As jou wekker deurmekaar is

Die meeste van die tyd sukkel ek nie met ‘n slapery nie, ek slaap as die lig afgesit word en staan moeilik op in die oggend, maar verder gaan dit eintlik goed. Geen gemiddagslapery in die week nie, ek weet dis iets wat heeltemal uitsterf noudat almal buitenshuis werk, hoe sal dit werk as almal by hul kantore skielik tussen een en twee dut? Dit sal ‘n behoorlike snorkery op kantoor afgee. In elk geval lyk dit vir my of die etensuur, wat eintlik bedoel is vir ‘n rustige middagete, gebruik word om gou ‘n paar noodsaaklikhede vir jouself af te handel. So, geen geslapery nie.

Maar naweke is dit ‘n ander storie. Saterdag is MY dag en ek kry vinnig lang naels as daar met my Saterdae gepeuter word. Op ‘n Saterdag wil ek lê tot die perde horings kry, ‘n paar huisdingetjies doen as ek lus het, ‘n paar bloginskrywings doen en die middag omlê. Sondagmiddae slaap ek die slaap van die dooies.

En dís waar die probleem gewoonlik begin, want dan kom Sondagaand. Ja, Sondagaand. En hy gooi my hele klok deurmekaar.

Om verskeie redes was ek Dinsdag ‘n nul op ‘n kontrak. Soos in regtig ‘n nul, wat my hele roetine deurmekaar kom gooi het. En dan raak dit mos nou hierdie tyd van die jaar wat alles holderstebolder gaan. Gatoorkop. Als moet klaar kom.

Dis troue en krismis en admin en en en ek raak so geïrriteerd as almal so besig is en dit so uit die mode is om nie besig te wees nie en after all doen ons dit aan onsself! Ons skryf mos ons eie dagboeke!

So vannag raak ek toe rondom middernag aan die blogs lees. Ek wou eintlik net gou loer wat Seegogga oor die tale geskryf het. Hoor hier, sy gooi daai rooi taal, hoor! In die proses ontdek ou agteros iets: As ek in die leser lees, is daar onderaan verwante bloginskrywings. Nog nooit voorheen opgemerk nie. Mensig, daar ontdek ek ‘n hele klomp nuwe blogs waarvan ek nie eers geweet het nie! Maar interessant genoeg is julle spoortjies alreeds daar. Hoe het ek hulle dan gemis?

O, en ek het vandag nog iets geleer! 🙂  Dit werk by die Twenty Ten tema wat ek gebruik vir my blog, ek is nie seker of dit by ander temas ook werk nie. Maarrrrr as jy jou  bloginskrywing maak, kyk bietjie op hierdie skermpie is ‘n ‘Featured Image’ hofie. As jy daar ‘n foto insit, en die persoon kliek op die bloginskrywing, dis dit die foto wat bo-aan jou blog verskyn! 🙂  Ag, jy weet dit dalk al lankal, maar ek het dit nou eers uitgevind.

En help asseblief! Daar is ‘n ongevraagde vidio van ‘n simpel mannetjie wat uit popcorn spring, wat aanmekaar wys en my data steel. HOE KRY EK DIT AF? Ek sien dis weer ‘n slim truuk van Vodacom! 😦

Toortsie

Toortsie se Bantingboerekos Facebook page

Toortsie se Facebook page

Finesse Blogger van die week

Toortsie by Finesse: Eerder kwaliteit as kwantiteit

Toortsie’s LCHF Journey 

Toortsie op Pinterest

uitkyk_2016-6

Today’s Daily Post: Anticipation: A feeling of excitement about something that is going to happen in the near future. Do you think the donkeys are standing in anticipation? What’s going to happen next? – In afwagting.

26 thoughts on “As jou wekker deurmekaar is

  1. Gisteraand na sononder kom ons aan op Steenbokkie, die lieflikste private wildreservaat net buite Beaufort Wes. Ons kothuis is gerieflik en ek slaap vas, vir die eerste keer in ‘n baie lang tyd. Totdat my wekker vroeër as die werfdiere begin raas. Ek het die mes in vir hom. Gister ook nie kans gehad vir slaap op die trein nie, want ek moes foto’s neem. Vol klonte, ja ek is vol klonte. Gelukkig is daar plaasgeluide wat die moermetertjie laat afdraai. Poue, hoenders, ganse, eende. Netnou gaan kyk waar die elande en wildebeeste is, vanaand probeer slaap.

