Kies die lewe!

Deut 30:19-20: “Kies die lewe, sodat jy en jou nageslag kan lewe. Om die Here jou God lief te hê, Hom te gehoorsaam en Hom aan te hang, sal vir jou lewe gee en jou lank laat woon in die land wat die Here met ‘n eed aan jou voorvaders Abraham, Isak en Jakob beloof het om aan hulle te gee.”

In aansluiting by vanoggend se preek, ‘Kies om gelukkig te wees’, daag ek vir elkeen van ons uit: ‘Kies die lewe!’ Kies Jesus, en jy sal lewe! Ewig lewe, selfs na jou dood! Vir altyd en altyd sal jou siel bly lewe en dis my en jou keuse WAAR dit sal wees: In die hemel en al die wonderlike wat daarmee saamgaan, of in die hel, met alles wat daarmee saamgaan? 

Die groot wonder van dit alles is dat as ek vandag die lewe kies, ek dit nou reeds kry, dis nie iets vir eendag nie! ‘n Keuse vir die lewe verander jou hele lewe, jou hele belewing van dinge, jou toekomsvisie, hoe jy dinge ervaar. 

Vanjaar het ons gemeente se uitreikspan ‘n hele reeks slegte ervarings gehad. Die een voorwiel van hul vragmotor het op pad soontoe, swaar gelaai, tussen niks en nêrens in die middel van die nag gebars, maar God het voorsien en die vragmotor het nie gerol nie en niemand het seergekry nie. Een hele gesin wat op die uitreik was, moes skielik oppak en huistoe gaan toe hul tyding kry van dood in hulle familie. Nóg krisisse het hulle getref, maar die uitreikspan het gekies om positief en gelukkig te bly ten spyte van soveel teëspoed. Hoe kon hulle dit regkry? Was hulle nie ongevoelig nie? Nee! Hulle kon dit regkry, want hulle het deurentyd God se hand van beskerming en ondersteuning, selfs te midde van terugslae ervaar.

So vandag kies ek die lewe, kies ek om gelukkig te wees, selfs al voel dit soms of die wêreld om my platval. Ek kan dit doen omdat ek God se hand van beskerming so duidelik sien, ek moet behoorlik blind wees om dit mis te kyk. 

Ek kies die lewe. Wat kies jy?

Dankie, liewe Here, dat U so duidelik sigbaar is selfs te midde van slegte dinge wat om ons gebeur. Dankie dat U dit vir ons moontlik maak om die lewe te kies en my wens is dat elkeen wat hier lees, sal kies om U lief te hê en ook sal kies om gelukkig te wees omdat hulle weet dat hulle in U hande veilig is, ongeag wat gebeur. Tot U eer alleen.

Toortsie

Advertisements

7 thoughts on “Kies die lewe!

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s