O staan vir overal

O staan vir oornag, oorwinter. Dinge kan oornag verander, of jy kan oornag by iemand.

Oorpyn. Wat ‘n nare gedagte!

Oormaat. Oorvol. Oorryk. Orig. Als wat té is is te veel, behalwe te perd of te voet.

Ongeduldig, ongelukkig.

O, nee, nou moet ek ophou met die negatiewe woorde!

Openbaring, een van my gunsteling boeke in die Bybel. Hoe meer ek hom lees, hoe meer geniet ek hom, hoe meer verstaan ek hom. Hy kom sit later Onder jou vel.

Olga se Okseltjies 🙂

As die weervoorspellers ONWEER voorspel, is die boere gewoonlik bly!

Ek wou skryf van organisme, orgasme, orgaan, maar is bang ek word verkeerd opgeneem, nou los ek dis maar eerder!

Orrel. As kind was dit my hartsbegeerte om te leer orrel speel. Soos ‘n regte Orrelis, nie piengpong nie, met voete en hande en al en baie manuale. Helaas. Ek het wel ‘n rukkie Orrellesse geneem, eendag, lank, lank gelede, voor my allerlaaste laatlam gebore was. Ek wil bly glo dat die feit dat ek musieklesse geneem het en baie geoefen het terwyl ek haar verwag het, ‘n bydrae tot haar Ongelooflike musiektalent gemak het.

Oordeelsdag – Vir sommige iets Om na uit te sien, vir ander iets om te vrees. Dis dalk die rede hoekom sommige mense alles in hulle vermoë om dit te probeer wegpraat, wegredeneer, wegbaklei.

Die teenoorgestelde, natuurlik, van Ongelukkig, is GELUKKIG! Ja!

Olifante. My gunsteling dier, maar ‘n onsigbare olifant in die huis, wat almal moet in ag neem maar niemand mag dit noem nie, hy moet UIT!

Oostenryk. Dis ‘n land wat ek nog graag sal wil besoek. Aan die Ooste steur ek my nie veel nie, maar wel die Oosbloklande van Europa. Dan is daar natuurlik nog die Oos-Kaap sommer hier in ons eie land ook! Oos-Australië het ek al besoek en Ons het met ‘n kar van Sydney af tot by Cairns gery, Ompaaie ook nog tussenin gery. In Cairns aangekom het ons met ‘n trein gery en mense van Sydney Ontmoet. Hulle kon nie glo dat dit menslik moontlik is om die afstand met ‘n kar af te lê nie. Dit hét ons wel twee weke geneem! Nou is die uitdaging om van Sydney af tot in Perth te ry, blykbaar glad nie onmoontlik nie.

Ons, teenoor ek. Ons saam teenoor ek alleen. ‘n Onsie teenoor ‘n Ekkie.

Mooi loop!

Toortsie

Toortsie se Faceboekpage

Toortsie se Bantingboerekos faceboekpage

Toortsie by Finesse: Foto’s en die vreugde van saamwees

19 thoughts on “O staan vir overal

    1. Ek het vandag aan jou gedink. Ek hoor oor die nuus dat Pick ‘n Pay nou ‘n 51% aandeel gekoop het in een of ander winkel in Lagos. Ek wonder of jul ‘n verskil sal voel wat produkte aanbetref.

      Like

  1. Opkoms (soos byvoorbeeld in sonsopkoms) is vir my net so ‘n heerlike, positiewe, beeldryke woord. Jou opskrif het ek aanvanklik as “overall” gelees. Dit het dadelik herinneringe aan my liewe pa opgeroep. Hy kon enige iets doen en regmaak en vir hierdie doel het hy so ‘n bruin en ook ‘n kakie oorpak gehad. Hy het egter altyd van sy “overall” gepraat. Maar overal laat my ook aan my kinderdae dink – toe ons in die kerk en skoolsaal gesing het: “Op berge en in dale, en overal is God…” (Ek is nou net nie seker of dit overal of oweral was nie – later is dit verander na “oral”).

    Like

      1. Aag, wat maak dit nou saak hoe dit gespel word, Feit is, dit bring baie lekker herinneringe (overall, overal, oweral, ???). Afrikaans, Engels. Ek het dadelik gesnap wat jy bedoel het (nadat ek my oë groter oopgemaak het). Dankie vir jou lekker walk down memory lane.

        Like

  2. O staan vir Otto wat my nooiensvan was. Sewe broers twee susters vir ooms en tannies. Die wonderlikste klomp mens wat daar was.

    Like

Gesels saam, asseblief!