Nuwejaarsvoornemens 2017

My nuwejaarsvoornemens was nog altyd iets wat tog uitvoerbaar is, iets waaraan ek reeds werk of nog wil werk. Vir 2017 het ek ‘n paar planne in my kop, ek vermoed net dat die jaar dalk 700 dae nodig gaan hê om alles gedoen te kry. So hier is my lysie, dalk tiek ek iets daarvan af.

Ek sal weer my sokkies moet optrek wat betref die geestelike dissiplines wat ek verlede jaar aangepak het en in Desember laat val het.

Die Tweede Toortsie moet voltooi word. Ek is ernstig aan die werk daaraan, maar is nie op skedule soos beplan nie. Ek hoop om dit teen die einde van 2017 te kan uitgee.

Aanvanklik het ek gedink dis nie nodig nie, maar dalk moet ek The Real Revolution se Banting Coach kursus doen. En van kursusse gepraat, wil ek my graag laat oplei as ‘n Theophostic gebedsberader. 

Ons besigheid en ook my lewe gaan drasties verander in hierdie jaar, eintlik gaan ek op ‘n roller coaster ride vir die volgende 5 jaar, maar ek sal die beste daarvan probeer maak. Met God se hulp, my man aan my sy, my familie saam met my en my veiligheidsgordel vas, gaan ek die rit voluit geniet!

En as daar iewers ‘n kansie is, sal die wanderlust my beslis iewers beetpak. 

Mag 2017 jou mooi behandel. Geniet elke oomblik en sien die slegte gebeure as deel van die lewe. Selfs uit die sleg kan mooi ook kom. Hou vas aan God se hand, dis die beste plek om te wees!

Groetnis

Toortsie

Toortsie’s Banting Bash Facebook page

Toortsie’s Facebook page

Toortsie’s LCHF stories on Fridays (Afrikaans)

Order Toortsie’s Banting Bash here. 

Finesse Blogger of the week

Finesse: Die grootste geskenk wat my dogter my kon gee

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

6 Responses to Nuwejaarsvoornemens 2017

  1. KleinKitti sê:

    Klink of jy ‘n besige tyd betree. Opwindend en scary. Sterkte en wind van agter. 🙂

    Liked by 1 person

  2. travel460 sê:

    Dit klink omtrent of daar ñ warrelwind jaar voorlê, Toortsie. Maar met jou hand so styf in God sn, sal dinge in plek val.

    Liked by 1 person

  3. seegogga sê:

    Jy was nog altyd supervrou. Hoop dis ‘n Geseënde Nuwe Jaar. Ruim asb tydjie in vir Seegogga se agter-d-klip-tegnologie as d jaar nou eers begin het.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s