Wat is 25 gram koolhidrate?

In my vorige bloginskrywing oor diabetes het ek genoem dat as jy 100 gram suiker per dag inneem, jy binne 20 jaar diabetes kan ontwikkel. Maar jy gebruik nie soveel suiker nie, so wat is die probleem? Wel, dit is nie net suiker nie … dis eintlik koolhidrate. Want koolhidrate sit maklik om in glukose. Wat suiker is. 

So, hoe maklik is dit om jou 100 gram koolhidrate vir die dag vol te maak? Kyk ‘n bietjie na die volgende items, elkeen van hulle is slegs 25 gram. (Volgens The Real Meal Revolution – Tim Noakes)

25 aarbeie maak 25 gram vol. Of een en ‘n halwe appel. 

Of, as jy drie kiwivruge geëet het, was dit 25 gram koolhidrate wat jy ingeneem het. Of 18 lietjies. Of 2 lemoene. 

Slegs 1 peer is alreeds ‘n volle 25 gram, so as jy aandring op 3 porsies vrugte per dag en jy het drie pere geëet, staan jou koolhidraatinname reeds op 75 gram. Dan het jy nog nie jou bakkie pap met joghurt en suiker oor ingetel nie, of jou hoeveel koppies koffie, elk met twee lepels suiker nie. Ook nie jou sny brood nie of die bord pasta nie. 

Net ‘n kleine piesang is reeds 25 gram, of drie klein vye …

Daardie gesonde heuning wat jy in jou tee gooi … een teelepelvol = 25 gram. En een en ‘n halwe koppie botterskorsie. Of 5 wortels. 

Sien, dis maklik om, sonder dat jy eers daaraan dink, jou suikerinname vir die dag hoog maak en dit terwyl jy dalk onder die indruk is dat jy nie eintlik suiker inneem nie. 

Dan praat ek nie eers van brood, meel, rogmeel, garsmeel, ertjiemeel quinoa, tef, droë boontjies nie. Of daardie twee stukkies beskuit wat jy nog vóór ontbyt in jou koffie druk nie. 

En wees versigtig vir vrugtesap. En aanmaakkoeldrank. En gedroogde vrugte en dadels wat tog so graag in energiestafies gesit word en so verskriklik lekker is! Oe, en daardie aartappels wat so lekker gebraai is en beet en ertjies, eintlik álle peulgewasse …

En natuurlik suiker. 

Kyk gerus HIER indien u meer van my skrywes oor die keto-leefstyl wil lees. 

Groete

Toortsie

Hierdie bloginskrywing het oorspronklik verskyn in Toortsie se Ketoblog, ‘n blog waar daar net oor Banting, of Keto, of LCHF, en diabetes geskryf word.

One thought on “Wat is 25 gram koolhidrate?

  1. Ai … ek kan nog sonder die vrugtesap en daardie (kunsmatige) aanmaak koeldrank klaarkom … maar my hart sak sommer in my skoene toe ek lees van die 3 klein vye 😞. Gelukkig sien ek dit min hier in ons winkel anders het ek groot probleme gehad!

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s