oor voorvadergeeste

So twee jaar gelede het ek op my vorige blog vir die mense gevra  vir inligting oor voorvadersgeeste, heksery, toordokters, ens. Die reaksie was baie uiteenlopend, maar op die ou end het ‘n Dion vir my ‘n skakel gegee na ‘n studie wat iemand namens die Hervormde Kerk hieroor gedoen het. (Ek is jammer, maar het die skakel verloor!!) Vir die wat dalk belangstel, vertel ek graag wat ek daaruit geleer het:

Die meeste swartes glo in heksery en voorvadergeeste en toordokters. Dis vir hulle ‘n realiteit en ons kan nie sommer vir hulle vertel om hulle reg te ruk, of op te hou glo daaraan nie. Selfs al het hulle vir Jesus aangeneem, glo hulle nog in die bestaan daarvan. Met dit in gedagte moet ons hulle leer van die liefde van Jesus. Om hulle te kritiseer gaan NIE HELP NIE!!

Heksery is ‘n baie groot probleem en die grootste persentasie van siektes wat hulle het, word daaraan toegeskryf. Heksery het die uitsluitlike doel om deur duiwelse magte mense te beskadig en slegte dinge oor hulle pad te bring. Hekse word GEVREES!!  Hekse word gehaat deur die gemeenskap. Dit is vir enige iemand baie sleg om verdink te word van heksery, want dan word die hele familie van so ‘n persoon sommer uitgestoot uit die gemeenskap. Daar is nie ‘n ding soos ‘n vriendelike heks nie! Gewoonlik is ‘n heks vroulik en ‘n towernaar (sorcerer) is die manlike weergawe. Hulle doen redelik dieselfde. Vir slegte dinge wat jou kan oorkom, word 72% aan hekse/towernaars, 8% aan voorvaders en die res aan ander faktore toegeskryf. As jou lewe deur ‘n heks oorgeneem word, het jy geen toekoms meer nie en gaan jy sommer dood.

Die Toordokter is die goeie ou. Hy het towermagte wat mense gesond kan maak. Hy kan die heks ontbloot (uitbring). Hy word mondelings opgelei en kan ook die toekoms voorspel, en verhoudings tussen mense herstel. Die magte/kragte word oorgedra van die voorouer na ‘n erfgenaam in ‘n familie. Hy word ook opgelei om voorvadersgeeste op te roep.

Vir Afrikane is siekte en slegte dinge wat oor jou pad kom, meestal verbind met heksery. Mense is baie bang. Hulle huise moet beskerm word teen hekse, en dit is die toordokter se werk. Dit kos baie duur om ‘n toordokter te laat kom om jou huis te kom veilig maak teen ‘n heks en dit hou net vir ‘n jaar, dan moet hy weer kom. As jou huis nie beskerm is nie, is jy ‘n baie maklike teiken vir ‘n heks.

……………………………………………………………………………………………………………………….

En dis waar ons met begrip inkom. Ons moet vir hulle vertel dat as jy Jesus in jou hart inneem, Hy jou sal beskerm teen satan, hekse en bose magte. Dat jy nie nodig het om jaarliks ‘n toordokter te sien nie, maar deur geloof in Hom sal jy beskerm bly.  As ‘n kerk nie sensitief is vir hierdie dinge nie, loop die mense uit!  Kom ons gee vir hierdie mense Jesus Liefde. Hulle is orals hier rondom ons!!!

Groete

Toortoorts

4 thoughts on “oor voorvadergeeste

  1. Nou net ‘n storieboek klaargelees wat in Australië afspeel. Gaan oor die Aborigines en hulle geesteswêreld. Die boodskap baie dieselfde…. as Christene moet ons dit nie net veroordeel nie, maar die intensiteit daarvan verstaan, en in liefde vir hulle die pad na Jesus aanwys.

    Like

      1. Hot Rock Dreaming (A Johnny Ravine Mystery) by Martin Roth. “Hot Rock Dreaming was one of seven finalists – and the only novel – for the 2011 Australian Christian Book of the Year award.

        Like

Gesels saam, asseblief!