My 2016

2016. Wát ‘n jaar! ‘n Jaar van uiterstes.

In hierdie jaar het ek my laagste laagtepunte nóg beleef, maar ook seker my hoogste hoogtepunte. In hierdie jaar het ek God se trou, Sy teenwoordigheid beleef soos nog nooit tevore nie.

In 2016 het ek Toortsie se Bantingboerekos bemark. Wát ‘n uitdaging! Wát ‘n lekkerte! Danksy hierdie boek en die werk daaraan het ek soveel gegroei in myself. Hierdie boek het my gehelp om te fokus. Hierdie boek was ‘n geskenk van God af. Die boek is ook in Engels vertaal en alhoewel ek dit nie self vertaal het nie, was ekself maar aan die stuur van sake om dit gedoen te kry. 

‘n Ander groot projek van 2016 was die kombers wat ek vir my dogter en haar man gehekel het. Die uitdaging was dat dit binne ‘n sekere tyd moes klaarkom. Die groot hekelaars doen so ‘n projek in ‘n maand se tyd. Ek kon egter net hekel wanneer ek die slag TV kyk of saam met my man rondry of by die braaivleisvuur. 

In 2016 het my dogter op die plaas getrou wat ‘n lekkerte op sy eie was. Ek is dankbaar dat ons dit vir haar kon doen en alles het mooi uitgewerk. 

In hierdie jaar het ek en my man stokalleen deur ‘n stukkie van NSW, Victoria en Suid-Australië gery. As ‘n mens so alleen saamtoer, geniet jy die saamwees, is jy heeltyd beskikbaar vir mekaar. Daar is lang tye dalk stilte in die kar, maar die skat is daarin dat ons daar is vir mekaar, as een iets vir die ander wil vertel, dit dadelik kan gebeur. Dit gaan oor gedeelde ervarings. Dis ‘n belegging in die huwelik. 

In 2016 het ekmet Theophostic Prayer Ministry te doen gekry. Bevrydend. Lewensveranderend. Beslis iets warvan ek meer wil leer en waarop ek wil fokus in 2017!

Elke jaar het maar sy uitdagings, elke jaar het sy lekker én sy sleg. 2017 gaan nuwe uitdagings en nuwe lekkers hê. 

Totsiens 2016, die jaar van die veer. 

Groetnis

Toortsie

Toortsie’s Banting Bash Facebook page

Toortsie’s Facebook page

Toortsie’s LCHF stories on Fridays (Afrikaans)

Order Toortsie’s Banting Bash here. 

Finesse Blogger of the week

Finesse: Die grootste geskenk wat my dogter my kon gee

13 thoughts on “My 2016

  1. Ek is dankbaar dat ek jou en die ander blok mense hierdie jaar ontmoet het, en dat jy my gehelp het om hierdie nuwe wêreld te ontdek. Jy is ń inspirasie Toortsie, en ek bid jou en Kameel en Bokbaaivygie God se vreugde en gesondheid toe vir die nuwe jaar.

    Liked by 1 person

  2. ‘n Voorspoedige 2017 word vir jou en jou gesin toegewens,Toortsie.Ek glo 2017 gaan ”great” wees.
    Jy moet asb vir ons iets skryf van julle Ausie toer,in die nuwe jaar.Hoe lyk dit daar,hoe lyk die omgewing,mense ens?
    Groetnis
    Werner en Sienie Olivier

    Like

  3. Ek hoop natuurlik met my hele hart dat 2017 dié jaar is wanneer ons Jesus sal sien. Mag 2017 ‘n jaar van versoening en vrede vir julle wees. Mag God Homself aan julle openbaar sodat julle Hom nog beter sal leer ken.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!