Gertrude

Goeiemôre almal! O vandag lyk dit of dit ‘n lekker dag gaan wees. Ai, ek is bly! As dit so onweer is en dit reën en die wind waai is dit regtig nie lekker by die padwerke nie. En nou in die winter is dit nog erger. Die karre ry verby en spat ‘n mens nat en dis so bitter koud.

Maar vandag lyk dit of die son gaan skyn, dan het ek sommer moed vir die dag ook. In die winter is dit mos lekker hier in die Kaap as ons ‘n sonskyndag het, maar dis eintlik ‘n geheim wat ons nie vir die Transvalers vertel nie. Hulle kom mos gewoonlik in Desember as die Suid-Oos op sy beste waai. Súlke tye is dit NAG hier langs die pad, hoor!

My werk is om die voertuie te help beheer by die STOP/RY. Die meeste mense werk goed saam, maar sommiges! Sjoe! Mense kan ONGESKIK wees! En Ongeduldig! Genade, ons doen maar net ons werk, en die karre wat aan die ander kant wag, wil ook mos maar graag ry. Sjoe, nou die dag het hier amper ‘n GROOT fout gekom! Iewers was die kommunikasie nie reg tussen ons en die STOP/RY-stasie aan die ander kant nie en toe ons weer sien, toe kom daar karre van die ander kant af terwyl dit nog nie hulle beurt was nie! Gelukkig was daar nie ‘n ongeluk nie, dit kon ‘n lelike ding gewees het!

So ‘n dag kan lank raak hier langs die pad. Ons pak maar altyd vir ons kos en water in, maar soms is die dag net te lank. Ons waardeer dit altyd so baie as van die motoriste vir ons iets lekkers aangee, ons is mos ver van die winkels af, so ons kan nie gou hardloop en iets gaan koop as ons honger raak nie.

Ek verkies om dagskof te werk, dan is hier meer motors. Met nagskof is ek maar baie bang soms. Die meeste van die tyd gaan dit goed, maar mens kry orals kansvatters en as ons net so ‘n paar vroue hier langs die pad staan is dit regtig gevaarlik.

Ek is so dankbaar vir hierdie werk. Party mense maak asof dit sommer net so ‘n ou joppie is, maar dis ‘n werk met groot verantwoordelikheid, hier mag nie foute kom nie!

……………………………………………

100% verbeelding van Toortsie

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in 26 Kaapse vroue. Bookmark the permalink.

2 Responses to Gertrude

  1. Kameel sê:

    Dan was dit nie Gertrude waaroor ek en my man nou nog lag nie. Wanneer ons daardie rooi vlaggie sien dink ons aan ‘n dag baaaaaaaaie lank gelede. Die persoon met die vlaggie was ‘n man…. maar o weë, hy was of siek, of moeg of sommer net siek en sat shutup. Kop onderstebo met so ‘n slap lyf lê-sit hy teen ‘n klip, en hou die vlaggie so halfmas tussen sy bene vas, en waaaaaaaaaaaaaaai hom so stadig dat ‘n mens skaars ‘n beweging sien. Miskien het Gertude haar man so werk oorgeneem?

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s