Toorts se Toeka Tokkel oor paaie, “lost & found”

In opdrag van Scrapydo, maar met ‘n kinkel.  Met hierdie bloginskrywing voer ek opdrag 16 uit van Writing 101, Third time’s a Charm

By die Writing 101 opdrag, moet hierdie bloginskrywing inpas by ‘n reeks oor verlies. My vorige skrywes oor verlies, is: Verlies 1, Die verhouding tussen ‘n pa en sy dogter, Onverwags herinner dit jou, Teruggekry, Soektog.

Vandag skryf ek oor vriendskapspaaie. Soms loop vriende ‘n tyd lank ‘n pad saam, en dan skei die paaie, oor verskillende redes. Dalk het daar onvriendskap gekom. Dalk was daar geen rede nie, ons omstandighede het verander en ons het verskillende paaie begin loop.

Ons wat oud genoeg is, wie geleef het vóór selfone, faceboek, en wat nog als, ons kon maklik iemand “verloor”. Het ons verhuis, het ons telefoonnommer, adres, als verander. Die enigste manier wat ons iemand kon kontak, was per telefoon of per brief, met die pos gestuur, of met ‘n boodskap deur ‘n gemeenskaplike kennis. Het jy dan verhuis, het dit beteken dat jy elkeen op jou adreslys moes kontak, hetsy deur ‘n brief, of deur ‘n telefoonoproep. Doen jy dit nie, is die persoon verlore.

Vir my is faceboek die wonderlikste ding, ek loop weer ou universiteitmaats raak, ons het weer te doen met mekaar, weet darem iets van mekaar. Party van die paaie kom nie weer “werklik” saam nie, ons hou dalk net effens kontak deur faceboek. Ander paaie kom weer bymekaar. Ons soek dalk mekaar weer op. En dís vir my die lekkerste lekker, as vriende met wie ons vir jare nie veel te doen gehad nie, dalk oor ons programme net te besig was, nou weer die pad begin saamloop, ons weer saam kuier, iets doen.

Writing 101 vra: “What have you learned about loss over the years? What does it feel like to find an object that was once important to you? When can reconnecting go horriby wrong? When are things better left buried and forgotten?”

Verlies is nooit maklik nie. Verlies laat ‘n leemte. Soms vind jy die iets/iemand wat jy verloor het, wie vir jou baie belangrik was, en is ONGELOOFLIK bly, dis of julle net kliek, of julle net daar weer kan voortgaan. Soms besef jy dat jý aanbeweeg het, dat dit wat voorheen vir jou so uiters belangrik was, net nie meer dieselfde waarde het nie. Dalk het jou persepsies verander? Jou geloof, selfs? En dis juis wanneer mense se paaie totaal uiteenlopende rigtings geloop het, dat die bymekaarkomslag dalk ook nie altyd goed uitdraai nie.

Soms is dit goed om nie op ou paaie te loop rondsnuffel nie, dalk omdat daar te veel pyn is? Dalk omdat dit onverwerkte sleghede weer oopkrap? Maar soms is dit juis nodig om daardie moeilike paaie te loop loop… om heling te vind, selfs al is dit op daardie oomblik uiters moeilik.

Mooi loop op die paaie wat julle loop. Mag julle krag ontvang om die opdraende, klipperige paaie te hanteer, geniet die mooi en maklike paaie.

Groete

Toortsie

 

9 thoughts on “Toorts se Toeka Tokkel oor paaie, “lost & found”

  1. Fb het gesorg vir vele uit die verlede mense wat weer saam kuier. Mense wat ons 30 en meer jare laas gesien het. Die rede hoekom ek op Fb is, was om ‘n kindervriendin te probeer opspoor…. haar nooit gevind nie 😦
    Seën vir jou op die pad wat jy stap 🙂

    Liked by 1 person

  2. Toortsie, ek het nou regtig hierdie laaste 2 skrywes van jou geniet. ….die een oor moedeloosheid (voel of jy dit net vir my geskryf het) asook die “doodloop paaie”” ….

    Dankie, ek geniet altyd jou en kameel se skrywes baie!!

    Hantie

    Like

Gesels saam, asseblief!