Ek kry die indruk dat idioom besig is om uit te sterf. Dat mense nie meer regtig in idioom praat nie en dit ook nie verstaan as jy dit gebruik nie. Tog gebruik ek wel nog redelik idioom wanneer ek praat, maar glad nie meer so baie as voorheen nie. En ai toggie, het ek al groot in die moeilikheid gekom as ander my idioomtaal letterlik vertaal, dalk uit asprisheid, of dalk omdat hulle nie hulle taal ken nie. Een keer was ek behoorlik in die spervuur toe ek gesê het, ‘elke diertjie het sy plesiertjie’. Dit het gegaan oor motorfietsryers en ek vermoed dat die ander persoon reeds voor die tyd al hipersensitief was, waarmee ek eintlik regtig niks te doen gehad het nie. Toe ontspoor hy behoorlik omdat ek kwansuis gesê het dat motorfietsryers diere is. Nou ja, so iemand kan jy nie leer nie! Dit help ook nie om met so iemand te redeneer nie. Jy mors letterlik net jou asem.
‘Hande in die hare’ was ‘n idioom wat my ma baie gebruik het. As sy nie geweet het wat om te doen nie en raad benodig het, sou sy graag hierdie idioom gebruik.
My hare, woeste krulhare kleintyd wat darem oor jare tog ‘n bietjie kalmeer het danksy swangerskappe, was vir my vir baie lank ‘n bron van hartseer, frustrasie en ontsteltenis. Onthou julle in ons kinderjare hoe mense met krulhare gelyk het? Persoonlik dink ek dat haarkapsters nie geweet het hoe om dit behoorlik te knip nie. Of dalk het ek nie geweet hoe om dit te hanteer nie. Om die waarheid te sê, ek weet steeds nie. My pa het altyd gesê, “Madelé gaan kam jou hare”, en as ek dan die haarborsel in my hare gedruk het, dink ek, het dit nie regtig gehelp nie. Om die waarheid te sê, ek dink dit het vererger. Almal het ook iets te sê gehad oor my hare. Jy moet dit eerder só dra. Dra ek dit langer, piep dié wat hou daarvan dat ek dit kort dra. Dra ek dit kort, piep ‘n ander span. Dit gebeur vandag nog, net baie minder. Ek moet regtig sê dat kort hare die heel maklikste is. Ek bedoel, soos in kort, kort, kort. Dit lyk my ek was met my hande in my hare oor my hare!
Op die oomblik dra ek my hare langer. Dikker. Bosseriger. Ek het gevoel om die baie energie, staan, effense krul, maak wat hulle wil, te omhels. Ewe skielik doen ek wat my dogter nog haar hele lewe lank gedoen het: Daar kom nie ‘n kam of ‘n borsel naby my hare nie. Regtig nie. Eintlik kom daar niks naby my hare nie, behalwe natuurlik die normale shampoo en sulke goedjies. En my hande. Ja, my hande! Dit is AL wat naby my hare kom. En dit werk!
So, ek is met my hande in my hare. Letterlik.
Toortsie
Oulik! Ek vind ook dat kamme en borsels elektrisiteit insit
LikeLiked by 1 person
My skoonsus het lang harde krulhare. Dit word gewas en dadelik in n bolla gedraai. Sy besit nie n kam nie
LikeLiked by 1 person
My dogter doen ook oulike goed. Sy gebruik nie ‘n handdoek nie, maar ‘n t-hemplap om hare droog te maak en slaap op satunkussingsloop. Sedertdien krul haar hare so mooi.
LikeLike
Kostelik, presies soos mense reageer en in die tussentyd sit jy met jou hande in die hare omdat hul nie gehanteer wil word nie. Die langer hare pas by jou temperament.
LikeLiked by 1 person
Dis nou interessant. Langer hare pas by my temperament? Jy sal moet verduidelik?
LikeLike
Man jy vat raak as dit moet en dan kan jy nie nog eers hare regruk nie. Die kort hare is vir my gesofistikeerd en gladnie hoe ek jou sal beleef nie sê iemand wat jou nog nie regtig ontmoet het nie.
LikeLiked by 1 person
Die kort hare het juis gemaak net wat hulle wil. 🙃
LikeLike
I see! maar as jy dit was en net droog laat word het dit nie gehelp nie? Myne is so reguit soos kan kom. As dit so kort is en ek maak dit droog staan my hare pennetjie regop.
LikeLiked by 1 person
Het dit altyd so gedoen. Tog borsel ook gebruik. 😁
LikeLiked by 1 person
Dink ook nie die mense het vroeër jare geweet wat om met krulhare te doen nie. My dogter se kinder en jongmeisiefotos lyk beroerd… nou dat sy ook net haar hande gebruik lyk sy baie beter.
LikeLiked by 1 person
Sien jy nou! My dogter het my al sommer kleintyd gesê dat ‘n borsel nie werk nie en ek het gehoorsaam geluister.
LikeLiked by 1 person
Nogal ń grap met kleindogters, moes ñ borsel vir hulle aanskaf aangesien ouma nie ń borsel of kam besit nie. Ek is ook, letterlik, hande in die hare. Dit werk soos ń droom.
LikeLiked by 1 person
So spyt ek het dit nou eers geleer doen.
LikeLike
Die dag toe ek vrede maak met my liewe Jesus perm, was die beste dag. Tesame her haardroeërs, borsels en kamme verdwyn.
LikeLiked by 1 person
Jajaa 😁👏🏻👏🏻
LikeLiked by 1 person
Dis bevrydend om vrede te maak met jou krulhare, maar nouja – die rus is elders 😉
LikeLiked by 1 person
😁 lankal vrede gemaak. Nou net geleer dat geen kam of borsel daarby moet kom nie.
LikeLiked by 1 person
Ek weet presies waarvan jy praat! Hande is die beste manier om hierdie krulhare van my te beheer! Ek sukkel nou nog om ‘n haarkapper te vind wat my boskasie kan beheer! 😀
LikeLiked by 1 person
Hoop jy vind haar gou. 😁
LikeLike
Ek hoop ook so!
LikeLike