My broer en ‘n hartseer lewe

Scrapydo se toeka:tokkel – Susters/Broers

Daar hang ‘n groot vraagteken oor hierdie mooi broer van my met sy hartseer lewe. Hy was vier jaar jonger as ek, en volgens my ma het ek dankie gesê vir liewe Jesus toe ek hom die eerste keer gesien het, maar toe hy begin huil, gevra dat die Here hom moet terugvat. “Sou dit nie beter gewees het as die Here aan my versoek voldoen het nie?” het ek jare daarna gewonder, maar verstaan ook dat God se gedagtes en weë vêr verhewe bokant myne is.

As enigste seun was hy my ma so oogappel; die seun wat sy van die Here afgebid het, en oor wie sy groot drome gedroom het. Vir ons dogters was hy ons kleiner boetie wat in sy tienerjare opgeskiet, en ‘n volle ses voet ses in sy sokkies gestaan het. Hy was nie net lank en slim nie, maar ook donker en baie aantreklik. Hy is vloot toe, en ek was heel trots op die mooie broer van my. Met sy terugkeer uit die vloot het dit geblyk dat alles nie pluis is met hom nie. Ons het gesit en gesels toe hy vir my sê hy verstaan nie wat met hom aangaan nie, dit is asof hy my stem duidelik hoor, maar dan vervaag alles totdat dit vir hom voel ek praat met hom vanaf ‘n ander planeet.

Hy het begin werk; met sy verstand het hy goeie poste losgeslaan maar het nooit lank by een plek gebly nie. Twee mislukte huwelike het gevolg, en aan sy gedrag was dit duidelik dat daar groot fout was. Die eens netjiese man het sy voorkoms begin verwaarloos, homself onttrek, en sonder veel belangstelling net op sy bed bly lê, of soos ‘n vasgekeerde dier in ‘n hok op en af geloop terwyl hy een sigaret na die ander rook. Hy is na Weskoppies toe verwys vir toetse; as Skisofreen gediagnoseer, het skokbehandeling ontvang, en is ‘n paar weke later ontslaan.

Dit is onmoontlik om in woorde die jare van beproewing wat my ouers, en veral my ma, tot met haar dood deurgemaak het. Sy het vas bly glo dat hy weer sou regkom, maar hy het agteruit gegaan, en was dit nie dat hy by my ouers gebly het nie, sou hy seker maar soos ‘n bedelaar op die straat bly lê het. Hy het lankal ophou kommunikeer, en sou ‘n mens met hom ‘n gesprek aanknoop was dit gou duidelik dat hy nie “in touch” was met realiteit nie, en nogsteeds geglo het dat hy groot dinge kan vermag. Hy was nooit werklik aggressief nie, maar omdat hy geweier het om medikasie te gebruik het hy met tye buite beheer geraak, en moes hy in Weskoppies opgeneem word todat hy weer gestabiliseer het. Kort na my bekering kuier ek by my ouers, en gaan groet hom waar hy op die bed lê. Terwyl ek praat raak hy kwaad, en vra my wie kyk deur my oë vir hom. Ek besef dadelik dat dit die Gees van God is wat hy in my sien, en sê vir hom dit is Jesus, waarop hy my uit sy kamer jaag.

Die jare het inmekaar geloop, en toe breek die tyd aan dat my ouers na ‘n afreeoord toe moet gaan aangesien hulle nie meer die groot huis, en tuin kon behartig nie. My broer kon nie saam trek nie, en daar moes vir hom ‘n plek gesoek word wat mense wat nie in ‘n normale samelewing kan aanpas nie, akkommodeer. Die Salvation Army het hom in ‘n tehuis opgeneem, en ek kan net sê wat ‘n seen!!!! Dit was vir my lekker om daar vir hom te gaan kuier; hy het nogsteeds nie veel gekommunikeer nie, maar daar was ‘n rustigheid aan hom wat nie vroeër daar was nie. Liggaamlik het hy vinnig agteruitgegaan, maar sy gees het tot rus gekom, en ‘n verdieping ondergaan wat my met tye verstom het. Tot die staf het gesê dat hy tydens bybelstudies min praat, maar wanneer hy iets sê daar soveel wysheid in is dat dit hulle sprakeloos laat. Met my ma se begrafnis was dit sy woorde wat my vertroos het; “Moenie huil nie,” het hy gesê, “sy is nie dood nie, maar lewe voort in ons.”

