Scrapydo se toeka:tokkel – Nuwejaarsvoornemes
Die woord “voornemes” neem my terug na daardie jare toe ek in die wêreld gelewe het. Elke Maandagoggend het ek met ‘n dikkop van die naweek se jol, voor my tikmasjien ingeskuif, en vir almal vertel dat ek ‘n nuwe blaadjie gaan omslaan. Ek is klaar met drank, en partytjies, het ek myself belowe, maar by Woensdag het al die goeie voornemes soos mis voor die son verdwyn. Min het ek geweet dat die “upstairs” Engelsman – die Natuurwetenskaplike op die Koeberg projek – my fyn dopgehou, en al bekommerder geraak het. Toe stap Jesus my lewe binne, bring my na die Lig toe, en sommer so sonder enige voornemes verloor ek al my lus vir diè dinge wat ek geglo het die lewe “happy” maak. ‘n Paar weke later roep die Engelsman my in, en vra wat het met my gebeur. Toe moet ek hoor hoe hy elke Maandag na my voornemes geluister het, en stilweg gehoop het hierdie keer kry ek dit reg om ‘n nuwe blaadjie om te slaan, en sy teleurstelling as hy sien dat ek net dieper wegsink. “You were going down very fast,” het hy gesê, “I could see you are nearing the edge, and then you changed completely. I watched you closely these last couple of weeks, but you are different, something very wonderful happened to you.”
Ek maak nie nuwejaarsvoornemes nie; wat ek wel van hou is om ‘n projek vir die jaar aan te pak. Nie dat ek altyd suksesvol is nie, en ook nie dat ek elke jaar ‘n projek kry waarvoor ek lus is nie. Maar ‘n jaar sonder ‘n projek voel vir my so half gemors. Wat ek gate uit geniet het was die jaar waarin ek besluit het ek wil weet waar elke land in die wêreld is, en sommer ook Amerika se state. Daardie jaar het ek gelees, en geleer, en al wat ‘n ding gekyk wat my meer oor ‘n land vertel het. Dit was een van my lekkerste projekte.
Hierdie jaar wil ek meer algemene kennis oor die bybel opdoen. Wat was die name van die twaalf spioene wat uitgestuur was om die wêreld te gaan verken? Wat was die name van Jakob se twaalf seuns, en wat was die name van hulle moeders. Algemene goed wat ‘n mens lees maar nie werklik inneem nie. Ek glo vas daaraan dat ‘n mens nie moet ophou leer nie, hou jou brein aan die werk…. en werk gaan hy as ek al die eienaardige name, en plekname wil onthou. Hoekom kon hulle nie maar net Piet, Klaas en Koos geheet het nie?
‘n Geseënde 2016 vir julle almal.
Uitstekende idee! Elke jaar ‘n nuwe projek, bedoel ek. Dit sal ‘n mens se brein aan die gang hou. Lekker 2016 vir jou.
LikeLiked by 1 person
Dit is goed om nuwe dinge te leer…. al gebruik jy dit nooit nie. Dis soos oefeninge vir die liggaam. Hoop jy kry vir jou ‘n lekker projek alhoewel dit vir my klink jy is nog baie besig…..
LikeLiked by 1 person
Ons werk onafhanklik vir kliënte met baie uiteenlopende besighede, so ons leer baie daardeur. Die lekkerste is dat ons 95% van die tyd by die huis werk en net so nou en dan moet spring om nuwe kliënte te gaan ontmoet, hulle besigheid te bekyk en fotos te neem as hulle dit verlang. Ons bepaal ons eie werksure – na gelang van die weer sodat ons op die strand kan uithang ook.
LikeLiked by 1 person
Sien jy hoef nog nie onmoontlike bybelname te leer nie….. jou brein kry genoeg oefening!!!
LikeLiked by 1 person
Deesdae dink ek nie meer so daaraan nie, maar ek het dit nogals vir jare gedoen. Die een jaar wil ek bv leer om ‘n V-Nek te maak op my naaimasjien, of om ‘n melktert te bak, of wat ook al. Nooit baie voornemens nie, maar so een uitdaging.
Ek het mos my eet-voornemens geskryf, sal nog ‘n bietjie uitbrei oor my voornemens vir die jaar.
LikeLike
Kan nou maar net die kop laat werk…. liggaamlike werk minimaal. Yep laat ons hoor wat is jou planne vir die jaar.
LikeLike
Mooi Kameel daar het jy dit gedoen en weereens ons almal inspireer
LikeLike
Ek moet vir jou dankie sê. Het werklik gewik en weeg of ek nie maar moet ophou skryf nie.
LikeLiked by 1 person
Onthou ook daardie dae van paartie, paartie, paartie…Dankietog vir ons beskermengele!
LikeLike
Frannie, as ek so terugdink dank ek net die Here dat Hy my beskerm het deur ‘n baie woeste tyd.
LikeLiked by 1 person
Gelukkigwas ek nooit n uitgaande persoon nie. Al wat ek wel weet is dat (nou vergeet ek hoe dit gaan) luiheid is die duiwel se oorkussing(of hoe?) Dis belangrik om die brein aan die gang te hou splank mens kan. Dankie vir deelname aan Toeka-tokkel en goeie wense.
