Toortsie se voelgoedstorie nr 26

Soos verskyn het op Finnesse se blog jare gelede:

Mammatyd

Renske Deyzel het ‘n rukkie terug so ‘n fantastiese en belangrike bloginskrywing gemaak oor om aandag te gee aan jou kinders terwyl hulle speel. Sy noem dat kinders soveel keer sommer net oogkontak soek, net die versekering dat jy bewus is van hulle, hulle geniet, dit wat hulle doen, goedkeur. http://www.voelgoed.co.za/blog/die-onaanvaarbare-monster-wat-insluip-ons-gesinne

Dit het my laat terugdink aan die tyd toe my kinders klein was. Ons kon nie speelskoolfooie, sowel as goeie, opvoedkundige speelgoed bekostig nie. My keuse was toe om die speelskool te los, die geld te gebruik en wanneer ek dit kon bekostig, goeie opvoedkundige speelgoed te koop. Die belangrikste, egter, was om nie die speelgoed in hulle hande te stop en hulle daarmee te los nie.

Elke middag om 5 nm was dit mammatyd. Dan het ons gespéél. Soms het ons sommer net buite gaan stap, soms op die gras gerol, maar die meeste van die tyd het ons met die speelgoed gespeel. Die minimum tyd was ‘n halfuur, maar die meeste van die tyd het ons ‘n uur tot twee uur gespeel. 

In daardie tyd het ek nie die telefoon beantwoord of enige van my eie dinge gedoen nie, hulle het my volle aandag gehad. In ruil daarvoor mag ook húlle nie dan besig wees met iets anders nie. Ook húlle moes dan aan mamma aandag gee. 

Ek was bevoorreg om ‘n tuisblyma te wees, en deur die dag het hulle maar rondom my naaldwerktafel met hulle fietsies gery, of my dogter het in die spasie onder my lessenaar by my voete met haar poppe gespeel. Hulle het help brei met die breimasjien. Sonder dat ons besef het, het ons interaksie gehad.

Vandag kyk ek nie een oomblik terug nie. Soms wens ek ek het selfs méér gedoen. Hulle word so vinnig groot, voor jy jou oë uitvee is hulle uit die huis uit en verlang jy na meer tye saam met jou kinders.

Geniet jou kinders!

Toortsie

8 thoughts on “Toortsie se voelgoedstorie nr 26

  1. Ag wow!! Hoe AMAZING is dit nie om op hierdie stukkie van n goud can ‘n bederfie af te kom nie. Die artikel wat ek ‘n hele klompie jare gelede vir finesse geskryf het en jy toe weer gedeel het laasjaar 🙂 so lekker om dit sommer weer self te lees! Xx Renske Deyzel

    Like

Gesels saam, asseblief!