N staan vir nar

Neutraal, ‘n woord wat ek nog altyd moeilik was. Hier in my middeljare word dit nou nogals soms van my verwag om neutraal te bly, totaal teen my aard in. Neutraal klink vir my soos draadsitter en ons boere weet baie goed wat dit beteken om ‘n draadsitter te wees, veral as dit nog ‘n hakiesdraad ook is! Lelike dinge kan jou oorkom! Jy kan afval en dit nog aan die verkeerde kant van waar jy eintlik wil wees! ‘n Vriendin wat my sedert 1976 ken, sê ek is ‘n profeet, dis waarvoor ek geroep is, juis om níé neutraal te staan nie, om verkeerdhede uit te wyssss … m o e I l I k h e I d ! ! !

Narsissisme, ‘n ongemaklike verskynsel. Die Christelike Nood- en Traumaberading Studiegids nr 2 van die Hugenote Bybelinstituut skryf: ‘Die narsissistiese persoonlikheid het ander mense op so ‘n manier nodig dat hy/sy altyd goed oor homself kan voel. Alles word om homself gesentreer. Hy sien homself as superieur, spesiaal of uniek en verwag dat ander hom as sulks erken en behandel. Sy behoeftes is belangriker as dié van ander mense.’

Nagedagte. Ter nagedagtenis aan iets of iemand.

Namens iemand anders. Die persoon kan nie in sy eie hoedanigheid optree nie, iemand anders tree namens hom op.

Nagemaak. Oneg. Soos ek een keer, lank terug geskryf het, die ware Jakob is altyd beter as die nagemaakte een. Dis soos ons by Banting ook leer, ons eet regte kos, nie nagemaakte goed in boksies en pakkies nie. Kos wat kos is. Gesonde kos.

Nuwe Nuut. Daardie nuwe nuut wat jy skep as die oue verby is en jy verplig is om met jou veranderde lewe aan te gaan. Om weer iets goeds uit die nuut te maak, selfs al is dit nie soos jy dink dit moes wees nie.

Negatiwiteit. Iets wat ‘n mens met wortel en tak moet uitroei. Iets waarteen jy moet veg met jou hele hart. Veral negatiewe gedagtes. Negatiewe gedagtes maak jou siek, dit maak dat jy anders begin optree as normaal. Dis iets wat ons almal kan oorkom, daarom moet ons so ekstra hard waak daarteen. Negatiewe gedagtes skep vrees, maar liefde verdryf vrees.

N staan vir naam. Wat beteken jou naam? Gister vertel iemand haar dogtertjie se naam is Hope. Hoe mooi! 🙂 Ek dink steeds dat dit die grootste eer is wat jy iemand kan aandoen om hom/haar te vernoem.

Groetnis

Noortsie Toortsie

Toortsie by Finesse: Die wonderlike versekering

Toortsie se Faceboekpage

Toortsie se Bantingboerekosboek Faceboekpage

12 thoughts on “N staan vir nar

  1. Aa, daar’s jy – hallo Noortsie! Ek stem saam oor die vernoem – maar wonder terselfdertyd hoe my liewe eersgebore kleinseun Frans Trichaardt du Randt tydens roll call in Ierland gaan vaar…

    Like

  2. Negatiwiteit verander jou brein letterlik. Baie interessante navorsing wat daaroor gedoen is. Nooit regtig geweet wat beteken Narsissisme nie…. met my sleeptong is dit ‘n moeilike woord om te sê.

    Like

      1. This article is about the hunter who fell in love with his own reflection. For the plant genus (Daffodils), see Narcissus (plant).

        Narcissus by Caravaggio depicts Narcissus gazing at his own reflection.
        In Greek mythology, Narcissus (/nɑːrˈsɪsəs/; Greek: Νάρκισσος, Narkissos) was a hunter from Thespiae in Boeotia who was known for his beauty. He was the son of the river god Cephissus and nymph Liriope.[1] He was proud, in that he disdained those who loved him. Nemesis noticed this behavior and attracted Narcissus to a pool, where he saw his own reflection in the water and fell in love with it, not realizing it was merely an image. Unable to leave the beauty of his reflection, Narcissus lost his will to live. He stared at his reflection until he died. Narcissus is the origin of the term narcissism, a fixation with oneself and one’s physical appearance.
        (Wikipidia)

        Like

      2. O my liewe, dit klink soos die kinders wanneer hulle hul tienerjare binnegaan. Jy kan hulle maar voor ‘n spieël gaan soek. 😆

        Like

Gesels saam, asseblief!