Lê jou eier: Wat is jou superpower 2

Meer ernstig hierdie keer, anders as die ander lawwe poging. Hierdie was wat my eerste gedagte was, maar ek het gedink dit is dalk te ernstig. En nou weet ek nie of die woorde weer sal kom wat ek in my kop gehad het nie!

My krag lê daarin dat ek op my voete kan dink. Dat ek in ‘n krisissituasie uitkoms sal soek. Oplossings sal soek. Om probleemoplossend te dink. Dit bring mee dat ek, soos in die ander bloginskrywing genoem, impulsief of spontaan sal optree, instorm waar engele nie eers sal dink om op hulle tone te loop nie, maar dis juis daar waar my krag lê!

As voorbeeld: Toe ek die aand besef dat die bladuitleg nie regtig gaan werk nie, het die lawwe stem in my kop gevra: Nou wat is fout met jou? Hoekom kan jy dit nie doen nie? Daardie nag het ek omtrent die hele boek self uitgelê op Publisher, terwyl ek nie geweet het hoe dit werk nie. Ja, dit was nie so professioneel soos enige ervare grafiese ontwerper dit sou kon doen nie, maar met ‘n bietjie hulp en afronding van vriende wat weet, sou dit reg gewees het en sou die boek klaar kon kom. Maar moenie bekommerd wees nie! Dit ís weer in die hande van ‘n professionele persoon!

Nog ‘n voorbeeld: Jare gelede is ek oornag aangestel as nuwe bestuurder van ons vervoerbesigheid. Die kalf was in die put! Ek moes optree!

En dít is my groot sterkte, dat daar op my nommer gedruk kan word in die krisis, want sien, ek doen eers en dink later, en dan is die krisis al hopelik opgelos.

Ek dink dit het sy oorsprong daarin dat ek die jongste in ons gesin was, dat ek geweet het dat ek maar kan dinge probeer, daar is ‘n vangnet in my pa en my broers. Ek onthou dat my pa jare gelede vir my gesê het toe ek iets wou probeer: ‘My kind, hoe sal jy weet of dit werk as jy nie probeer het nie?’

Ek het steeds die vangnet. My Here. Waar ek nie meer weet nie, trek Hy my deur. Hy is my krag. Hy is immers die een wat vir my my persoonlikheid gegee het, maar ook hierdie krag om op my voete te kan dink. Ja, soms werk hierdie krag ook teen my, maar die meeste van die tyd werk dit vir my, ek moet dit net toelaat!

So, wat is jou superkrag? Wat laat jou wiel draai? Hester het gevra.

Groetnis

Toortsie

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22). 

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Finesse: Die kleinkinders

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

21 thoughts on “Lê jou eier: Wat is jou superpower 2

  1. So ek was nie verkeerd toe ek vir scrapy gesê het sou ek saam met jou op ‘n eiland uitspoel, ek en jy met rooi lippe vir mekaar gaan sit en glimlag nie…. dis nou as jy jou lipstick met my sal deel. Ek was verkeerd in die sit en glimlag… ek gaan sit en jy gaan met jou superpowers ‘n flot aanmekaar probeer slaan. Jy het leiereienskappe Toorts en dit is goed!!!

    Like

Gesels saam, asseblief!