Toe ek vanoggend tydens my stiltetyd die jaar oordink en vir God dankie sê vir Sy seën, is die refrein wat ek oor en oor hoor, ‘die Here is vir my goed’.
Ja, die Here was ook in hierdie jaar vir my en my gesin goed. Waar 2020 op ‘n algehele laagtepunt vir my begin het, maar baie verbeter het gedurende die jaar, was 2021 net nog ‘n ongelooflike opbou op die vorige jaar. Deure wat vir lank toe was het vir my oopgegaan. Ek het gegroei as mens.
In hierdie afgelope jaar was ons bevoorreg om as volledige gesin saam na die Wildtuin te kon gaan – wat ‘n ongelooflike belewenis was dit nie! Ons kleinkinders het met elke skoolvakansie by ons kom kuier en ons het die heerlikste dinge saam gedoen.
In hierdie jaar kon ek my kreatiwiteit vrye teuels gee en het daar ook ‘n derde resepteboek in die Toortsie-reeks verskyn, wat ook baie goed verkoop. Ja, die Here is vir my goed. Ek is ook die wonderlike geleentheid gegun om vir ander mense te help om hulle boeke as e-boeke te publiseer – wat ‘n voorreg en eer! En daar is soewaar ‘n kortverhaal en twee van my gedige in Ink se bundels opgeneem!
Die jaar het begin met ‘n ernstige aanval van Covid af, maar ook daar was die Here vir my goed en het ek en my man beide volkome herstel. Wat ‘n genade!
En om die jaar af te sluit het ons ‘n paar dae gelede ‘n kleinseun ryker geword. Die Here is voorwaar baie, baie goed.
Danksy ‘n vriendin se inisiatief het ek selfs weer begin om klassieke musiek op my klavier te maak. Verder is ons kerk se musiekgroep ook weer baie aktief en kon ek daarin deel.
En die Here het water gestuur in die Klein Karoo waar ons al vir 5 jaar nie kon boer nie.
Mag jy ook, wanneer jy oor jou 2021 dink, die Here se Goeie Hand daarin sien. Mag 2022 vir jou goed wees.
Toortsie
Jy is voorwaar geseënd…mag 2022 nog meer vreugde bring!!
LikeLiked by 2 people
Dankie WoorNoot. Mag jy ook God se seënende hand voel.
LikeLiked by 1 person
Ek is bly die Here kyk so mooi na Sy kinders … Hy was nie net goed vir jou nie, maar ook vir ons. Kyk net hoeveel het jy vermag hierdie jaar (deur Sy genade) – en ek glo ‘n nuwe lewe is die absolute bewys van Sy liefde … baie geluk met julle nuwe kleinseun … mag hy grootword met die prentjie van sy vrolike ouma op ‘n driewiel wat God se liefde uitbasuin.
Op 2022 … ‘n jaar wat ons aan sy hare gaan gryp en skud tot hy lekker(der) word!
LikeLiked by 2 people
Ja Hy was ook goed vir julle en ek is sooo bly. Ons gaan 2022 gryp, hoor!
LikeLiked by 2 people
Die Here se genade is onbeskryflik groot! ‘n Wonderlike 2022 vir jou en jou familie!✨✨
LikeLiked by 1 person
Dankie Aletta. Vir jou ook
LikeLike
😊
LikeLike