Toortsie is ‘n tiener

Ek het nou tot die besef gekom: Toortsie het haar kinderskoene ontgroei en is nou ‘n tiener! Oelalaaa! Dis vir jou ‘n ding! Mensig, dat dít nou moes gebeur!

Ek kan nog glad nie voorspel hoe die Toortsie haar tienerjare gaan hanteer nie. Gaan sy ‘n giggelgatjie wees, of gaan sy heeldag dikmond loop? Nóg vis, nóg vlees! Hoeveel gyte sal sy hê? Wat gaan sy ons alles laat beleef? Hoe gaan ons dit hanteer? Sal ons met haar kan huishou hier in blogland?

Wat dink julle? Waarvoor moet ons ons reghou? Hierdie tienerskap is natuurlik nou alles net mooi hierdie tweede BOEK se skuld! Genade! Berge val op ons!

Vandag het sy en die Seegogga haar oorgang na tienerskap gevier … en dit was maar net die begin! Be warned!

Ahaaa! 🙂

Die Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Finesse: Die kleinkinders

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Lawwighede; Tong-innie-kies. Bookmark the permalink.

11 Responses to Toortsie is ‘n tiener

  1. travel460 sê:

    Kyk net hoe oulik lyk julle!!!

    Liked by 1 person

  2. Kameel sê:

    Asseblief tog nie ‘n tiener nie!!!! Genoeg dat mans deur midlife gaan en soos tieners optree. Vertrou dit was net ‘n dag se uithaak!!!!!!!!

    Liked by 1 person

  3. Soms dink ek ons moer meer kere ons jeug weer oproep en vier.
    Wees asb eerder ń giggelkous as ń dikbek, dis net te moeilik hanteerbaar.
    Geluk met jou tiener fase en voirspoed.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s