Moord is maklik

Iets wat nogals my aandag trek in die stories van die ou Israelitiese konings en ook die konings van Juda, is hoe maklik moord gepleeg is om die plek op die troon te bekom of te verseker.

Toe Joram koning van Juda word, het hy onmiddellik al sy broers en ook van die Israelitiese leiers laat vermoor.  Asof dit nie genoeg was nie, trou hy toe met Atalia, ‘n dogter van die Israelitiese koning Agab. Wat ‘n fout, want onder haar invloed het hy ‘n totaal verkeerde pad ingeslaan. Soveel so dat sy heengaan nie eers betreur was nie en hy nie in ‘n koninklike graf begrawe is nie.

Dis steeds nie die einde nie. Sy seun, Joram, wat hom opvolg, volg sowaar toe ook sy ma se slegte raad en tree totaal teen God se wil op.

Kyk, moeders kan goed wees vir hul kinders en die meeste van die tyd kan kinders regtig hul ma’s se raad volg, maar soms, net soms, kan daardie moederlike raad verdoemend wees. Soos dit in die geval van Joram was.

Maar hoor bietjie wat gebeur toe Atalia hoor dat Joram dood is. Sy laat vermoor onmiddellik al die moontlike troonopvolgers sodat sý die land kon regeer.  Genadiglik het Jehoseba vir Joas betyds weggesteek en só die familielyn van Dawid gered.

Atalia het omtrent 6 jaar regeer totdat Joas oorgeneem het. Atalia en haar volgelinge is toe doodgemaak.

Vroue! ‘n Mens kry goeies, en jy kry gevaarlikes.

Watter een is jy?

Mag ons nooit nodig hê om moord te moet pleeg om ons doel te bereik nie.

Toortsie

2 Kon 11

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Finesse: Skryf jou stories!

Toortsie by Pinterest

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Vroue in die Bybel and tagged . Bookmark the permalink.

15 Responses to Moord is maklik

  1. Inhaligheid of jalosie is die mees gavaarlike gevoelens wat mense teenoor ander kan hê. Tog kry die goeie persone(met genade van bo!) die geleentheid om te oorleef soos in Joas se geval. Dis steeds baie sleg om moord te pleeg om bo te wil wees.

    Liked by 1 person

  2. the Author sê:

    Die Satan is ‘n bobaas verkoopsman… dit wat hy vir ons voorhou raak daardie snare wat ons graag wil hoor. Ons besluit om daarna te luister of nie. Ons kan niemaand anders verkwalik vir die keuses wat ons maak nie. Wanneer ons eendag voor God verskyn en die groot boek oopgemaak word sal die vinger op ons gerig wees. Die Duiwel sal ook sy loon kry.

    Liked by 1 person

  3. seegogga sê:

    Sommige lewe vandag nog so koelbloedig.

    Like

  4. Kameel sê:

    Hoeveel keer pleeg ons nie moord in ons gedagtes nie? By God is dit nie net die daad wat tel nie maar ook die gedagtes wat ons koester. Daarom is dit so noodsaaklik om ons gedagtes gevange te neem en dit aan Jesus gehoorsaam te maak. (Take every thought captive to bring it in obedience to Jesus Christ.)

    Like

  5. dromer777 sê:

    Onstellend maar waar

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s