Moedverloor se vlakte

Toe ons by hierdie bord

image

afdraai, dink ek terloops: “Ons moet net nie hier gaan staan nie.”

Met ‘n spul spektakels maak ek die eerste hek oop en toe, en noem terloops aan my man dat daar iets drup onder die kar. Kan dit die lugversorging wees?

Anderkant Moedverloor se vlakte stop ons by ‘n man en vra bietjie uit oor die verbou van rooibostee.

Ons kuier tog te lekker in die Hantam. ‘n Hand vol gruis uit die Hantamwyk, waboom, njarrabosblare. Arm was ek gister, nou is ek ryk, nou skatryk.”

By van Rynsdorp gewaar ons die diesel sak vreemd vinnig. Op Vredendal word ons gehelp. Dieselpyp het uitgespring. Orals lê ‘n streep diesel agter ons…

Sê nou dit het heeltemal afgespring in Moedverloor se vlakte?

Al wat in my kop opkom, is, “How great is our God.”

Groete
Toortsie

16 thoughts on “Moedverloor se vlakte

  1. Ja nee, hier het ons plekname soos: “Vrek gesukkel” “Woesteinvlakte” ” Bitterwaters”… Ek was laasnaweek by “Soekmekaar.” Daar is so baie mis, dat die boere in die ou dae mekaar nie in die mis kon vind nie.

    Eks saam jou verlig dat julle nie by Moedverloor gestrand het nie. Dit laat my dink, hier by ons het al die dorpsname verander, waarom het hul ook nie hierdie se name verander nie?

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar op Stories Uit My Wereld Kanselleer antwoord