Die laaste keer toe ons vir hom gaan kuier het was hy net vel en been, en het in ‘n slakkegang beweeg. Daar was egter ‘n blink op sy vel wat sy gesig ‘n pragtige glans gegee het. Met die groetslag het ek my hand om sy gesig gesit en vir hom gesê hy lyk pragtig. Hy het net geglimlag, en vir my totsiens gewuif. Nie lank daarna nie is hy oorlede.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Advertisements
This entry was posted in 'In opdrag..... Bookmark the permalink.

40 Responses to My broer en ‘n hartseer lewe

  1. ekmyselff sê:

    Dis so hartseer maar tog mooi
    *drukkie*

    Liked by 1 person

    • Kameel sê:

      Dankie 🙂 Daar is altyd so ‘n swaar wat oor my kom wanneer ek aan hom dink. Maar ek glo hy loop pragtig en gesond in die hemel rond, en sien daarna uit om hom weer te sien.

      Liked by 1 person

  2. Sjoe – wat ‘n storie en mooi geskryf.

    Like

    • Kameel sê:

      Dankie Spokie. Dit is so lekker om weer van jou te hoor. Of spook jy net ‘n bietjie hier by ons, en verdwyn dan weer?

      Like

      • Ek lees nogal baie aan jul blogs. Kan jy glo dit laat my “ontspan” hier by die werk. Ekself het nog nog nie tyd gekry om weer te begin skryf (alhoewel my vingers jik!) en moes ek eers geboorte gee aan ‘n groot visie hier in Limpopo. Maar dit is opgerig en is ek opgewonde oor dinge wat hier gebeur. Ek sal nog skryf oor die geboorte van hierdie kind in God se Koninkryk …

        Like

  3. Tragies, dankie vir die deel.

    Like

    • Kameel sê:

      Dankie vir die inloer. Ja,dit is vir my moeilik om oor hom te praat. In die week oor hom gepeins en gedink hoe onvrugbaar sy lewe was… toe onthou ek dat hy ‘n seun by sy tweede vrou gehad het, en wie weet watse vrug daaruit mag voorkom.

      Like

  4. Ag ek is jammer. *drukkie* ❤

    Like

  5. seegogga sê:

    ‘n ou wat homself n ateis noem, het erndag lank gelede vir my gevra of ek al opgelet het hoe mense wat waarlik geesvervuld is sevgesigte blink. Dit het my so llat dink aan die mense in die Bybel wie se gesigte ook do geblink het. Jou broer is reguit Hemel toe.

    Like

  6. Dis so verskriklik hartseer… My mammie het groot respek vir die Heilsleër gehad en hier bevestig jou vertelling nou die goeie werk wat hulle doen.

    Like

    • Kameel sê:

      Frannie ek het ontsaglike groot respek vir wat hulle doen. Al daardie gebreekte mense word met soveel liefde hanteer. Dit was werklik vir my lekker om net daar te gaan sit en deel te wees van ‘n wêreld so vêr verwyder van die buitewêreld. Wonder of daardie mense nie maar die armes van gees is waavan Jesus gepraat het nie…. daar het ek opregte omgee vir mekaar gesien. Die gronde en gebou was ook pragtig skoon.

      Liked by 1 person

  7. ekhetnstem sê:

    Jou rouproses om te sien hoe iemand voor jou oë “verdwyn”, en later te sien hoe iemand sy Huis vind, is aangrypend. Pragtige woorde van ‘n sussie wat vir haar boetie baie lief was.

    Liked by 1 person

    • Kameel sê:

      Dankie. Ek is so dankbaar vir daardie laaste paar jaar van sy lewe in die Salvation Army; nou weet ek hy het Jesus daar leer ken, en ons gaan eendag weer ontmoet. Baie dankie vir die inloer!!!

      Like

  8. Baie dankie dat jy jou hartroerende storie met ons gedeel het, Kameel.

    Like

  9. Dit breek ‘n mens se hart.

    Like

  10. Hartroerend vertel Kameel. Dis so hartseer om iemand so te sien agteruitgaan en ook weer hou pragtig daardie berusting op die einde is. My man het n gesplete persoonlikheid gehad, dit het hom op die einde vernietig. Sy broer en susters het nie baie vir hom omgegee nie terwyl hy tog wel gereeld kontak met hul gemaak het. Dankie vir die deel van hierdie hartseer deel uit jou lewe.

