Kwartet

Kwartet – ‘n Groep van 4 mense wat saam iets doen, soos musiek maak. (Daily prompt)

Dis min wat ek in ‘n kwartet is. Eerder ‘n duet, soos ek en my meisiekind wat saam mors op die klavier en dis ‘n geraas en ons lag en raas saam.

Of ek en my man wat saam ‘n sonsondergangdrankie drink in die berg. Soms is ons seun by, dan is ons ‘n trio.

Toe ek sien dat Kwartet die woord is, dink ek dadelik aan ‘n sterk groepie wat eens op ‘n tyd bestaan het, maar dit was ‘n kwintet. Dit was ek, saam met twee van my kinders en hulle geliefdes. Ons was ‘n sterk span wat heerlike goed saam gedoen het. Hierdie groepie se struktuur het effens verander.

Ons was ook ‘n heerlike kwintet wat saam wit kersfees gehou het! Ek, my manlief en 3 van ons kinders. ❤

Ahaaa, ek hét wel ‘n kwartet waarvan ek kan vertel:

Ons klompie het die mooie windmeule saam geniet.

Duet, trio, kwartet, kwintet …, wat maak dit saak? Geniet dit net saam met hulle wat by jou is.

Groetnis

Toortsie

Toortsie by Finesse: Op die spore van die meesters met Uber

Toortsie se Facebook Page

Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page

Toortsie’s English Blog Posts

Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal

Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif

27 thoughts on “Kwartet

Lewer kommentaar op rondomtaliedraai Kanselleer antwoord