Automattic’s Worldwide WP 5k 2015 – my bydrae

Hello, I am Toortsie and live in the Overberg in the Western Cape. I did my 5k yesterday evening on our farm. As I am Afrikaansspeaking and more comfortable to write in Afrikaans, I shall proceed in Afrikaans.

Ek ondersteun Automattic’s Worldwide WP 5k 2015 wat plaasvind vanaf Maandag 26 Oktober tot Sondag 1 November 2015. Dit kom daarop neer dat jy 5 km sal stap of draf of hop of wat ook al, foto’s daarvan neem en dit kom vertel op jou blog.

My 5 km was nie ‘n plesier nie, die wind het behoorlik gewaai. Ek het egter die laaste tyd nie baie gestap nie en my honnekind het al knorrig begin raak met my. Die foto’s is met my selfoon geneem, en die lig was nie baie goed nie, maar hier is dit:

20151026_182954
Die son op die horison
20151026_183535
Elke donker wolk het ‘n goue rant
20151026_184551
Kraanvoëls in die afgesnyde graan
20151026_184620
Nog voëls in die graan
20151026_185400
Graan beur in die wind
20151026_184757
Voëls beur in die wind. Met die terugvliegslag het dit baie lekkerder gegaan toe hulle kon vryvlieg saam met die wind.
20151026_183457
My getroue ou stapmaatjie geniet dit so om orals rond te snuffel en die ekologie behoorlik te versteur.
20151026_183013
Klippies, klippies, klippies

Het jy nie ook lus om deel te wees van hierdie groot geleentheid nie? Besluit hoe jy jou 5 km gaan aflê, neem die foto’s, vertel wat jy gesien het op jou blog en “tag” die pos wat ek ook getag het. Hier is nog ‘n verwyser na ‘n bloginskrywing hieroor. Dalk is dit sommer goed om beide die bloginskrywings te tag.

Groete

Toortsie

Toortsie se Faceboekblad. 

Toortsie se Banting Boerekos resepteboek faceboekblad

42 thoughts on “Automattic’s Worldwide WP 5k 2015 – my bydrae

    1. Die roete wat ek altyd stap is so tussen 6 en 8.5 km, afhangende van waar ek omdraai. Ek meet nooit meer die tyd nie en stap deesdae bietjie gemakliker as in my jongdae toe ek teen my horlosie gestap het. Ek weet nie meer hoe lank ek stap nie. Kan jy glo! Dit was kwart oor 6 toe ek my skoene gaan asntrek het en amper donker toe ek terug was.

      Like

      1. Haai,dis interessant!Ons het in die plaashuis oorkant die vlei gebly.Dit was so lekker.Wat was julle van?Ek het bietjie in ‘n inligtingstuk daar in die huis gelees oor die geskiedenis.

        Like

      1. Ek het eitlik dadelik gedink aan die pad tussen my twee strrandplekke. Dit is 4 Km. Ek kan nog 1 verder stap tot halfpad by die vuuurtoring MAAAAR: HOE KOM EK TERUG???? NIE te voet nie!! en my man is in timbucktoe( sp??)
        Miskien moet ek die BD ding oorweeg….

        Like

  1. Dis so pragtig waar jy gaan stap het!

    Dit lyk nie of jy die wwwp5k tag reg aan gesit het nie (of wys jou tags nie op jou posts nie). Skree as jy nie weet hoe om tags by te sit nie. Dis ‘n baie handige manier om meer voete op jou blad te kry. WP en google werk mooi saam as die tags orals is.

    Like

      1. Mens noem dit eintlik “link” as jy na ‘n spesifieke artikel ‘n skakel in sit en tag as jy woorde aanheg wat beskryf waaroor die artikel of stuk gaan. Dan wys dit onder saam met “This entry was posted in Overberg, Verskeidenheid Onderwerpe” ook bv Tags: WWWP5k, stap, plaas. As jy dan vir die WWWP5k na wordpress.com/tag/wwwp5k gaan sal jy almal se posts oor die onderwerp sien.

        As jy ‘n nuwe post maak of ‘n ou een wysig is daar links van waar jy tik tags and categories en dan
        Tags
        Enter your tags below.

        Jy tik dan net daar jou woorde met ‘n enter of komma tussen elke nuwe “tag”.

        Dis bietjie moeite, maar google is gek oor tags 🙂

        Liked by 1 person

            1. O, ek maak wel van Tags gebruik. Ek het nie besef dit verskyn onderaan hulle post nie. Ek het altyd verstaan as jy dit “link” soos ek “tag” noem, dan verskyn dit onderaan. Ek het dit nou verander. Baie dankie vir jou raad.

              Liked by 1 person

  2. Ek sal maklik 5 km stap tussen sulke pragtige lande en berge. Wat ‘n mooi omgewing! Is dit darm veilig Toortsie? Hier in ons plaasomgewings kan jy nie meer sommer net so alleen gaan stap in die Limpopo nie. Dis jammer …

    Like

    1. Relatief veilig.
      Ek sien geen mens nie.
      In die verlede het ek langs die pad gestap, maar deesdae stap ek meer veldlangs. Eintlik, as ek padlangs stap, kom daar die meeste kere nie eers een voertuig verby nie. Maar sekere tye van die jaar ry daar baie vreemde karre, dan bly ek eerder daar weg.

      Liked by 1 person

  3. Nou goed Toorts….. hier is my 5km. Omdat ek sooooooooo ontsettend moeg raak, en die krag sommer soos ‘n kraan wat jy oopdraai uit my uitvloei, het my man besluit ons gaan elke middag ‘n entjie stap. Ons is Rademeyers toe… ‘n natuurreservaat hier naby ons. ‘n Entjie gestap, en woerts weg is my krag…. soos in weg. Met groot gesukkel is ons terug by kar. Volgende dag dieselfde storie. Na vyf minute se stap, en ek gaan sit kaplaks op die grond sonder enige energie om my terug te kry by kar. Besluit ons gaan Rademeyers vir eers los, en sommer pad op stap totdat ek sterker is. Omtrent 75 meter gestap, gebeur dieselfde ding….. energie net weg, en ek sak neer. Daarom was ek hartspesialis toe…. en het hulle al die toetse gedoen. So nee, ek gaan nie die 5km uitdaging aanvaar nie…. nie eers hop-hop of kruip-kruip nie. 🙂

    Like

Gesels saam, asseblief!