Met lekkerkry klaarkry

Vir jare al gebruik ek Dropbox om my inligting veilig te stoor in die wolke. Dit werk wonderlik. Moet ek en jy soms op dieselfde lêer werk, deel ons dit in Dropbox. Daar is dan wel ‘n truuk aan: Ons mag nie gelyktydig daarop werk nie. Óf die een, of die ander werk, anders kom daar konflik tussen die rekenaars en konflikterende lêers word geskep. Ingewikkeld. Kophou. E-pos of bel en sê dat ek nou gaan werk, jy moet hier af bly.

 

Toe leer iemand my van Google Drive en Google Docs en Google Sheets. As ons daarop werk, kan ons selfs gelyktydig daarop werk! Dít het natuurlik sy eie voor- en nadele, veral as jy met syfers werk! 😱 Tans verkies ek nog Excell en Word, maar vir die deel en die saamwerk en konflik, gebruik ons al hoe meer Drive.

 

So is Hier’s die Toortsie weer! oorgesit na Google Docs. Ek kan skryf en Liela kan solank blaaie uitlê en prentjies ontwerp en DM kan redigeer! Happy family!

 

Sondagaand handig ek toe my werk in, ek is klaar geskryf, dis reg en netjies, DM sal net ‘n aand nodig hê om deur te lees. Tjoeftjaf. Of so het ek gedink.

 

My foon begin piep. Daar is foute! Ag nee! Ek dog ek is klaar! Ek blaai deur my resepteboeke om Afrikaanse terme te vind en skep sommer nuwes.

 

Toe ek uiteindelik by die kommentare kom wat sy lewer, kom ek agter, dis meer ‘n geselsery as foute! En ons ‘chat’ tog te lekker sommer daar op die nuwe boek terwyl ons die foutjies regstel! Oor die internet. Sommer so gesamentlik op dieselfde lêer.

 

Dis nou boekery met lekkerkry klaarkry!

😁

 

Ek hou julle op hoogte! Vir die vreemdeling in Jerusalem, hier kom ‘n nuwe Bantingresepteboek!

 

Volgens Google beteken ‘ooze’ to progress slowly. The work on Hier’s die Toortsie weer is oozing!

 

 

Toortsie

English Blog Posts

Toortsie se Bantingboerekosboek Facebook page

Toortsie se  Facebook page

Finesse Blogger of the week

Toortsie by Finesse: Elke vasgeleentheid is uniek

Toortsie by Pinterest

Plaasakkomodasie by Riversdal, Wes-Kaap

9 thoughts on “Met lekkerkry klaarkry

  1. Enigiets wat lyk, ruik of proe na Microsoft Office is ver verby vervaldatum – oorsee gebruik die meeste mense die Google Apps of andersins die GRATIS LibreOffice. Ons in Suid-Afrika is vreeslik “brand loyal” en daarom klou ons vas aan peperduur produkte wat gedurig so verander dat jy dit van vooraf moet leer doen.

    Alreeds boelie Microsoft mense om net sy nuutste Windows te gebruik, selfs Windows 10 se dood is aangekondig. Dis een van die dae net 10S wat ondersteun gaan word.

    Ek is al jare lank ‘n baie tevrede gebruiker van die GRATIS Linux Mint Cinnamon bedryfstelsel wat kom met al die sagteware wat jy ooit gaan benodig. Vir email gebruik ek Thunderbird met Google Apps add-ins wat dit selfs beter as Outlook laat werk.

    Ek het al baie geskryf hieroor.

    On 23 Aug 2017 05:11, “Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog” wrote:

    > Toortsie posted: “Vir jare al gebruik ek Dropbox om my inligting veilig te > stoor in die wolke. Dit werk wonderlik. Moet ek en jy soms op dieselfde > lêer werk, deel ons dit in Dropbox. Daar is dan wel ‘n truuk aan: Ons mag > nie gelyktydig daarop werk nie. Óf die een, of die a” >

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!