Wat lees ek

Scrapydo se toeka-tokkel: biblioteek

20151027_145509Ek het al geskryf oor die liefdesverhouding wat ek van kindtyd met die biblioteek en boeke gehad het.  So groot was hierdie liefde dat ek donderstorms trotseer het, net om by my liefde uit te kom.  Maar nou sien die binnekant van ‘n biblioteek my glad nie meer nie.  Meniers in sy jaloesie, het daarvoor gesorg.  Die Kindle is nou my biblioteek…. maar ek het ‘n groot probleem…. wat lees ek?

Ek plaas die skuld vir hierdie dilemma vierkant voor my vriendin se voordeur.  Charlotte, het my aan die ou Classics voorgestel.  As jy eers die ou skrywers se werk gelees het is dit verby; dit is asof nuwe boeke nie smaak het nie.  Hulle word geweeg, en te lig bevind.  Net party van Francine Rivers se boeke het my in hulle bladsye vasgevang; waaroor ek dankbaar is.  Dit is nie lekker om so kieskeurig te wees nie, en daar is ook net soveel Classics wat jy kan lees….. wat dan?

Laat my dink aan ‘n woord wooroor Dirkie op ‘n keer geblog het.  Ek kannie meer die presiese woord, en betekenis onthou nie…. dit was iets soos Bibliomania.  Die betekenis was ‘n vrees dat jy uit leesstof gaan hardloop.  Ek het vir Charlotte daarvan vertel, en ons het heerlik saamgelag, en mekaar dikwels daaroor geterg.  Nou begin ek egter benoud raak…. ek het genoeg skete om nog aan bibliomania ook te lei, maar ek begin al meer, en meer wonder wat gaan ek doen as daar nie meer Classics is wat ek kan lees nie.  Charlotte, het voorgestel dat ek die boeke maar weer van vooraf begin lees.  Dit is seker ‘n oplossing, maar dit is darem baie lekkerder om ‘n boek vir die eerste keer te lees.

Of wag, miskien lees ek een van die dae glad nie meer nie.  Die ding het so gekom; Ek volg ‘n program waar jy die bybel in een jaar deurlees.  Toe vind ek uit i.p.v lees kan jy luister, en is dit nou nie te lekker om te sit en luister terwyl ‘n mooie stem vir jou die voorlesing doen nie.  Het nog nie gekyk of die Classics ook as “audio boeke” beskikbaar is nie, maar as hulle is dink ek die versoeking gaan groot wees om dit van nou af so te doen.

Ek is voorwaar ‘n wêreld verwyder van die biblioteek waarvoor ek eers so lief was.

Advertisements

16 thoughts on “Wat lees ek

    1. Die lewe het gemaklik geword nê 🙂
      Moet sê ek voel partykeer lus om weer hierdie reeks boeke van Francine Rivers oor te lees…. en dan natuurluk haar Redeeming Love. Dit is net ek onthou die stories so goed dat ek wonder of ek sal baat daarby om die boeke weer te lees.

      Liked by 1 person

  1. Francine Rivers se boeke is vir my ook besonders om te lees. Dis eintlik tragies at die biblioteek so verwaarloos moet word a g v menslike toedoen. Daarmee saam is ek ook bly jy kan darem die boeke op jou kindle lees en dan ook nog luister ook. Ek sien hul het baie boeke reeds op audio jy moet maar kyk en dit kry.

    Like

      1. Nee, dis ‘n oplossing vir ‘n probleem – ek slaap elke nag met my ipod. As ek wakker word (en dit gebeur dikwels) luister ek eenvoudig na ‘n storie. Op diè manier pla ek nie my huismense nie en ek lê nie en rondrol nie.

        Like

  2. Met Audible kan mens baie keer die audioboek vir baie goedkoper kry as Jy die Kindle boek ook koop. Soos ‘n combo. Dan wissel mens tussen die twee en dit “sync”. So Jy kan lees en luister. Die blog modernmrsdarcy het ‘n baie goeie inskrywing oor audioboeke en hoe om meeste daaruit te kry. Ek self het nog nooit audio probeer nie, maar ek is nuuskierig!

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s