Moedverloor se vlakte

Toe ons by hierdie bord

image

afdraai, dink ek terloops: “Ons moet net nie hier gaan staan nie.”

Met ‘n spul spektakels maak ek die eerste hek oop en toe, en noem terloops aan my man dat daar iets drup onder die kar. Kan dit die lugversorging wees?

Anderkant Moedverloor se vlakte stop ons by ‘n man en vra bietjie uit oor die verbou van rooibostee.

Ons kuier tog te lekker in die Hantam. ‘n Hand vol gruis uit die Hantamwyk, waboom, njarrabosblare. Arm was ek gister, nou is ek ryk, nou skatryk.”

By van Rynsdorp gewaar ons die diesel sak vreemd vinnig. Op Vredendal word ons gehelp. Dieselpyp het uitgespring. Orals lê ‘n streep diesel agter ons…

Sê nou dit het heeltemal afgespring in Moedverloor se vlakte?

Al wat in my kop opkom, is, “How great is our God.”

Groete
Toortsie

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

16 Responses to Moedverloor se vlakte

  1. katrina sê:

    Ja, dis in daardie klein genadetjies waarin die dankbaarheid lê wat ‘n groter vrede meebring…

    Liked by 1 person

  2. So is daar tog geluk by de ongeluk. Bly jul het nie rerig op Moedverloren gestrand geraak nie,

    Liked by 1 person

  3. Sjoe “genade” kom darem altyd net betyds. Ek verkyk my ook altyd af Kaap toe vir die naamborde in die vrystaat, shame! Dan wens ek, ek kan net daar stop en sommer lewe roep oor elke bord!!

    Like

  4. Ja nee, hier het ons plekname soos: “Vrek gesukkel” “Woesteinvlakte” ” Bitterwaters”… Ek was laasnaweek by “Soekmekaar.” Daar is so baie mis, dat die boere in die ou dae mekaar nie in die mis kon vind nie.

    Eks saam jou verlig dat julle nie by Moedverloor gestrand het nie. Dit laat my dink, hier by ons het al die dorpsname verander, waarom het hul ook nie hierdie se name verander nie?

    Liked by 1 person

  5. Kameel sê:

    Genade onbeskryflik groot….. altyd genade, elke dag genade…. as ons dit net raaksoen soos jy gedoen het toe jy nie op Moedverloor gestrand het nie. 🙂

    Liked by 1 person

  6. Deur genade sou julle ‘n plan gemaak het… hoop is deel van jou samestelling – ek sien dit sommer.

    Like

  7. Kan sommer hoor nie eers ‘n diesel pyp gaan die trip bederf nie.

    Like

  8. Julle sou nie moed verloor het nie! Hulle sou net die plek se naam na “Dieselverloor” moes verander het 😉

    Liked by 1 person

  9. Terug pieng: Moedeloosheid | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

  10. ekmyselff sê:

    JAAA – How great is our God!

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s