Blogbeker

Alta het vir my, Kameel en die Bokbaaivygie benoem vir ‘n blog-trofee!!! WOW!!! Baie baie dankie, Alta. Aangesien dit uit die engelse blogs kom, vra sy vir ‘n naam vir die afrikaanse weergawe. Onthou julle so 2 jaar gelede was daar die kersieopdiekoektrofee?

Van ons drie het ek nou sommer die trofee gegryp en eerste begin skryf, maar Kameel en Bokbaai, julle moet ook julle weergawes gee. Onthou, dis ‘n gedeelde prys!!

Die eerste opdrag is dat ek moet erkenning gee aan die een wie dit vir my gegee het. Reeds gedoen. 🙂

Opdrag 2: Vertel 6 dinge oor jouself. Regtig, ek kan nie dink dat hier nog IETS is wat julle nie van my weet nie!! Maar ek sal probeer:

  • Ek hou daarvan om ‘n ding voluit te doen. Na die beste van my vermoë….. maar as ek so rondom my kyk, lyk dit nie so nie!!! Dalk is die rede hiervoor ….
  • … dat ek te veel take op my skouers neem en dan nie by alles uitkom nie, en….
  • … dat ek ‘n people-pleaser is. Wil almal tevrede stel, en kry ek dit nie reg nie, is ek omgedollie vir twee weke.
  • Ek is outyds. Ek streef outydse waardes na, soos dat ek die versorger is en my man die voorsiener. Alhoewel, al die jare van getroud wees het ek ook maar gehelp om die pot aan die kook te hou. Ek hardloop ook nie agter elke nuwe gier aan nie.
  • Ek is ‘n loskop. Ietwat mallerig. Laf. Komieklik. Deurmekaarderig. Ek hoop die ander mense ervaar my as vrolik. 😆
  • Ek is lief vir my Here. Baie lief. En ek is lief vir my Bybel. Baie lief. Ek hou van bybelstudie en ek probeer regtig om dit wat daarin staan na te volg. Maar……. 😯 …… ek misluk maar baie!!! Gelukkig is Sy genade vir my groot. 😆

Opdrag 3: Benoem 5 ander. Ek lees so verskriklik rond en bont, en ek weet baie van julle sal alreeds benoem wees…

  1. Die goeie nuus Loli
  2. Die heerlike botterskorsie…. Butternut
  3. Dirkie
  4. Hoe kan ek my vriendin uit die Overberg, die Seegogga nie noem  nie?
  5. Slakkelak

Julle 5 moet asseblief die opdrag uitvoer soos dit beskryf is:

As jy genomineer word, moet jy die volgende doen:

  1. Erken/bedank die persoon wat jou blog genomineer het.
  2. Noem sewe interessante/weird/geheime dinge omtrent jouself.
  3. Nomineer ten minste vyf ander blogs.

Ek het nog twee blogs wat ek graag wil noem. Hulle is welkom om saam te speel as hulle sou wou, maar ek wou eintlik net julle aandag oop hulle vestig…  Tussen die Duine en Olkoroi

Groete,

Toorts

9 thoughts on “Blogbeker

  1. Jy’s ‘n skat Toorts. Alta het my op haar “Schindlers-list ” gehad( grappie) klaar gebieg op my Sielkunde 1 blog. Jammer ek kan nie link nie.. ek het probeer en julle moet empatie hê met die bejaarde ou vroutjie wat tegnologies gestrem is.
    Lees gerus en ek hou van jou trofee !!

    Like

  2. Dankie liewe Toorts, ek begin toe mos dink ek blog verniet ;)….nee ek spot, want eintlik blog ek mos maar vir myself, nê? …en hopelik om ‘n paar vrienne te maak en omdat ek OOOK ‘n stem het, nê?? Ek gaan my bes probeer om in tien minute…ha ha…die ding te doen. lekker dag

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s