Die stryd teen plastiek

Noudat ons so bewus gemaak word van al die plastiek wat ons gebruik, raak dit net erger en erger.

Die eerste stap wat ek geneem het, is lap-en papiersakke wat ek met my saamneem winkel toe. Sou ek my sakke by die huis vergeet, koop ek maar nog ‘n papier-of lapsak. Ek het nog ‘n paar opgevoude plastieksakke uit die vroeë tyd in my handsak vir noodgevalle.

Op Facebook het iemand een keer gaassakkies geadverteer om jou groente in te verpak.

Ek het by Crazy Store vir my gaassakkies gekoop, van dié wat jy gebruik vir jou fyner goedjies in die wasmasjien.

So, as daar enigsins losmaatgroente te koop is, pak ek hulle in my gaassakkies. Té mooi.

Dit werk heel goed, maar die ou zippies is maar net ‘n geleentheid.

Ongelukkig, as jy na die res van die goed in my trollie kyk, lyk dit soos ‘n verlore stryd. Alles is in plastiek verpak, of polistereenbakkies én plastiek, of plastiek binne in ‘n boks binne ‘n plastiekomhulsel.

Wel, al kan ek net 4 groentesakkies per week spaar en 5 plastieksakke, is dit minder as ‘n druppel in die emmer, maar dis my skamele poging en net dalkies inspireer ek een ander persoon om ook 5 plastieksakkies per week te spaar …

‘n Mens moet maar wakker wees, want die werkers in die winkel is só gekondisioneer om ‘n sak te gryp. Nou die dag sê ek, nie sakkies nie, asb. Sy gryp ‘n broodsakkie en vra, not even this one?, en ek sê, juis nie daardie een nie.

Die pad is styl en swaar, en ek moet self nog baie leer. Enige iets wat julle doen om die plastiekoorlog te wen, sal welkome raad wees.

Toortsie

18 thoughts on “Die stryd teen plastiek

  1. Daai polistereenbakkies stoot my bloeddruk op. Daar is baie plekkies hier naby ons wat heerlike tuisgekookte maaltye verkoop. Ek maak graag gebruik daarvan op my “lui” dae. My raad: vat ‘n lekker groot glasskottel saam en laat al die porsies in een bak skep. Jy word net een of twee maal snaaks aangekyk en dan raak die mense gewoond daaraan.

    Liked by 1 person

    1. Vir wat dit werd is, vra die pakkers en die kassier altyd vir my hoekom ek die sakkies gebruik, en dan sê ek dat ek probeer om minder plastiek te gebruik, en wys dan na al die ander goed en sê, ‘ai, maar ek gebruik steeds so baie plastiek.’ Ek weet hulle het geen beheer oor die plastiekverbruik nie en sal beslis nie die boodskap oordra nie, maar dalk besluit selfs húlle om te probeer om minder plastiek te gebruik. Die ding is, plastiek is die goedkoopste van al die tipes sakkies.

      Liked by 1 person

    1. Ek weet nie of dit ‘n verlore stryd is wat ek voer nie, en het nog so ver om te gaan. Ek sal nou wer probeer dink wat die volgende ding is wat ek kan implementeer in my eie huis. Ek doen nog nie die herwinningsding nie. Ek is gewoonlik nie Donderdae hier as die herwinningslorrie verbykom nie, en dit voel tans vir my net te veel administrasie. Daar is dalk ander maniere van doen wat makliker is.

      Liked by 1 person

      1. Eintlik behoort munisipaliteite ‘n herwinningsstrategie te implimenteer.In Swakopmund het elke huishouding twee trollies…’n swarte vir huishoudelike afval en ‘n helder oranje een vir alles wat herwinbaar is. Twee afsonderlike vragmotors kom op dieselfde dag om alles te laai. Dus is daar geen ekstra moeite of dae aan verbonde nie.

        Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s