Manipulasie

Manipulasie, ‘n woord wat seker positiewe gevolge ook kan hê, maar soveel keer negatief is. Ons almal is seker in ‘n sekere mate manipuleerders, maar as iemand manipulasie begin gebruik om sy sin ten koste van ander te kry, raak dit ‘n probleem.

Ek glo dis nodig dat ons onsself moet emosioneel versterk sodat ons nie misbruik word deur manipuleerders nie. Die probleem is net – waar trek jy die streep? Is jy besig om jouself teen ‘n manipuleerder te beskerm, of is jy besig om jou Eie Ek te voed?

Ek het manipulasie op verskeie maniere gevoel. Die een was ‘n persoon wat my drang om ander te help, misbruik het tot haar eie voordeel. Later sou ek agterkom dat die trane eintlik net ‘n set was sodat ek my hulp aanbied, terwyl sy ‘n verskuilde agenda gehad het. Sy het op baie slim maniere manipulasie toegepas, tot op ‘n punt waar ek onttrek het om myself te beskerm.

‘n Ander manipuleerder het die manier gehad om ‘n ongemaklike situasie effens te verdraai, meer klem op jou woorde te sit, ens. Dit sou gewoonlik ‘n rukkie ná die gebeurtenis wees wat veroorsaak het dat ek moes dink: “Is dit waar? Is dit hoe ek opgetree het?” En dan het ek die vark in die verhaal gevoel, wat ek natuurlik baie keer was! Dit het my egter geleer om baie fyn op te let in ‘n ongemaklike situasie, sodat ek nie na die tyd valslik beskuldig kon word nie. Ek kon dan, wanneer ek aangekla word, die situasie herroep en sê: “Nee, dis nie soos dit gebeur het nie.” Op so ‘n manier het ek leer grense stel en was die kans om in die toekoms gemanipuleer te word, minder.

Soms laat ek myself steeds vang, maar oor tyd het ek geleer om dit gouer raak te sien en nie toe te laat dat dit met my gebeur nie.  Feit van die saak is….. daar IS mense wat daarmee wegkom.

Hoe is jy al gemanipuleer? En hoe het jy dit teengewerk?

Toorts

Toortsie se Faceboekblad

7 thoughts on “Manipulasie

  1. Party mense is bo-baas manupileerders. My dogter het onlangs uit ‘n huwelik gekom waar sy glad nie meer vir haarself kon dink nie. Haar skoonouers het vanaf wat haar kinders aantrek, tot waar hulle vakansie mag hou, die leisels in die hand gehou.

    Like

  2. Manipuleerders is ook leunaars, hul verdraai die waarheid totdat jy jouself amper nie meer glo. Die belangrikste is dat jy ten volle by die waarheid hou en dat jy getrou aan jouself bly. Hulle wil altyd gesien word as die slagoffer en sal aanhou manipuleer todat hulle hulle sin kry. Dit is so hartseer dat mense soos dit sal seer maak tot hulle , hul sin kry…Dit kan verskriklike nagevolge het vir beide partye maar die belangrikste is dat jy nie moet skuldig voel vir ander mense se optrede….Elkeen het sy eie keuse hoe hy sy lewe wil lei, maar solank ons verantwoordelikheid vat vir ons besluite….My raad hou jou perke moenie toelaat dat enige een jou beheer as jy ongemaklik voel al wil jy net help sien dit as ‘n alarm en vlug…………………………………

    Like

Gesels saam, asseblief!