Toortsie @ Finesse

Toe my boek verlede jaar ‘n werklikheid word en ek dit in my hand hou en daaroor blog, het Girl van die Suburbs vir my gesê: “Kyk hoe vergroot God my grondgebied.” En ja, kyk hóé hét Hy my grondgebied vergroot.

Jabes bid dat God sy grondgebied moet vergroot, en wat daarmee bedoel was, dat Hy die gebied waar hy (Jabes) vir Hom (God) werk, moes vergroot. Die boek neem heelwat groter afmetings aan as wat ek in my wildste drome gedroom het. Gisteraand laat bel iemand my en vra: Het jy gedink dit sal so ver vorder? 🙂 Nee!

Maar met vergrote grondgebied in my agterkop, kry ek (ons) so ‘n rukkie terug ‘n boodskap op ons faceboekblad. Dis van die elektroniese redaktriese van Finesse wat vra of ek en Kameel nie vir hulle op ‘n blog wil skryf nie. Ek het gereageer en sowaar!, dit het realiteit geword. Uit die korrespondensie het geblyk dat ek moes skryf oor vrouwees, vir vroue tussen 35 en 55. Oor ‘n Beter Jy.

Tik my met ‘n veer om! Wat ‘n vergroting van my grondgebied! Wat ‘n voorreg! My mond hang letterlik oop.

Dit kom daarop neer dat ons bloggers, dit lyk of daar omtrent 20 van ons is, een keer per week ietsie gaan skryf. As jy al die blogs wil sien, kan jy HIER kliek. As jy wil sien of ek die waarheid praat, en dalk sommer net soms wil gaan lees wat die Toortsie@Finesse babbel, is HIER die plek om te kliek.

Daar is blogs oor SELF (waarby ek is), Geloof, Gesonde leefstyl, Huwelik en Ouerskap. Elkeen van die afdelings het sy eie bloggers wat daaroor gaan skryf.

So, VANDAG het ek die epos gekry: Dit is aan die gang! Gaan loer gerus in en lewer asseblief kommentaar daar.

Groete

Toortsie

Kan jy dit sowaar glo? Huh? Regtig egtig glo? Sowaar? Joe!

Kom ons kyk wat word.

Sjoe!

Spring op en af van opgewondenheid. (dis nou ek)

19 thoughts on “Toortsie @ Finesse

  1. Wow Toortsie, dis is absoluut awesome!!!! Dis nogal ‘n droom van my om vir ‘n tydskrif te gaan blog, of ‘n rubriek te skryf. Dit wys jou nou net, sulke dinge gebeur wel met gewone mense. Ek is so bly vir jou. Gaan beslis lees.

    Like

Gesels saam, asseblief!