    On 24 Nov 2016 06:43, “Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog” wrote:

    > Toortsie posted: “Die meeste van die tyd sukkel ek nie met ‘n slapery nie, > ek slaap as die lig afgesit word en staan moeilik op in die oggend, maar > verder gaan dit eintlik goed. Geen gemiddagslapery in die week nie, ek weet > dis iets wat heeltemal uitsterf noudat almal buit” >

    Like

      1. Ons treine is so lekker en die Shosholoza Meyl is maar nes die ou Trans-Karoo, nie veel het verander sedert ek 32 jaar laas baie trein gery het nie. Ons het gister ‘n baie aangename rit gehad, bietjie reën deur Nieuwekloofpas maar ek het pragtige foto’s geneem, wat ek later sal plaas. Ons is by Steenbokkie, ‘n privaat wildreservaat en sorgesnetrum vir beseerde diere. Dis net buite Beaufort-Wes, regoor die lughawetjie. Mens, moenie heirdie plekkie misloop nie. Ons kuier heerlik, die plaas is agtduisend hektaar en ons het vanoggend baie wild gesien, van verskeie soorte. Die woonstelletjies is almal lugversorg, baie ruim en regtig gemaklik ingerig. Hier is glad wifi! Poue, makoue, eende, swane, ganse, wildsbokkies, groter goed soos elande en swartwildebeeste kom op die werf, daar is ‘n Zebra – ek het nou net ‘b foto of drie opgesit op my Twitter @railLoveCT as jy wil gaan kyk daar. Ek is dood moeg na ‘n paar weke se harde werk, soms deurnag, maar ek behoort darem binnekort ietsie op my blog te kan sit. O, hier is ook kampeerplek onder lieflike groot bome, swemdammetjie, pragtige skoon ablusiegeriewe, elektrisiteit 9as daar lugversorging is) en mens kan hier vryelik in die veld gaan stap. Dis nie ‘n spa of ‘n oord met vermaak nie, maar kinders gaan moeilike hier weg na ‘n naweek of so se kuier. Mense kom kampeer hier oor Desembervakansies, so aangenaam is dit. Kom kyk, jong!

        Liked by 1 person

  2. As mens bedrywig is gedurende die dag bly slaap gelukkig nie weg nie. Noudat ek die geleentheid het op smiddae n Nanny Nap te neem voor ek my middag werk begin kan ek sommer vroeg aand nog heerlik bak en brou en ook kombuis opruim voordat ek vir n uurtjie gou e-posse lees. (hier is nie so-iets soos hulp nie, alles word self gedoen!)

    Like

  3. Ek slaap weer hopeloos te veel. Die tv is ñ dwelm, so hier by half 9 is ek in die bed. Deesdae help die blok my, prikkel my ‘dink’, en dan is tyd vergete. Toortsie, die blokker wat by jou een “post” gister opgedaag het, is als reg daarmee? Ek dink dit gaan oor ‘in die gap staan’. Ek het liewer nie kommentaar gelewer nie.

    Like

          1. Toortsie, ek dink daar is diegene wat nie van jou diep geestelike posts hou nie. Jy is op die regte pad, hou so aan. Bly die Here oplig en uitlig. En as ek verkeerd is, sal ek regtig vir die persoon om verskoning vra.

            Like

            1. Ja, ek weet daar is baie wat nie daarvan hou nie. Ek probeer altyd om nie op mense se tone te trap nie, so ek word nie sommer ‘aangevat’ nie. Maar as hulle nie daarvan hou nie … so jammer om te hoor! 🙂

              Liked by 1 person

      1. Ek sou defnitief rapporteer. Iets is nie reg nie. Dalk net ñ “prankster”, maar wees liewer oorversigtig. En kan jy die persoon heeltemaal blok sodat hy/sy nie weer kan inkom op jou goed nie?

        Like

  4. Hierdie week is my klok ook deurmekaar. Te veel dinge gebeur en alles is te emosioneel. Voel ek wil in bed klim en slaap tot alles weer rustig is. Ek het die kommentaar van die persoon gemis oor in die gap staan. Wie was dit?

    Like

Gesels saam, asseblief!