Ons gesin is absoluut gek oor hierdie appelkosies, en almal wat altyd by ons kom eet, ook. Maar dit bevat baie SUIKER!
So hier is die Toortsie LCHF weergawe. Xylitol is net baie duur, so dit word nou met spaarsamigheid geëet.
Bestanddele:
750 g appelkose
125 ml asyn (half koppie)
500 g xylitol
Metode:
Hou die appelkose heel. Prik die appelkose met ‘n vurk.
Smelt die asyn en xylitol stadig en bring tot kookpunt.
Gooi die stroop oor die rou appelkose. laat staan dit vir 20 minute. Haal die apelkose uit die stroop.
Herhaal die proses 5 keer altesaam.
Pak die appelkose styf in gesteriliseerde flesse en gooi die kokende stroop oor.
Laat staan dit minstens 3 maande om ryp te word. Hoe langer hy staan, hoe lekkerder raak hy. O, en vir gaste bedien jy letterlik een per persoon. Ek sit dit sommer by my mengelslaai.
Dis HEERLIK!
Wie het gesê maerword is sleg eet?
Vir die ouens wat nog suiker eet:
2 koppies asyn, 2 kg suiker en 3 kg appelkose.
Groetnis
Toortsie
Toortsie se Bantingboerekos Facebook page
Toortsie se Facebook page
Finesse Blogger van die week
Toortsie by Finesse: Eerder kwaliteit as kwantiteit
Toortsie’s LCHF Journey
Toortsie op Pinterest
Mensig dit klink sommer BAIE lekker! Gaan dit beslis maak! Báie dankie!
LikeLiked by 1 person
Ek dink jy moet weer in die bybel gaan lees oor wat dit sê van bewaar die een waardeur die temptasie kom!!!
LikeLike
Weet jy wat, né, hierdie is SULKE GROOT en TAAI werk, net hulle wat REGTIG WIL, sal val in die strik … en baie taai anderkant uitkom. 🙂
Maar as jy daarin val en sommer suiker gebruik … jy sal nie spyt wees nie! 🙂
LikeLiked by 1 person
Yum, dit lyk lekker!!
LikeLike
Reblogged this on Wag 'n Bietjie.
LikeLike
Dankie!
LikeLiked by 1 person
Sjoe dit lyk lekker
LikeLiked by 1 person
Dit is!
LikeLiked by 1 person