Wil of moet?

Die nuwe jaar is hier en moet begin, maar ek wil nog nie. Ek wil nog langer by die see bly.

En dis wanneer ek sulke wille in my hart het wat my kop begin draaie loop … na aftrede … ai, dit sal darem lekker wees om langer by die see te bly hierdie tyd van die jaar en dan wanneer ons wil, weer dorp toe te skuif … en dit sal darem lekker wees om nie elke week te moet oppak plaas toe nie … en na die kinders toe te kan gaan wanneer ons wil … en nie gedruk wees deur ‘n almanak om die lone gedoen te kry op die regte tyd en die beeste te registreer nie … nie dat dit meer soveel tyd van my vat soos in die verlede toe ek voltyds administratiewe werk vir die boerdery gedoen het nie …

Maar sal dit? Sal dit nog net soveel bekoring inhou as ek by die see kan bly so lank as wat ek wil totdat ek later uit frustrasie wil uitroep? Uit verveling wil skree?

Sal die borduurwerk wat moet klaarkom voor ‘n sekere afsnydatum steeds so lekker wees as ek al die tyd in die wêreld het om dit te doen?

As ek die tyd het om alles wat ek so graag wil doen te doen omdat daar niks meer is wat ek moet doen nie, as dit wat ek so graag wil doen ‘n moet word omdat die verpligtinge wat my op koers gehou het nie meer daar is nie … wat dan?

Huh?

Ja, wat dan?

Sal dit regtig so lekker wees?

Toortsie

38 thoughts on “Wil of moet?

  1. ek is iemand wat ( ongelukkig?) sperdatums nodig het. Dit spoor my aan en inspireer my. Maar om nie so te jaag nie, om tyd te he om niks te doen nie, klink al lekkerder. maar is fit? noyduedag by due see het ek niks gehad om te di3n nie Dit het my kriewelrig gemaak laat skuldig voel ens

    Liked by 2 people

  2. Al geniet ek my werk, voel ek so oor die moontlikheid van aftree. Die salaris is handig, maar as rk nie meer n boek hoef te merk nie, dae lank om te sit met skoolwerk nie, ……… klink heerlik. Ek dink nie ons persoonlikhede gaan toelaat dat ons niksdoen nie.

    Liked by 2 people

  3. Ek het sewe jaar gelede afgetree en is so besig dat daar nie altyd tyd is vir die lees, skryf, tuinwerk and vakansies waarvan ek gedroom het nie. Dit is darem lekker om te kies wat om te doen.

    Liked by 1 person

  4. Nee….ek weet mens smag na jou “eie” tyd en wil nie meer met skedules en werskweke te doen hê nie, MAAR…..dis die beste ding om besig te bly met wat jy kan vir so lank jy kan. Veral besige bye. So hou aan. Maar dalk op ‘n stadiger pas. Maar moenie ophou

    Liked by 1 person

  5. ek dink tog ek kan al jare lank “doen wat ek wil wanneer dit my pas”, maar dan gaan my huwelik en my geldsak, baie skade kry. Tog, as ek wil Paarl toe,of waarheen ookal, hoef ek niemand te vra nie. ek gaan! En dis n heerlike vryheid.

    Like

    1. Seegogga, as ek baie eerlik wil wees, kan ek dit eintlik redelik my hele lewe lank nog doen. Ook dit wat ek ‘moet’ doen. Ek het die wonderlike vryheid om te kan kies wanneer ek wat wil doen en kon ek gelukkig my hele lewe lank my kinders eisteddfod toe neem as ek wou. Dit wou dan net beteken het dat ek ‘n nag deur moes admin doen. So ja, ek het beslis vryheid. Ek dink ek het sommer gedink, as die gependel nie meer gebeur nie, en ons regtig ‘afgetree’ is, sal ek regtig dit kan uithou? Maar ek dink dat ek sal kan.

      Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!