Waar is jou graf?

Kyk, dis ‘n erkende feit dat ek nie veras wil word nie. Dit staan in my testament en my naaste familie is wel deeglik daarvan bewus.

Om geen ander rede as dat ek regtig niks van vuur hou nie en my gesin dit nie aan my gaan doen om my as laaste huldeblyk in ‘n vuur te gaan verbrand nie. 

So my opdrag was nog altyd, as daar nie iewers ‘n stukkie aarde is waar ek begrawe kan word nie, drink seesiekpille, huur ‘n vissersboot en loop gooi my iewers in die see.

Op die plaas waar ons die afgelope hele paar jaar gewoon het, is ‘n ou begraafplaas van mense wat ek glad nie ken nie en wat op geen manier van my familie was nie.

Hier het op ‘n stadium ‘n oom opgedaag en aangebied om die begraafplaas te restoureer, dit was maar baie verwaarloos.  En dít het my die idee gegee: Ek wil eendag daar begrawe word.

So die bouers is gereël, die ou kerkhof is netjies gemaak, daar is nuwe mure bygebou en ons graffie gegrou en uitgebou. Net reg vir die groot dag!

Nou ja. As ons nou trek, bly my gat agter!   Ek twyfel of iemand ooit daar begrawe sal word, maar oor ‘n paar honderd jaar sal iemand darem wonder oor hierdie misterieuse leë graf! Ek dink oor jare gaan die stertjie aan die storie langer en langer word.

Ek giggel eintlik so stilweg hieroor. 😁

Dankie Dirkie, jou begrafnisstorie het hierdie een veroorsaak!

Groetnis

Toortsie

 

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Op jou merke!

Toortsie by Pinterest

15 thoughts on “Waar is jou graf?

  1. Kon darem nie weerstaan om te lag vir “as ons nou trek bly my gat agter” ..oeg dit klink snaaks! Bly ek het vonkie verskaf om jou hierdie blog te laat skryf . Ek moet nog plan maak met my skroewe in my rug.. het jy geweet dit moet uit voordat ‘n ou nou veras word.. dit smelt glo nie… so word vertel.

    Like

    1. Hou dit in jou lyf, dis die bewys dat dit jy is!
      Ons het groot spottery oor my ma se gat ook! 😜😂
      Doelbewus dit so genoem! Ek wil nog loop dans in my gat of likeur gaan drink, ‘n sundowner of iets. Of raak dit galgehumor?

      Like

  2. Vermaaklike leesstof! Ek het vir my man gesê dat hulle met my lyk moet maak whatever hulle die meeste berusting sal gee. Solank daar net nie ‘n orrel iewets betrokke is nie, worry ek nie veel wat hul maak nie LOL 😂

    Liked by 1 person

      1. Hmmm noudat ek daaraan dink kan die woord ‘vermaaklik’ nogal nie lekker gel saam met die boodskap van die post nie…maar ek is seker daarvan dat jy weet wat ek bedoel daarmee?

        Like

Gesels saam, asseblief!