    Like

    • Kameel sê:

      Dit is ‘n lang en baie hartseer pad. My ma het ongelooflik swaar aan hom gedra…. hy het werklik soos ‘n hobo gelyk maak nie saak of hy forseer was om te bad ens nie. Hy was onbewus van sy uiterlike toestand. Het onophoudelik gerook en het een nag sy bed aan die brand laat raak. My ma was die laaste drie jaar van haar lewe bedlêend en so bekommerd oor sy toekoms. Eendag het ek vir haar gesê maak oop mammie se hande en laat hom gaan. Die Here sal hom deurdra en eendag gaan mammie hom in die hemel sien. Scrapy ek wens jy kon die hoop in haar oë sie. “Dink jy werklik so?” het sy gevra, en ek het haar verseker dat dit so sal wees. Eienaardig…. terwyl ek geskryf het, het ek aan jou man gedink en gewonder of hy nie ook ‘n gebroke mens was nie.

      Like

      • Ja, dis baie swaar vir n moeder om te sien hoe haar kind wegdryf. My man se ma was darem steeds lief vir hom al het dit maae op einde haar lewe gekos. Hy was darem by sy ma toe sy heen gegaan het. Sy menslike deel van sy lewe was n baie goeie vader en man vir my en ons kind. Ons was baie lief vir mekaar maar daardie ander persoon was regtig n duiwel en hy kon nie meer dit hanteer het nie om met homself saam te leef nie. Bygesê ek het met hom getrou omdat hy n sterk geestelike lewe voorgehou het. Dit het in begin oorwin totdat die duiwel in hom gevaar het met tye. Op einde was hy n boemelaar met geen inkomste of blyplek nie. Wat eintlik vir my baie erg was toe my pa voor hy dood is vir my seun van 12 jaar vermaan het deur te sê – kyk na jou ma en moenie soos jou pa wees nie. Maak my steeds baie hartseer want eendag, nou onlangs , het my seun juis gesê hy is darem nie soos sy pa nie. Dit wil my hart sommer breek as ek daaraan dink. Tog kry ek krag van BO om te oorleef en aan te gaan.

        Like

        • Kameel sê:

          Ag tog Scrapy die lewe is so vol hartseer en onbeantwoorde vrae. En ja die kinders bly nie onaangeraak deur dit alles nie. My broer het ‘n seun by sy tweede vrou. Ryan het kontak met my broer behou, en af en toe by die Salvation Army vir hom gaan kuier. Wens partykeer ek kan ‘n heart to heart talk met hom hê om te hoor hoe hy oor alles voel. Sy ma is weer getroud en ek glo sy stiefpa was ‘n goeie pa vir hom. Sterkte vir jou en ons hoop lê daarin dat die Here al hierdie dinge sal gebruik om ons te vorm tot Sy eer,al verstaan ons dit nie

          Like

          • Dankie jong. Ek het reeds so n behoefte gehad om oor dinge te gesels omdat die 18e Aug tdie skiet v my man was, 26e Aug begrafnis en dan 30 Aug huweliksherdenking. Hoe ouer ek word hoe meer besef ek dat alles tog ten goede verloop, alles op Sy tyd. Nie vroeër of later nie.
            Vandag was n regte egte see atmosfeer. Sagte reën, wêreld is toegetrek en mistig en nie rerig koud nie. Kon agterkom die see is naby en tog steeds ver. Geniet n heerlike naweek. Hope liefde daar vir jou en nogmaals dankie vir die geleentheid omte kan oop maak.

            Liked by 1 person

  11. Terug pieng: Toeka-Tokkel no 31: Opwinding, opgewonde. – I scrap 2

  12. Daarvan kan ek ook getuig. Baie hartsere, trane en gebede. ‘n Goeie vriendin [gebeds vegter] het onlangs diè bemoedigende woorde gestuur:

    GOD Is Never in a Hurry

    Maar die lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom, sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom nie. — Jakobus 1:4 [Ou Vertaling]

    Be patient with GOD and with yourself. One of life’s frustrations is that GOD’S timetable is rarely the same as ours. We are often in a hurry when God isn’t. You may feel frustrated with the seemingly slow progress you’re making in life.

    Remember that God is never in a hurry, but he is always on time. He will use your entire lifetime to prepare you for your role in eternity.

    “Please be patient. God is not finished With me yet.”

    Like

    • Kameel sê:

      Baie dankie vir die pragtige woorde van bemoediging. “He will use your entire lifetime to prepare you for your role in eternity” Dit gee ‘n ander perspektief op die lewe.

      Like

  13. Wat ‘n aangrypende storie. Dankie dat jy dapper genoeg was om dit te deel.

    Liked by 1 person

  14. Terug pieng: My broer en die likkewaan | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog

  15. Al lees ek nou eers hier,is ek so aangegryp deur jou storie.Ek dink veral aan jou ma se hartseer en pyn wat sy moes deurgaan.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s