Help! Ek eet steeds baie!

Iemand het op die Bantingfaceboekblad wat ek volg, gebieg dat sy al ‘n hele ruk die Bantingleefstyl volg, 28 kg verloor het, maar steeds baie eet, ook tussenin.

Die ding is, wat Prof Noakes in sy boek skryf, is dat ‘n mens op die punt gaan kom dat jy slegs twee keer per dag eet. Ek is nog nie daar nie en ek is steeds nie seker wát hy alles ‘eet’ noem nie. Bedoel hy twee behoorlike etes per dag met níks tussenin nie, of bedoel hy twee behoorlike etes, maar hier en daar knibbel aan iets deur die dag?

Hierdie faceboekinskrywing het ‘n geweldige bespreking ontlok. Soveel mense het erken dat hulle dieselfde probleem het. Hulle eet steeds iets al is hulle nie honger nie, omdat dit lekker lyk, of omdat hulle lus kry vir iets. Gits!

Weet julle, ek dink ons is só gefoemfaai deur die jare. Ons weet nie meer wat ons mág en wat ons nie mag nie. Daar is soveel verskillende reëls, en ongelukkig is ons ook in ons lewens só gebreinspoel, ons kan nie meer vir onsself dink nie. Ons het die hele tyd iemand nodig wat regstaan met ‘n lat: “Nee, jy mag nie dit nie, nee, jy mag nie dat nie.” Ons het ook so gemaklik geword, wil met teelepels ingevoer word, happie vir happie. Ek praat nou nie van die persoon wat kom bieg het nie, ek praat van ons mensdom in die algemeen.

Vir my is Banting ‘n goeie riglyn van wat ek in my besonderse situasie mag eet en wat nie. Ek volg dit by my eie huis 100 persent, of solank die omstandighede dit toelaat. Ek is nie áltyd in beheer van die kos nie, so sou dit gebeur dat ek nie eintlik ‘n ander keuse het nie, gooi dit nie die appelkar om nie. Dis vir my ‘n leefstyl wat ek regtig die res van my lewe wil volg. Daarom respekteer ek die reëls na die beste van my vermoë, maar dit gaan my nie regeer nie.

Oor die persoon hierbo se probleem. Ek ken nie die antwoord nie. Ekself is ook lief vir eet. Ek eet ‘n goeie porsie kos en as ek nog lus het vir ‘n tweede porsie, doen ek dit. Ek eet tot ek voel ek het genoeg gehad, nie wat ánder sê die ideale porsie moet wees nie. Party dae eet ek twee etes met niks tussenin nie. Ander dae is ek die hele dag eterig en bly knibbel aan alles wat voorkom. Ek maak net seker dat dit waaraan ek knibbel, Bantingvriendelik is. Saans 6 uur is ek honger, dan eet ek kaas en neute en wanneer aandete kom, eet ek weer. Tog gebeur dit nou al hoe meer dat ek dan nié aandete weer eet nie.

My raad aan die persoon hierbo? Geniet die leefstyl. Geniet die 28 kg. Bly binne die kosreëls, so as jy eterig voel, eet wat jy mag. Moenie jouself onnodig inperk nie, dit het uitbreek tot gevolg. Geniet dit net en as jy lus het vir nog iets eet, doen dit! Ek glo met my hele hart dat elke persoon se kosbehoeftes verskil. Daar is nie een porsiegrootte wat vir almal werk nie.

Mooi bly en sterkte

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekos faceboekblad

Toortsie se Faceboekblad

Bestel Toortsie se Bantingboerekos HIER

Toortsie by Finesse: Die wonderlike versekering

voorblad 001

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Banting, LCHF, Kosdinge, Verslanking. Bookmark the permalink.

6 Responses to Help! Ek eet steeds baie!

  1. puppy1952 sê:

    Ek stem saam! Some eet ek vier keer per day en soms 2 – dit hang af hoe ek voel. Maar as ek gewig wil verloor dan moet ek minder eet. Op die oomblik staan my gewig by 56kg. Ek is gelukkig daarmee maar eendag sal ek probeer om nog 2kg te verloor. Dan sal ek een eier in plaas van 2 eet – een tjoppie in plaas van 2 en minder van die oranje lys.

    Liked by 1 person

  2. Ek dink jy is reg dat elke liggaam anders werk en mens moet vasstel wat vir jou reg is.My man het gebanting en gewig verloor,maar sy cholesterol het hemelhoog geskiet…dus terug op laevetkosse en hy vermy suiker en stysel.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s