LikeLike
Wees dankbaar as jy op ‘n skoon lewe kan terugkyk. Om in so ‘n duisternis te lewe is erg. Jesus sê mos as die lig in hulle duisternis is, hoe groot is daardie duisternis nie. Yep, as straf hou ek die brein besig…. hy wil mos in die laaste tyd al wat ‘n ding is vergeet. Kan jy glo, algemene blomname is meteens net weg…. moet alles eers gaan opsoek. O ja, jammer ek het vir jou weggeskryf….. gesien Olga het geskryf toe dog ek dit is tyd. En ek was juis so lui om aan die gang te kom!!!
LikeLike
Ha ha, nee wat dis reg so. Ek was self lui om te skryf dis hoekom ek gedink het om n inleiding te skryf en dan spring ons hierdie week weg. Gelukkig het ek hierdie stuk en vakansie reeds klaar geskryf. Nou sal ek moet wikkel om voor te bly. As die skool in Februarie begin gaan ek mooi my tyd moet uitwerk om alles te doen en betyds ook. Ek is net bly vir jou part dat jou lewe nou in Jesus se hand is en Hy sal jou nie bo jou vermoeë laat werk nie.
LikeLike
Spiekeries plan. Een jaar het ek besluit on die Bybel deur te lees. Dit het baie langer geneem as wat ek gedink het. En nee toe ek eindig moes ek hard kopkrap om te onthou wat was waar raakgelees. Jy het ‘n hoeie plan hier beet. Sterkte met die olie van die breinratte.
LikeLike
Dit neem vir my so 3 jaar om die Bybel een keer deur te lees. 🙂 en ja, mens vergeet maar baie, of eerder, EK vergeet maar baie. 🙂
LikeLiked by 1 person
Ek en jy roei in dieselfde bootjie oor die vergeet ding.
LikeLike
Ai man 🙂
LikeLike
Om die bybel deur te lees was my verlede jaar se projek. Ek kan darem sê ek het dit gedoen!!!! Partykeer het dit maar uithouvermoë gekos, veral toe ek by al die profete kom en ek lees net verwoesting. Baie keer het ek met ‘n sug geeindig en net “jo” gesê.
LikeLiked by 1 person
Openbaring en spreuke was vir my moeilik. En ek wonder nog altyd oor die dele wat party aanklou en ander dele wat flussies nooit ‘raakgelees’ word nie…ek stem saam met daai ..”jo” gedeelte.
LikeLiked by 1 person
Sjoe – ek is skoon verlig om te hoor iemand anders het ook dele moeiliker en ‘blegh’ gevind. Spreuke en Openbaring het my lam gehad…
LikeLike
Openbaring maak vir ‘n goeie studie. Het hom deur die jare al ‘n paar keer bestudeer deur verskillende mense se oogpunt. So ook is die tabernakel ‘n goeie, en baie diep studie. Miskien kan jy dit op jou lysie van doen sit 😆
LikeLiked by 1 person
Dankie Lana, defnitief gaan dit op my ‘to-do’-lysie. x
LikeLiked by 1 person
Natuurlik is sekere dele nie maklik om te lees nie. 🙂
Ek is mal oor Openbaring, veral nadat ek die “Hulle wat Agterbly” reeks van Tim la Haye gelees het. Dis ‘n storie met ‘n wonderlike einde.
LikeLiked by 1 person
Dankie ek sal gaan raaklees. x
LikeLike
https://toortsie.wordpress.com/2014/12/09/openbaring/
LikeLiked by 1 person
Daardie name knoop mens se tong. Ek het onlangs weer gelees oor Jesus se voorsate, maar moes sommige name maar haarop in lettergrepe uitspreek. Voorspoed met jou oplees.
LikeLike
Dankie Olga. Ek probeer hulle uit my kop uit leer. Ek luister na ‘n bybelvoorlesing om die regte uitspraak te kry. Ken darem nou die seuns van Jacob, die twaalf disipels en die twaalf spioene se name. Dit is met hierdie laaste klomp wat my tong begin knoop het. Ek het nog langpad om te gaan.
LikeLike
Wat ‘n mooie getuienis dra jy net nie. Dis pragtig. Verlossing wat geen mens kan aanbied nie. so jy is ‘n rondlopende wonderwerkie.
Dankie. Jou stukkie is pragtig.
LikeLiked by 1 person
Dankie Spokie. Ek sal Jesus altyd aanbid vir die wonderwerk. Ek het nie na Hom gesoek nie, Hy het my uit ‘n diepe duisternis kom haal. Ek het op agtienjarige ouderdom gesê as daar ‘n God is kan Hy maar eendag vir my wys Hy bestaan – en toe die wêreld ingestap en alles wat in die wêreld is gedien. My lewe het vroeg uitmekaar begin val, ek het my kinders verloor en hoe meer die pyn hoe harder het ek geparty en gedrink om daarvan te vergeet. Eendag het ek net begin gil en my ore toegedruk toe ek kerkklokke hoor. Kort hierna het Jesus net my lewe binnegestap, my in Sy bloed gewas, en van my ‘n nuwe skepsel gemaak. Ek het Hom so lief!!!
LikeLike