So jy het jou eerste salaristjek ontvang?

Lekker! Yes!!! Hoe voel dit? Voel dit baie? Min?

Vandag wil die tannie met jou gesels en ek hoop jy het ‘n kansie om te luister. Daardie eerste tjek is so lekker, jy het so lank vir hom gewag. Jou eerste eie geld waarmee jy kan maak net wat jy wil! Dit voel of jy net wil koop en koop en koop …

Maar oppas, daar is slaggate! Want daardie geld lyk dalk baie meer as wat dit is!

Hier is ‘n paar goedjies wat, as jy dit op ‘n jong ouderdom leer, jy die res van jou lewe hieruit gaan baat.

Stel ‘n begroting op. Ekskuus? Ja! Stel ‘n begroting op. Dit hoef nie so in detail te wees dat jy elke sjokolade wat jy koop, hoef neer te skryf nie, maar stel een op. Net ‘n basiese begroting sodat jy weet waarvoor jy moet geld uithou.

Myne lyk so, sommer op Excel:

Bo-aan, my inkomste vir die maand.

Dan my uitgawes: 10e vir die kerk, my 10e wat ek MOET spaar, die huishulp, versekeringspremie dalk, skuld wat jy moet afbetaal. Huishuur. Vodacomrekening. Alle uitgawes wat jy BESLIS die maand gaan hê. Die res, dit wat oorbly, verdeel jy in 5 weke. Dit is die TOTAAL wat jy PER WEEK mag spandeer op kos, kuier, ‘n bier, fliekkaartjie, wat ook al. MOENIE oor daardie weeklikse bedrag gaan nie, en jy gaan met ‘n glimlag deur die maand tot by jou volgende salaristjek.

Vir my is die tiende vir die kerk ononderhandelbaar, jy voel dalk anders daaroor. Die 10e wat jy moet spaar is totaal ononderhandelbaar. BETAAL EERS VIR JOUSELF VOOR JY VIR AL DIE ANDER MENSE BETAAL.

Moenie sommer dadelik ‘n klomp goed op skuld loop koop nie. Ry dalk nog ‘n ekstra jaar of twee met daardie skedonk wat jy het, of selfs jou fiets. Ja, ‘n mens voel om dadelik ‘n voertuig aan te skaf, maar indien dit nie regtig nodig is nie, wag nog so ‘n bietjie. Kom eers op jou voete. Maak gebruik van publike vervoer as daar so iets beskikbaar is, dit spaar jou duisende rande.

Moenie gaan vir die mooiste en duurste huisvesting wat jy kan bekostig nie. Kyk wel baie ernstig na veiligheid, dít het ‘n prys.

Wees kreatief met jou geld. Kyk hoe jy dit die verste kan rek. Terselfdertyd, moenie só spaarsamig wees dat jy jouself niks gun nie. Indien jy dit kan bekostig, gun jouself ‘n plesiertjie, maar dis ook nie nodig vir elke dag nie.

Die belangrikste: MOENIE ELKE DAG WINKEL TOE GAAN NIE! Probeer om dit tot een of twee keer per week te beperk. Jy sal nie GLO hoeveel verder jou geld gaan strek nie.

Geniet jou jongmenslewe, maar waak teen jouself wurg met skuld.

Daily prompt: Heard. Listen to the sound of your first pay cheque! 

Groetnis

Tannie Toortsie

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Op jou merke!

Toortsie by Pinterest

Toortsie by LCHF E-zine: Oorvol, maar steeds honger

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Geldsake. Bookmark the permalink.

2 Responses to So jy het jou eerste salaristjek ontvang?

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s