Bloekombome, bloekombome, bloekombome

Ek het vandag net weer besef, geen foto of beskrywing kan iemand ‘n idee gee van hoeveel bloekombome aan die oostekant van Australië groei nie. Knysna se woude is ‘n ou kalfie teen hierdie bloekomwoude. 

Destyds het ons gereis van Sydney tot by Cairns. By Brisbane het ons binneland toe geswaai omdat ons net uit die bloekomwoud wou ontsnap! Vandag het ons van Sydney af suidwaarts gery tussen bloekombome en bloekombome en bloekombome. 

Ons het van die hoofpad afgeswaai met ‘n stadiger paadjie in die Royal National Park. Om die see te sien, moet ‘n mens afdraai en kronkel tussen die bloekombome deur. 

Soos ons verder suid en meer binnelands ry, het die boerderye meer geword, moedige boere wat stukke grond ontbos het. Dis meestal beesboere wat ons gesien het.

As ‘n mens so ry en daar is net bloekombome weerskante van jou, raak dit later net jy en jou gedagtess. Wat lekker is, net ek en manlief bymekaar, is dat ons kan praat as ons iets op die hart het, of sommer net vreedsaam stil ook kan bly.

Die vlugvoosheid wys maar nog sy tande.  En hier is dit nou kwart oor een in die nag en ons is haaswakker.


Toortsie

7 thoughts on “Bloekombome, bloekombome, bloekombome

Gesels saam, asseblief!