Smouse…

Justine, Avroy Shlain, Amway, GNLD, AVON, Miglio, Honey, It’s a Pleasure, Pressless, Tupperware, Smile…. noem maar op…. alles maatskappye wat hulle verkope doen op ‘n informele manier, met direkte bemarking… of netwerkbemarking. Hulle verkoopspersone is beslis nie AGENTE nie, maar Skoonheidskonsultante, Independant Businessowners, ag, ek ken nou nie al die name nie. Maar die feit van die saak bly – hulle verteenwoordig die maatskappy en probeer alles in hulle vermoë om die produk verkoop te kry, waarop hulle dan kommissie verdien. Ekself was al by baie van hierdie maatskappye betrokke. Ek dink nog steeds nie ek is ‘n goeie verkoopspersoon nie, maar dit was nog altyd vir my ‘n manier om ‘n inkomste te verdien, en dit het my nog altyd gehelp om produkte van hoogstaande kwaliteit goedkoper in die hande te kry.

Wat by al die maatskappye dieselfde is, is dat jy ‘n kontrak met hulle teken… en dit staan gewoonlik in die kontrak dat die maatskappy die reg het om sy beleid te verander, ens. Maar jy as verkoopspersoon is onderhewig aan ‘n massiewe stel reëls wat JY moet nakom…

Wat jammer is, is dat mens soms so “gedruk” word, of deur jou “upline” gebreinspoel word, dat jy later aan niks anders kan dink as dat die persoon wat nou by jou is, IETS MOET KOOP NIE!! … Dit is hoekom ek later gestop het, want ek wil vriende hê, nie mense wat koes as hulle my sien aankom nie!! Ek het ‘n vriendin wat die GAWE het om te verkoop. Iemand is nie seker of sy hierdie armband of daardie een wil hê nie, sy kan net een bekostig…. en dan loop sy daar weg met albei die armbande en nog die bypassende oorbelle van altwee en sommer die halssnoer ook!….

Tog voel ek nog steeds dat dit ‘n ideale werk is vir iemand met klein kinders, wat voel sy wil graag by die huis bly solank hulle klein is. Met harde werk, kan jy uitstekend verdien, baie meer as wat jy dieselfde ure in ‘n kantoor gewerk het. Of vir iemand wat werkloos is, want die aanvangskoste is nooit hoog nie.

Wat verkoop jy alles? En wat is jou verkoopstaktiek?

14 thoughts on “Smouse…

  1. Ek is nogal ‘n redelik goeie verkoper – die plus kant is dat ek maklik vir die beste verkopers nee dankie kan sê.

    Terselfde tyd sal ek nie sommer die deur tot deur verkope doen nie. Ek was een keer vir twee weke ‘n suurstof terapeut, maar die strooi wat hulle vir mense as feite opgedis het, was te veel vir my gewete. Ek kon nie oop en bloot so vir mense lieg nie.

    Like

        1. Is dit hierdie Ozone – mens kry nou sulke “kapsules” waarin jy sit, en dan neem jou liggaam die ekstra suurstof op? My kankervriendin het so ‘n ding – sit elke dag daarin en glo dit doen wondere. Sy het tot ‘n masjientjie wat ozone in haar gesuiwerde water ook inpomp….

          Like

  2. Waaaaaahahahaha @ suurstof!! Og, julle is snaaks!!! 😆
    Ek kan niks verkoop nie. Ek sukkel verskriklik daarmee! Ek wens ek kon…. maar ja – ek kon nog nooit enigiemand daarvan oortuig dat hulle dit of dat nodig het of cute lyk of lekker sal ruik… 😦

    Like

    1. BB, ek kan die goed VERSKAF. Dit beteken, as iemand van die velsorgproduk benodig wat ek “verkoop”, sal ek dit vir haar kry. Maar ek kan ook nie iemand oortuig om goed by my te koop nie – die meeste van die kere voel ek nog sleg ook as iemand by my koop

      Like

  3. Ek het lank op London markte gewerk en alles wat ek kon verkoop. Maar ek het die beste gedoen as ek in die produk geglo het. As ek met gevoel agter die ding kan staan en praat gaan jy wragtig nie verby my stalletjie stap nie.

    Like

  4. Ja nee, Toortsie, ek verstaan hoe jy voel. Gogga, ek het dieselfde ervaring gehad: as ek geglo het aan die produk, kon ek die mense van my eie ervaring vertel het en dít het hulle dan oortuig om te koop! Kon nie iets aan ander “afsmeer” nie, en sien my steeds as iemand wat nie kan verkoop nie!

    Like

    1. Hi Lorraine, ek hou daarvan as die persoon eerder vir my sê wat hy nodig het, in plaas daarvan dat ek hom vertel wat hy als nodig het. Maar ek kan nie dink hoe kan iemand iets verkoop as hy nie daarin glo nie?

      Like

  5. Ek het gister ‘n charmer teegekom. As dit nie was dat ek al belê het in wat hy verkoop nie, het ek wragtig by hom gekoop. Ek is te lam van tong om ‘n goeie smous te wees.

    Like

  6. ek was 24 jaar `n rekenmeester en het vir die staat gewerk , buiten dit het ek myself maar altyd met hobby goete besig gehou , toe begin ek met my eie kaartjie reeks en room reeks,voetsoak , juwele maak en comfrey room wat ek uit die comfrey plant kook , om nou jou te antwoord oor hoe ek my goedjies nou verkoop dat ek huisvrou is , ek laat die produkte tot hulle self spreek en ag soms vra ek sommer vir vreemdes of ek my room op hulle hande kan probeer en gee my besigheidskaartjie met toetsbakkie saam, so kry ek my kliente , by somerset wes mall koop die dames by Donna clair , Elna , beanery , en sommige haarkappers van my room so ek voel nogal baie lekker daaroor . ek het vir Jane `n pakkie gestuur met van my produkte , wonder of sy al haar pakkie gaan haal het ?

    Like

Gesels saam, asseblief!