‘n oudag van pret

Oom Madelé en die Chick uit die sixties.

Hierdie foto verskyn vandag op my facebook. Agt jaar gelede was daar ‘n partytjie waar ons moes aantrek volgens die eerste letter van jou naam. Ek was ‘n man. Grooot pret.

Tog dink ek baie keer aan hierdie spesifieke dag, ek het al in my skrywes na hierdie dag verwys.

Terwyl dit só groot pret was, kon ek nie my oë oophou nie. Ek was moeg, moeg, moeg. Al vir ‘n lang tyd was ek so moeg. Ek kon nie my voete optel nie, my kop regop hou nie.

Kyk ‘n bietjie mooi hoe bleek was ek. Op ‘n stadium is ek daar weg, net sodat ek kon gaan rus.

Sedert ek Bant, het ek nog nie weer so gevoel nie: Altyd moeg, altyd honger.

Die ding is, ons voer onsself met gemors, ons haal die voedingswaarde uit die kos wat ons eet en verwag ons liggame moet altyd net positief reageer.

Ongelukkig bluf ons net onsself, ons liggame is nie dom nie!

Deesdae is my grootste uitdaging om voedingswaarde te verhoog. Dit werk vir my.

Groetnis

Toortsie

10 thoughts on “‘n oudag van pret

    1. So deur die dag het hy ‘n bietjie gesmeer. 😁 Op universiteit het ek ook een keer ‘n pak klere aangehad terwyl my kamermaat mooi en fyntjies aangetrek was. Ons was ‘n ‘paartjie’. Party mense het gedink dis regtig my broer. 😂

      Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s