Moedeloosheid

Onder die 5 mees gelese bloginskrywings op hierdie spesifieke oomblik, is die term, moedeloosheid, by twee van hulle. Die een is “Moedverloor se vlakte“, die ander een, “Was jy al ooit moedeloos?”

Moedeloosheid. Neem dit toe, of is dit bloot toevallig?

In die afgelope paar weke ervaar ek skielik dat mense, wildvreemdes eintlik, met my begin praat. Hartsgoed. En nee, dis nie mense wat ‘aandag soek’ nie, die geleentheid doen hom voor. En dis nie ‘kry my jammer, arme ek’-gesprekke nie. Mense gaan deur groot goed. Verskriklike goed. Hulle leer om daarmee saam te leef, of nog beter, om dit te verwerk. Hulle het vrae in hulle harte, hulle worstel met God.

Ons hoor oor die radio dat dit lyk of ons land neig na ‘n resessie. Moeilike tye. Dit raak almal, selfs die superrykes. Mense wie reeds in die knyp is, moet die rieme nóg stywer span. Huwelike kry swaar in ons land, ook wêreldwyd. Mense word toenemend vervolg vir hul Christelike geloof. Ons raak moedeloos.

Selfs Christene raak moedeloos, dis menslik. Ook ek, wie met alles in my streef na positiwiteit, raak angstig, moedeloos, weet soms nie watter kant toe nie. Ook mý maag span by tye op ‘n knop, ook ék gee soms ‘n diep sug. Ook ek bekommer my by tye oor verskillende dinge. En dís hoekom ek hierdie stukkie skryf, oor ek ‘n Anker het, Iemand by wie se voete ek kan gaan sit, Iemand by wie ek kan huil, Iemand wat verstaan, wat my troos, wat my help om kalm te raak, dinge in ‘n ander perspektief te sien, en dít gun ek ook vir jou wie hier lees, wie dalk moedeloos voel.

My verhouding met God, en ja, dit ís ‘n verhouding, dis nie ‘n verbeelding nie, dis ‘n werklikheid, dís wat my dra deur moeilike tye. Wanneer ek voel of angs my gaan oorval, weet ek ek moet méér tyd met Hom spandeer. Rustig raak by Hom.

Kry die prentjie in jou kop van ‘n groot oom vir wie jy baie lief is, by wie jy veilig voel, wat op ‘n rusbank sit. Jy sit veilig op die vloer teen sy voete, jy leuen teen sy bene. Jy voel sy warmte. Dalk jou pa, of jou oupa? Wel dis die gevoel wat ek kry as ek rustig by God sit. Ek voel veilig. Ek kan Hom enige iets vertel wat my pla. Ek skryf vir Hom in my boek. Ek lees uit Sy Woord, ek antwoord Hom op dit wat ek lees. Nie haastig ‘n paar versies en drie sinne bid, soos ek soveel keer doen nie, nee, rustig, sodat, as jy daar opstaan, jy ‘n sug van genoegdoening kan gee, want jy voel vervuld. Kalmer. Of jy tog vir ‘n rukkie die probleme met meer moed kan trotseer.

As ek dít nie gehad het nie, was ek al lankal op die sterkste kalmeermiddels of anti-depressante, maar ek kan getuig dat God my deur regtig groot krisisse in my lewe gedra het. Ek nooi jou: Probeer dit. Moenie kitsoplossings verwag nie, gee tyd. Die antwoorde gaan dalk nie wees wat jy verwag nie, dalk gaan dit selfs beter wees. Efesiërs 3:20 sê dat God baie meer planne het as waarvan ons kan dink of droom. Ons moet Hom net die geleentheid gee.

So dís my raad vir moedeloosheid: “Raak stil by God. Spandeer tyd met Hom. Jy gaan soveel meer kry as wat jy ooit kon dink of droom. Dis regtig die moeite werd.

Sterkte vir jou

Toortsie

Toortsie se faceboekblad

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Geleefde Christenskap, Motivering en Bemoediging. Bookmark the permalink.

11 Responses to Moedeloosheid

  1. Dis werklik waar. As mens net jou hand uitsteek na God word dit klaar rustiger binne. Daar is baie dinge rondom mens wat jou moed wil breek. Staan vas en glo en vertrou!

    Like

  2. ekmyselff sê:

    Dankie vir hierdie stukkie, moedeloos het die afgelope twee dae ook by my kom nesskop….

    Like

  3. Kameel sê:

    Dit is om met geestesoë na Hom te kyk terwyl die storm om jou woed. Nie dat ‘n mens nie klein en met tye bang voel nie….. maar Hy bring altyd weer rustigheid.

    Like

  4. Ja, moedeloosheid en depressie is rerig ‘n probleem in vandag se dae. Ek dink dit moet moeilik wees vir die mense wat nie iets het om aan vas te hou nie. God bring soveel hoop, genade en oplossings. Dankie vir ‘n bemoedigende stukkie.

    Liked by 1 person

  5. Vlindersag sê:

    Dit is so waar wat julle sê. Moedeloosheid kom sit so maklik en ongenooid vierkantig op mens se skouers. Ek het geleer dat die een ding waaroor mens nooit moet dink nie, is die toekoms. As ek net dink aan die einde van die maand en die honderde verpligtinge wat my salarissie moet dek, trek my keel sommer toe. Ek moes eenvoudig myself leer om elke dag vir VANDAG te leef. Om net eenvoudig stil te raak en met God te praat sodra ‘n bekommernis wil wortel skiet. En ek het geleer om elke dag Sy seën te sien. Al is dit die R10 wat ek skielik in my handsak ontdek het toe ek vergeet het om kos saam te bring werk toe en ek nie geld gehad het vir kos nie. Of my vriendin wat op ‘n reënerige oggend toevallig ons pad gery het skool toe en my druipnat kind kon oplaai. Ons is geneig om altyd groot tekens te verwag van ons God, so dat ons vergeet om na die klein dingetjies op te let wat Hy elke oomblik van elke dag vir ons gee. En dan besef ons eers hoe goed gaan dit eintlik met ons. Want 10 klein seëninkies beteken op daardie tydstip soms meer as enige ander iets wat met jou kon gebeur het.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s