Mistake – Foute

Opdragwerk: Daily post

‘n Feit soos ‘n koei is dat ons almal foute maak. Ekself is sommer goed daarmee.

Foute is deel van die lewe. Ongelukkig, in die gejaagde lewe waar almal na perfeksie strewe, word foute nie sommer meer toegelaat nie. Ander mense se foute word soms só opgeblaas, en eintlik is dit dan baiekeer eintlik ‘n poging om die aandag van ons eie foute af te kry.

Maar foute hoef nie altyd sleg te wees nie, ons kan baie leer deur ons foute en groei daardeur. Deur ons foute te erken, is ons al ‘n groot stap vorentoe. Die waarheid is dat, as jy jou fout erken, jy nie jou swakheid ten toon stel nie, maar juis jou innerlike krag! Deur ons foute te erken, wen ons juis die respek van ander mense.

‘n Volgende sinvolle ding om te doen, is om oplossings te soek. Hoekom het dit gebeur? Wat het ek verkeerd gedoen? Wat kan ek anders doen? Dán vind daar groei plaas, veral as ek dan die volgende keer daarop let om nie dieselfde fout te herhaal nie.

Net soos wat dit nodig is om my fout te erken, is dit ook nodig om ‘n ander persoon se verskoning aan te hoor en te aanvaar, veral as daardie verskoning met opregtheid aangebied word. Soos ek sê, ons almal maak foute.

Mag ons almal leer uit ons foute. Mag ons regmaak waar ons verbrou het. Mag ander ons pogings tot regmaak herken en erken. Onthou, behalwe dat ons almal foute maak, is ons ook almal verskillend. Kom ons sien mekaar se harte raak.

Die belangrikste: Om jou fout te erken, maak nie van jou ‘n swakkeling nie.

Toortsie

Toortsie by Finesse:Toe vang die angs my

Toortsie se Faceboekpage

Toortsie se Bantingboerekos faceboekpage

Toortsie’s LCHF Journey

Finesse Blogger van die week. 

Toortsie se getuienis: Radio Tygerberg

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Motivering en Bemoediging. Bookmark the permalink.

8 Responses to Mistake – Foute

  1. sonSkyn sê:

    Dis tog so waar. En tog so moeilik. Ek hoop ons kan ons kinders leer dat hulle moet foute maak want dis hoe hulle leer en groei. Hierdie perfeksionistiese lewe maak my mal!

    Liked by 2 people

  2. Kameel sê:

    Adam het Eva blameer, Eva die slang…. en so wil ons tot vandag toe nie erken ons is skuldig nie. Dit is moeilik om foute te erken, en verskoning te vra maar dit is soos jy daar sê dit praat van innerlike krag. Ai, ai tot die dag van ons dood gaan perfeksie ons ontglip 😦

    Liked by 1 person

  3. Dis seker my heel beste persoonseienakap – ek is heeltemal bereid om te erken as ek ‘n fout gemaak het en gee glad nie om om omversoning te vra nie. Ek dink dis oor my regter brein oorwig heeltyd so sukkel met sommer dat dit weet dit help nie om te stry of te verwyd as ek verkeerd is nie!

    Like

  4. Ek glo nog altyd dat perfeksie ‘n klug is. Foute is van kardinale belang in die lewe, want geen wysheid word bekom deur perfek te wees nie. Soos iemand eendag vir my gesê het:’Embrace your mistakes, they are all bricks in the wall of wisdom.”

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s