dat ek die oorsaak is dat sy wegkruip. Ursula wat saam met Radley in Shelly Beach bly is toe nie jou Ursula nie. Sy praat te sag en is te prim en proper.
LikeLike
Oe lekker lag ek vir jou!
Sy is hier iewers, ek het haar vandag weer hoor sing in die kerk. Hierdie keer baie duideliker.
En ek dink jy’s reg oor die Ursula in Natal. Klink nie soos sy nie! 😁😜
LikeLike
Dalk kruip sy nie weg nie! Ek dink steeds sy is ontvoer.
LikeLiked by 1 person
Het sy nie miskien saam op honeymoon gegaan nie?
LikeLike
😱
LikeLike
Gits jong!
LikeLiked by 1 person
Net dalk, Toortsie, moet jy vir haar ń ietsie neerpen. Sy antwoord jou dalk. Ons vroumense hou mos maar van kwaliteit tyd, dis dalk haar “love language”?
LikeLiked by 1 person
Dink jy ek moet vir haar ‘n briefie skryf?
LikeLiked by 1 person
Ja, op jou blok. Ek dink sy sal reageer.
LikeLiked by 1 person
Ons dierbare dier maats, hulle is soos n kinders. Ek is een keer so deur iemand wat vat wat nie hulle s’n. Ons het dae lank geroep en gesoek. Sy is dslk terug plaas toe
LikeLike