Laastes….. Eerstes

Soos wat die lewe aanstap, is daar mos gereeld goed wat jy die laaste keer doen. Soos jou  laaste skooldag; laaste dag op universiteit; as jy aftree,  😦  jou laaste werksdag… of jou laaste kind in die laerskool, die laaste keer wat jy koeldrank verkoop by ‘n kleuresportbyeenkoms, 🙂 die laaste keer wat jy skoolklere was… Sommige van hulle is lekker om agter die rug te kry, ander minder lekker. Soms doen jy die “laaste” met ‘n knop in die keel. ‘n Laaste kind in matriek is een van die minder lekker goed om aan te kou… Hierdie jaar is dit die laatste eistedfodds… na 12 jaar (en dan tel ek nie my eie nie!!)  😥  Maar die wonderlikste is dat daar ook altyd nuwe dinge is. Nuwe “eerstes”. Soos ‘n eerste kind wat gaan trou, ‘n eerste dag by ‘n nuwe werk, kleinkinders, die rustigheid van aftrede… Ek glo dat vir elke deur wat toegaan, ‘n ander een (of meer) sal oopgaan! Ons moet net uitkyk vir hulle!!  En die beste maak van ELKE laaste en ELKE eerste wat oor jou pad kom!!

Watter laastes is vir jou erg… watter is lekker laastes???

1 thoughts on “Laastes….. Eerstes

Gesels saam, asseblief!