99890

PL9

Toe ek begin blog het in Junie 2010 het ek angstig die syfertjies dopgehou. Lees iemand ooit hier? Wie lees? Ek het dae loop en tob oor WAAR hoor die mense van my? HOE weet hulle hulle moet hier lees? HOE kry hulle my in die hande? Ek kon nie glo dat daar sowaar die heel eerste dag 25 mense kom lees het nie. Om die waarheid te sê, ek glo dit steeds nie!! Maar ek het dit aanvaar.

Intussen het ek daardie eerste blog een nag in ‘n oogwink toegemaak, en ‘n week later, in September 2010 het die Toots sy lig laat sien. Nou gaan daar weke om wat ek glad nie eers raaksien hoeveel mense die dag gelees het, of waar die meter loop nie. Maar ek is ‘n persoon vir syfers, so dit gaan nie heeltemal ongesiens by my verby nie, al is dit nie my alfa en omega nie.

Toe ek vanoggend my blog oopmaak, staan die meter op 99890. Slegs 110 klieke van 100 000 af, en dít, reken ek, kan nie onaangeteken verbygaan nie. Met die gemiddelde aantal klieke wat hierdie blog op ‘n dag kry, behoort ons teen more die 100 000 merk verbygesteek het. WOW!!! Soos ek hierbo gesê het….. Ek kan dit steeds nie glo nie!!!

Baie dankie vir ELKE persoon wat die moeite doen om hier te lees. Dankie vir ELKE “like”. NOG MEER dankie vir ELKE persoon wat kommentaar lewer. Vir dié wie nie weet nie, die meeste bloggers hou van kommentaar. En die MEESTE dankie vir ELKEEN wat ingeteken is op hierdie blog. Sjoe! Wat ‘n kompliment!!

Ek skryf steeds ‘n groot deel van die sukses toe aan my twee blogmaats, Kameel en Bokbaaivygie. Ons vul mekaar aan. Wanneer die een lui en stil is, skryf die ander een. Kry jy nie tyd om by ander blogs te lees nie, is die ander een daarmee besig. Elkeen skryf wanneer sy lus het, hoeveel keer sy lus het, hoe lank, hoe kort, hoeveel foto’s sy lus het. Ons respekteer mekaar. Net lekker. Baie lekker.

Nou toe! Laat ons voortgaan!!

Toorts

15 thoughts on “99890

  1. Toorts, partymaal voel ek skoon skuldig 😦 Jy het die aanvoorwerk gedoen… en hier kom ek, en trek net in. Dit is vir my ‘n voorreg om deel te wees van jou blog.

    Like

Gesels saam, asseblief!