Moord is maklik

Iets wat nogals my aandag trek in die stories van die ou Israelitiese konings en ook die konings van Juda, is hoe maklik moord gepleeg is om die plek op die troon te bekom of te verseker.

Toe Joram koning van Juda word, het hy onmiddellik al sy broers en ook van die Israelitiese leiers laat vermoor.  Asof dit nie genoeg was nie, trou hy toe met Atalia, ‘n dogter van die Israelitiese koning Agab. Wat ‘n fout, want onder haar invloed het hy ‘n totaal verkeerde pad ingeslaan. Soveel so dat sy heengaan nie eers betreur was nie en hy nie in ‘n koninklike graf begrawe is nie.

Dis steeds nie die einde nie. Sy seun, Joram, wat hom opvolg, volg sowaar toe ook sy ma se slegte raad en tree totaal teen God se wil op.

Kyk, moeders kan goed wees vir hul kinders en die meeste van die tyd kan kinders regtig hul ma’s se raad volg, maar soms, net soms, kan daardie moederlike raad verdoemend wees. Soos dit in die geval van Joram was.

Maar hoor bietjie wat gebeur toe Atalia hoor dat Joram dood is. Sy laat vermoor onmiddellik al die moontlike troonopvolgers sodat sý die land kon regeer.  Genadiglik het Jehoseba vir Joas betyds weggesteek en só die familielyn van Dawid gered.

Atalia het omtrent 6 jaar regeer totdat Joas oorgeneem het. Atalia en haar volgelinge is toe doodgemaak.

Vroue! ‘n Mens kry goeies, en jy kry gevaarlikes.

Watter een is jy?

Mag ons nooit nodig hê om moord te moet pleeg om ons doel te bereik nie.

Toortsie

2 Kon 11

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Skryf jou stories!

Toortsie by Pinterest