Nooit gedink ek sal ook eendag by diè dag uitkom nie…. maar nou is ek hier en verstaan uiteindelik my ouma beter.
Sewe en dertig jaar gelede wys ek ons babadogtertjie aan my ouma. Sy kyk en vra , “Wat is haar naam?” “Janine ouma,” sê ek. (Ek het in my tienerjare verlief geraak op diè naam, en my ma se neusoptrekkery oor die vreemde naam wat ek eendag my dogtertjie gaan noem, het my min geskeel.) Nou staan ek voor my ouma en sê met trots die mooie naam – maar haar reaksie is nie wat ek verwag het nie. Sy draai haar kop skeef om beter te hoor, “Wat sê jy is haar naam?” “Janine,” antwoord ek. “Wat!!!” vra sy, en strek haar nek met die skeefgedraaide kop vorentoe. “JANINE.” Skreeusê ek die naam. Maar nogsteeds bly die naam vir haar ‘n “mystery.” “Ouma ‘n mens spreek dit uit Che…. Che… Cheneeeeeen.” “Vir wat gee jy die kind so ‘n lelike naam, ek kan dit nie sê nie,” en met die woorde tel sy haar hekelwerk op, en wys daarmee dat die saak afgehandel is. Sy het nooit die naam verstaan nie, en dit ook nooit uitgespreek nie. Sy is sowat ‘n jaar later oorlede.
Tyd het aangestap die kinders het grootgeword, en kleinkinders is gebore. By die sestiende kleinkind het tot ek begin halt roep. Alhoewel ek partykeer kopkrap met die spelling het ek darem tot dusvêr kopgehou met die name. Verjaarsdae en ouderdomme is ‘n ander saak – ‘n onbegonne taak vir my kop wat sukkel om twee en twee bymekaar te tel. En toe so op die nuwejaarsoggend daag ons twee en veertig jarige kunskind vonkelwyn in die hand, en vrou aan die arm hier op. Hulle is sewe jaar getroud, en volgens die dokters albei onvrugbaar. Die vonkelwyn word oopgemaak en die nuus dat sy swanger is met trots aan ons en sy susters meegedeel. Hulle kinderloosheid het hulle verlede jaar ‘n saak van gebed gemaak, en God het hule gebede verhoor. Trane het vryelik geloop; daar is hardop gesnik, en tot skoonseun het trane afgevee.
Die baba se ontwikkeling word met ons gedeel. Verlede week bel ons seun opgewonde, die geslag kan nog nie vasgestel word nie maar hy dink dit gaan ‘n dogtertjie wees. “Ek het ook so ‘n gevoel,” sê ek, en dink aan Janine wat gedroom het sy staan met hulle swartoog, pruilmond babadogtertjie in haar arms. En toe vra ek diè vraag; “As dit ‘n dogterjie is wat gaan julle haar noem?” Hy sê die naam en ek vra verbaas “Zoro!!!!” “Nee,” en weer hoor ek ‘n vreemde naam hier in my oor. “Ek verstaan nie, spel vir my die naam,” en ek spits my ore. “Z-a-r-a,” sê hy. “O Zara,” sug ek verlig maar dit is nie hoe jy die naam uitspreek nie. “Moenie dit in Afrikaans sê nie, dit is nie ZAra nie maar Z…..” en die naam rol so vreemd oor sy lippe. Ek probeer my bes om die naam korrek uit te spreek maar faal elke keer. “Ag los maar,” eindig ek ons gesprek, “ek gaan haar in elk geval min op haar naam noem.” Maar ek vind myself kort-kort met haar naam op my tong maar dit wil nie uit my mond rol soos dit moet nie.
Jammer ouma, ek het nie toe verstaan nie maar vandag is ek wyser.
Oe! Soos my ouma altyd gesê het, wag maar, die wiel sal nog draai.☺
LikeLiked by 1 person
Presies dieselfde gedink 😦
LikeLiked by 1 person
Daardie is wyse waar woorde, al n paar keer voor daardie een te staan gekom en dan verstaan
LikeLiked by 2 people
Daar is nie verniet so ‘n gesegte nie 😦
LikeLike
So bly my kinders het my enigste drie klein dogters maklike name gegee en nie die volksvreemde name nie. Ek het al in ander opsigte voor daardie seg woorde te staan gekom en geweet hulle was reg.
LikeLiked by 2 people
Ja! Of volgens my mammie: “Die hoepel kap…”
LikeLiked by 2 people
Nog nooit daardie een gehoor nie. “Die hoepel kap” Hoop ek onthou dit.
LikeLiked by 1 person
Sy het in die Potchefstroom-omgewing grootgeword.
LikeLiked by 1 person
Jy gaan vir haar so lief wees! 🙂
LikeLiked by 1 person
Nooit gedink ‘n mens se hart kan so groot wees vir soveel kinders en kleinkinders nie…. maar ja, elkeen is uniek en so spesiaal.
LikeLiked by 1 person
Ek kry die stomme onderwysers ook jammer
LikeLiked by 1 person
Sowaar, nooit eers daaraan gedink nie. 🙂 Hoe voel die been/voet?
LikeLike
In ons familie is ‘n Enso. Dis glo ‘n Japanese begrip wat volmaaktheid beteken. Dis die tweede naam, nie die een waarop die knapie genoem word nie.
LikeLiked by 1 person
Enso gaan die lewe voort 🙂 Ek is ook maar dankbaar dat al daardie Johanna Jakoba Petronella du Toit van die outyd agterweë gebly het. Laat ons maar vrede maak met die kort vreemde name. Wie weet een van die dae kry ‘n kind net die eerste letter van die alfabet as naam. Mooi dag vir julle in die mooie Hermanus.
LikeLiked by 1 person
Ai baie geluk solank met d nuwe kleinkind! . Algaande leert we.
LikeLiked by 1 person
Dankie seegogga. Ek glo met tyd sal ek die naam onder die knie kry 🙂
LikeLiked by 1 person
Reblogged this on Wag 'n Bietjie.
LikeLike
Ai Kameel, dis lekker om weer een van jou familie-stories te lees. Baie geluk met die nuwe kleinding wat op pad is. PS. Cyclone Dineo het so water gestort van eergister af dat ons al vrotpootjie het.
LikeLiked by 1 person
Dankie Hester, lekker as jy kom kuier. Daardie Suidkusseun van ons is tjoepstil oor die cyclone. Seker omdat hy pootjie in die lug lê nadat sy gebreekte enkel opereer is. Is nuuskierig om te hoor waar julle nuwe tuiste gaan wees. Lag ek nou…. bedoel nie dat julle gaan wegspoel nie. Mooi aand vir julle 🙂
LikeLiked by 1 person
Het jou inskrywing nou al drie maal gelees omdat dit so kostelik is.
LikeLiked by 1 person
Dankie Frannie…. bly jy geniet dit 😆
LikeLiked by 1 person